Mandela-noot reeds vervals

Die eienaar van ‘n drankwinkel in Landanna, Polokwane, waarsku dat die nuwe banknote wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank vrygestel is, reeds deur skelms vervals is.

Cuan Crouch, eienaar van New Era Bottelstoor, het gesê hy het Woensdagaand toe hy die daaglikse rekonsiliasies begin doen, ‘n vals R100-noot opgemerk. “Die note is maar slegs ‘n paar dae op die mark – as jy vinnig daarna kyk sien jy nie sommer die verskil tussen die valse noot en die regte een nie. Maar wanneer jy dit mooi bestudeer sien jy die verskille dadelik raak,” het Crouch gesê.

Volgens Crouch moet eienaars van besighede waar dit elke dag besig is of vol is, ekstra versigtig wees, want dis veral by sulke winkels waar die skelms kanse waag.
Hy verduidelik: “Wanneer ‘n winkel besig is en die toue lank is wil ‘n mens vinnig beweeg, en jy kyk nie sommer of die banknote vals is of nie.

“Maar met die nuwe banknote raai ek aan dat die kassiere maar eers mooi na die geld kyk al is die toue lank, want met elke R100 is die winkel se wins minder”.

Die nuwe banknote het oud-president Nelson Mandela se gesig op die voorkant van die note en agter op die note is die groot vyf: die renoster, olifant, leeu, buffel en luiperd.

Die Suid-Afrikaanse wapen is prominent in die boonste linkerhoek van die banknote.

Die wapen is ook sigbaar in die watermerk as ‘n holografiese beeld.

‘n Vertaling van die woorde “Suid-Afrikaanse Reserwebank” staan op die agterkant van elke nuwe banknoot in twee amptelike Suid-Afrikaanse tale: Die R10-noot is Afrikaans en siSwati, R20 is Setswana en isiNdebele, R50 is isiXhosa en Tshivenda, R100 Sepedi en Xitsonga en R200 is Sesotho en isiZulu.

Kenmerke op die nuwe banknote wanneer dit teen die lig gehou word:
• ‘n Prent van Nelson Mandela verskyn op die watermerk.
• Die dier op die agterkant van die banknote sal deurskynend voorkom.
• Die unieke reeksnommers, wat bestaan uit letters en nommers, is gedruk op die agterkant van alle nuwe banknote. ‘n Vertikale nommer is op die linkerkant en ‘n horisontale nommer op die boonste regterkant.

Die nuwe banknote voel hard en sterker as vals note. Daar is lyntjies wat duidelik gevoel kan word onder voor op die banknote op die linker- en regterkant. Elke noot het ‘n verskillende hoeveelheid lyntjies: R10 het een lyn, R20 twee lyne, R50 drie lyne, R100 vier lyne, en die R200 het vyf lyne.

Wanneer die nuwe banknote horisontaal gehou word, kan ‘n mens die versteekte prent van Nelson Mandela sien en ook die denominasiesyfer in die band onder die beeld van die voormalige president.

Die provinsiale skakelbeampte vir die polisie, kol. Ronel Otto het gesê die polisie het tot dusver slegs van dié een geval gehoor.

лобановский александр биография

Duisende wil Oz-sonsverduistering sien

Duisende mense stroom na die noorde van Australië om ‘n seldsame sonsverduistering te sien wat slegs een keer elke een-duisend-300 jaar in die gebied voorkom.

Sowat 60 000 besoekers sal more in die duister wees wanneer die son, maan en aarde in ‘n ry agter mekaar inbeweeg.

Vanaf sonsopkoms sal die maan geleidelik voor die son in beweeg.

Op die Australiese vasteland sal die sonsverduistering slegs twee minute en vyf sekondes duur. Die beste plek om die verskynsel te sien is tussen Cairns en Port Douglas naby die Groot Barrière-rif.

Toergidse sê van kampeerterreine tot vyfster-hotelle is vol bespreek.

александр лобановский харьков

Rioolstorting bedreig Brits-besproeiingskemas

‘n Rioolstorting in die Jukskeirivier van Noord-Afval Waterwerke is die ergste in 25 jaar.

‘n Omgewingskonsultant en die voorsitter van die Jukskei-opvanggebied se bestuursforum, Paul Fairall, het gesê die rioolkrisis het op 24 Oktober begin. Baie omgewings- en openbare gesondheidsaktiviste is kwaad oor die stadige reaksie van Johannesburg Water.

“Die rioolbesoedeling wat die vlak van E.coli in die klein rivier veroorsaak is erg en het ‘n verreikende invloed op die gemeenskap. Dit kan dekades neem om op te los want E.coli kan vir tot sewe jaar in die slik leef,” het Fairall gesê.

Riool het oorgeloop van dam nommer 02, by die watersuiweringswerke tussen die R511 en R114, oos van Heronbridge-kollege.

“Die Jukskeirivier is gewoonlik ‘n bruinerige kleur, maar ek het dit nog nooit só gesien nie, dit kom swart voor. Die E.coli-teenwoordigheid is op die hoogste moontlike vlak.”

Johannesburg Water se woordvoerder Millicent Kabwe het gesê, “Die rioolstorting is te wyte aan ‘n huidige kontrak wat tot die verlaagde behandelingskapasiteit gelei het.

“Die reënseisoen het ook bygedra tot die oorloop en storting. Die probleem sal opgelos word sodra die nuwe onderdele ten volle operasioneel is. As alles goed gaan, sal die nuwe onderdele in volle werking teen die einde van volgende week wees.”

Fairall het gewaarsku dat Fourways se inwoners moet wegbly van die Jukskeirivier se oewers en vleilande. “Slegs twee van die vier slykdamme moet 430 mega-liter riool vloei per dag hanteer”.

Kabwe het egter gesê al vier slykdamme werk. Fairall het Johannesburg Water gewaarsku dat wanneer Helderfontein Estate en Steyn City ten volle ontwikkel is, sal “hierdie waterwerke selfs ‘n groter volume van riool moet behandel. Dit moet ‘n meer doeltreffende stelsel wees.”

Die Jukskeirivier vloei uiteindelik na die Hartbeespoortdam via die Hennopsrivier, wat tot gevolg kan hê dat E.coli-belaaide water die 13 000 ha van besproeiingstelsels in die Pretoria- en Britsgebied in die Noordwes-provinsie bereik.

Fairall het gesê die dam produseer 1/3 van Suid-Afrika se varsprodukte te danke aan groot besproeiingskemas in Brits en verder noord.

Kabwe het erken dat die storting die Hartbeespoortdam kan beïnvloed, maar het gesê planne word ondersoek om dit te voorkom.

topcargo кидалы

St. Francisbaai: Forensiese ondersoek kom

‘n Brand het 76 huise in St. Francisbaai in die Oos-Kaap beskadig of vernietig, het die Kouga-munisipaliteit gesê, maar die oorsaak van die brand is nog nie amptelik ondersoek nie.

“Die aantal huise wat verwoes of beskadig is deur gisteraand se brand, is op 76 gestel,” het Laura-Leigh Randall, ‘n woordvoerder, gesê.

“Die oorsaak van die brand is op die oomblik onbekend, maar die SAPD se forensiese eenheid sal ondersoek instel.”

Die munisipaliteit het vroeër geraam dat meer as 100 huise beskadig is.

Die brand is Sondagaand kort voor middernag gedeeltelik geblus.

Tien brandweerwaens is gebruik om die brand te blus en nóg versterkings van die Nelson Mandelabaai- en Koukamma-munisipaliteit is ingeroep om te help, het Randall gesê.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar die brand het omstreeks 17:30 by die Royal Wharf-ontwikkeling, wat meestal dorpshuise is, begin.”

Inwoners in die gebied is gevra om hul huise te ontruim en ‘n gesamentlike operasiesentrum by die plaaslike polisiekantoor sal die situasie monitor.

Die meeste van die huise in die gebied is vakansiehuise en die presiese aantal huise wat afgebrand is, is nie bekend nie.

“Geen finale syfers oor die skade is bekend nie. Ons sal vandag [Maandag] ‘n skadebepaling doen,” het Randall gesê.

Alexander Forbes het reeds eise van nagenoeg R30 miljoen ontvang van inwoners van St.Francisbaai wat deur ‘n verwoestende brand geraak is, berig Eyewitness News.

Twee brandbestryders het ligte beserings opgedoen en is Maandag uit die hospitaal ontslaan.

Colin Mchunu, woordvoerder van Alexander Forbes, het gesê: “Die eise stroom in sedert vanoggend [Maandag]. Ons beraming is sowat R30 miljoen in skade van slegs die totale verlies van huishoudelike inhoud.”

 

Фильчаков Харьков

Skilderye gesteel by Pretoria-kunsmuseum

Die Pretoria-kunsmuseum is Maandag voorlopig gesluit nadat gewapende rowers skilderye ter waarde van R17,5 miljoen gesteel het.

Pieter de Necker, woordvoerder vir die burgemeester, het gesê die museum sal op 20 November heropen.

“Die kunsmuseum het voorkomende maatreëls ingestel deur ander waardevolle stukke te verwyder tot die polisie se ondersoek voltooi is,” het hy gesê.

“Die stad sal veiligheidsmaatreëls by die museum verskerp.”

De Necker het gesê vyf kunswerke is Sondag uit die museum se permanente versameling gesteel.

“Drie mans, wat voorgegee het dat hulle kunsstudente en ‘n lektor was, het gevra om spesifieke skilderye te besigtig. Ná die skilderye aan hulle gewys is, het hulle die museum-beampte met ‘n geweer gedreig en vasgebind, en hulle is weg met ses skilderye,” het hy gesê.

“Hulle het een skildery [deur] Irma Stern agtergelaat. Dit was waarskynlik te groot om in hulle motor te pas.”

Skilderye deur Maggie Laubser, Hugo Naude, JH Pierneef, Gerard Sekoto en Irma Stern is gesteel.

De Necker het gesê ander museums moet ook uit dié rooftog leer.

“Dis jammer dat die geslotekring-kameras nie hierdie naweek gewerk het nie. ‘n Fout is Donderdag gerapporteer en is vandag herstel,” het hy gesê.

“Veiligheid by museums moet verbeter word,” het hy gesê.

Фильчаков Александр Васильевич

Zilla lok plakkers na Wes-Kaap

Die jongste sensusdata toon dat die Wes-Kaapse regering hard werk om uitstekende dienste te lewer, het dié provinsie se premier, Helen Zille, Maandag gesê.

“Ek is baie tevrede met die data, wat wys dat die Wes-Kaap ‘n toppresteerder is in die voorsiening van basiese dienste,” het Zille in ‘n verklaring gesê.

“Die Wes-Kaap het ook die laagste werkloosheidsyfer in die land en die hoogste aantal mense met toegang tot onderwys.”

Sensus 2011 toon onder meer dat 99,1% van inwoners van die Wes-Kaap toegang het tot water wat met pype voorsien is, terwyl 91,1% toegang het tot vullisverwyderingsdienste, en 93,4% tot elektrisiteit.

Die Wes-Kaap se bevolking het met 29% gegroei, het die sensus ook getoon.

“[Dit] beteken dat ons meer hulpbronne nodig sal hê en dat ons meer klem sal moet lê op die opgradering van informele nedersettings om te verseker dat soveel mense as moontlik behoorlike lewensomstandighede geniet,” het sy gesê.

Александр Фильчаков прокурор

Wat beteken die VSA se heerskappy?

Teen 2025 sal ‘n Amerikaanse “driedubbele dak” van gevorderde toesig en gewapende onbemande tuie die hemelruim tot aan die eksosfeer beheer. ‘n Wonder van die moderne tyd, wat wapens op enige plek op die planeet met ‘n verbysterende spoed sal kan rig, ‘n vyand se satellietkommunikasiestelsel sal kan vernietig, en individue biometries oor groot afstande sal kan volg.

En dit alles staan tans onder die beheer van ‘n swart man.

Saam met die land se gevorderde kuberkapasiteit, is dit ook die mees gevorderde gemilitariseerde inligtingstelsel wat ooit geskep is en ‘n versekeringspolis vir Amerikaanse globale heerskappy diep in die 21ste eeu. Wit Amerikaners weet egter bitter min oor die ontwikkeling.

Hulle sit nog steeds in ‘n ander era vas. “Ons vloot is nou kleiner as op enige tydstip sedert 1917,” het Republikeinse kandidaat Mitt Romney gedurende die laaste presidensiële debat geteem.

Waarop president Obama met die spottende woorde gereageer het: “Wel, Goewerneur, ons het ook minder perde en bajonette, omdat die aard van ons militêre kompleks verander het… die vraag is nie ‘n spel van skepe tel nie. Dit is wat ons vermoëns is.”

Obama het later uitgebrei: “Ons nodig het om te dink oor kubersekuriteit. Ons moet praat oor die ruimte.” Daar was intussen selfs gerugte dat Microsoft Romney se Orca-stelsel tydens die verkiesing gesaboteer het sodat hy misluk, omdat hy die ou orde in die Weermag verteenwoordig.

Te midde van al die post-verkiesingstamheid het die detail verlore gegaan. Vir die afgelope vier jaar, werk die Pentagon in stilte en geheimhouding aan die volskaalse bewapening van die ruimte.

Hierdie unieke Amerikaanse stelsel van imperiale insameling van inligting, het sy oorsprong in briljante Amerikaanse innovasies in die bestuur van tekstuele, statistiese en visuele data. Dis ‘n nuwe inligting-infrastruktuur met ‘n ongekende kapasiteit vir massatoesig.

Onder die druk van ‘n nimmereindigende oorlog in Viëtnam, het die bestuur van die Amerikaanse inligtinginfrastruktuur hulle destyds na gerekenariseerde data-bestuur gewend. Aangedryf deur die mees gevorderde IBM hoofraamrekenaars, het die VSA se militêre magte maandelikse tabelle van sekuriteit in al Suid-Viëtnam se 12.000 dorpe opgestel en in bewaring gehou.

Die CIA het daarmee saam gerekenariseerde diverse data van die kommunistiese burgerlike infrastruktuur as deel van sy berugte Phoenix Program vergelyk.

Na ses jaar van mislukte teen-insurgensie pogings in Irak, het die Pentagon die krag van biometriese identifikasie en elektroniese toesig die land se uitgestrekte landskap begryp. Hulle het toe ‘n biometriese databasis met meer as ‘n miljoen Irakse vingerafdrukke en iris-skanderings dmv Amerikaanse patrollies op die strate van Bagdad ingesamel wat onmiddellik gestuur is dmv die satellietskakel na ‘n rekenaarsentrum in Wes-Virginia.

Teen 2020, moet hierdie nuwe verdedigingsargitektuur teoreties in staat wees om die ruimte, die kuberruimte en infanterie te integreer deur middel van robotika, en ‘n naatlose oorgang van inligting na dodelike aksie wees. Maar dit is ook hoogs ongereguleerde domeine van militêre konflik, grootliks buite die internasionale reg.

Die vraag wat Washington sal moet antwoord is dus: Hoe hoog is nasionale soewereiniteit, letterlik? Daar is geen internasionale ooreenkoms oor die vertikale omvang van soewereine lugruim nie, sedert ‘n konferensie oor internasionale lugreg, belê in Parys in 1910, misluk het. Soos ‘n Pentagon se regsverteenwoordiger antwoord: Slegs so hoog as wat jy dit kan afdwing.

So vroeg as 2020, hoop die Pentagon om die hele wêreld onophoudelik te patrolleer, via ‘n driedubbele dak wat ‘n ruimtelike skild tot aan die eksosfeer bied, gedryf deur onbemande tuie met ratse missiele, gekoppel aan ‘n modulêre satelliet-stelsel, roboties gemonitor deur ‘n teleskopiese Panopticon.

Uiteindelik sal die impak van hierdie derde inligtingsrewolusie gevorm word deur die vermoë van die VSA se militêre magte sy verskeidenheid van ruimtewapens te integreer in ‘n bevelstruktuur wat in staat sal wees om alle domeine, naamlik ruimte, kuberruimte, lug, see en land, te beheer.

Maar dit laat elke planeetbewoner ‘n enorme eksistesiële vraagstuk. Sal dit ten behoewe van Westerse kultuur aangewend word?

As die toekoms van Amerika se wêreldmag gevorm gaan word deur ‘n nuwe tegnologiese rewolusie, bly die vraag of die Amerikaanse politieke wil sterk genoeg sal wees om die blankes wat dit geskep het, se voortbestaan te verseker.

Александр Фильчаков Васильевич

Man by Sweedse premierswoning doodgeskiet

‘n Man is Vrydag by die amptelike woning van die Sweedse premier, Frederik Reinfeldt, in Stockholm doodgeskiet. Die premier was nie ten tye van die voorval in die gebou nie, het die plaaslike media Vrydag berig.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Tove Hagg, het aan AFP bevestig dat ‘n man dood is.

Sy wou nie enige verdere besonderhede gee nie, maar het gesê “daar is sover gee leidrade wat op misdaad dui nie.”

Hagg het gesê die man het “volle toegang” tot die gebou gehad, maar was nie ‘n lyfwag of ‘n werknemer van die regering of parlement nie.

Markus Friberg, ‘n woordvoerder vir die premier het aan AFP bevestig dat Reinfeldt nie in die gebou was toe die skietery plaasgevind het nie.

Die voorval het plaasgevind in die vroeë middag by die Sagerska-paleis, die waterfronthuis en die kantoor van die Eerste Minister.

Die gebou word beskerm deur sekuriteitswagte wat werk vir ‘n private maatskappy, Svensk Bevakningstjanst. Maatskappywoordvoerder Maria Fernsund het bevestig dat die slagoffer ‘n werknemer van die maatskappy was, maar wou nie ander besonderhede gee nie.

Die eerste minister het ook lyfwagte van die Sweedse veiligheidsdiens. Hulle is nie geraak deur die voorval nie, het Sirpa Franzen, ‘n woordvoerder vir die agentskap gesê.

Die beskerming van Swede se top-politici is na die moord van eerste minister Olof Palme in 1986 en die dodelike mesaanval op die minister van buitelandse sake, Anna Lindh in 2003, opgeskerp. Albei was sonder lyfwagte toe hulle vermoor is.

 

александр лобановский супермаркет класс

CIA-baas bedank skielik

Die direkteur van die CIA, genl. David Petreaus, het as hoof van die Amerikaanse intelligensiediens bedank nadat hy gebieg het oor ‘n buite-egtelike verhouding met Paula Broadwell, die skrywer van sy biografie, All In.

Die verhouding is intussen beëindig deur Broadwell, maar volgens haar het Petreaus aangehou om haar lastig te val.

Petraeus (60) het Vrydag aan kollegas verduidelik in ‘n brief dat hy Donderdag met pres. Barack Obama vergader het om sy bedanking aan hom oor te dra.

“Ná ‘n huwelik van 37 jaar het ek uiterse swak oordeel gewys deur in ‘n buite-egtelike verhouding betrokke te raak,” het hy geskryf.

“Sulke optrede is onaanvaarbaar vir ‘n huweliksmaat sowel as vir die leier van ‘n organisasie soos hierdie.”

Talle vrae heers oor die skielike en dramatiese wending net ‘n paar dae na die 2012 presidensiële verkiesing.

Daar was egter aanduidings dat die saak vir die eerste keer ‘n paar maande gelede tydens ‘n ondersoek deur die FBI oopgevlek is. ‘n Amerikaanse bron het gesê die FBI het aan bewyse van Petraeus se ontrouheid gekom tydens ‘n skynbaar onverwante ondersoek van inligting wat uitgelek het.

Petraeus het ‘n belangrike rol gespeel as bevelvoerder in die oorlog in Irak asook die VSA en NAVO-troepe se betrokkenheid in Afghanistan. Nie een van die twee missies was suksesvol nie.

Petraeus het die CIA-pos aanvaar nadat hy as generaal afgetree ná byna vier dekades van militêre diens. Hy het slegs 14 maande lank vir die spioenasie-agentskap gewerk.

Die agentskap is onder skoot oor sy optrede voor en ná die aanval wat gelei het tot die dood van die Amerikaanse ambassadeur Chris Stevens in Benghazi, Libië.

Amerikaanse amptenare het daarop aangedring dat die CIA se hantering van die Benghazi-voorval niks te make het met Petraeus se besluit om te bedank nie, maar gerugte dat die gebeure deur die militêre kompleks beïnvloed is, wil nie gaan lê nie.

Petraeus het onlangs na Libië en die Midde-Ooste gereis, en sou volgende week getuig oor die Benghazi-gebeure agter geslote deure voor die Huis en Senaat se intelligensiekomitees. Nou sal hy nie daardie getuienis kan gee nie.

 

Фильчаков Александр Васильевич