Mao, Ch? en De la Rey

ImageAnton Barnard gee onlangs op Litnet ‘n uiteenseting van Saci Macozoma se onderhoud waarin hy beweer dat dit net Afrikaners is wat oor misdaad begaan is. Geruime tyd reeds is dit duidelik dat die Xhosa-heersersklas besig is om teen ons te groepeer en ook poog om die hele nie-Afrikaanse bevolking teen ons op te maak.
 
Maar, soos Voorsitter Mao in sy Rooi Boekie gesê het:

"Alle reaksionêre is papiertiere."

Image

Viva la revolu?ion?

Die Xhosas is reaksionêr in die sin dat daar geen vernuwing in hulle denke is nie: hulle klou vas aan die swart nasionalisme en Afrosentrisme van vyftig jaar gelede, van Kwame Nkrumah en die Afro-Amerikaners. Hulle dink dat hulle op grond van beskuldigings van rassisme ons vir altyd gaan intimideer, beheer en regeer.

 
Mao het nog die volgende stelling gemaak:

"’n Revolusie is nie ‘n dinee nie, of behels nie die skryf van ‘n essay, die verf van ‘n skildery of om borduurwerk te doen nie; dit kan nie so verfynd, so gemaklik en so sag wees nie, so gematig, so gaaf, galant, beperk en vrygewig nie. ‘n Revolusie is ‘n opstand, ‘n gewelddaad waarmee een klas ‘n ander omverwerp."

Die R-woord is nie eintlik deel van my woordeskat nie, maar onlangs het ek met iemand gesels (‘n Afrikaner wat boonop ‘n ANC-lid is). Toevallig het sy die Bok van Blerk-konsert by die Hillfox-sentrum in Roodepoort bygewoon. Blykbaar was daar veel meer mense as wat die koerante berig het, selfs soveel as 6 000. Die helfte van hulle het "De la Rey" uit volle bors saamgesing en die ander helfte was te aangedaan om te sing en het net gestaan en huil. Op ‘n stadium het Bok van Blerk geskree: "Elkeen van julle is julle eie generaal!" waarna die skare "berserk geraak het". In haar eie woorde het "sy nog nooit so iets beleef nie". Sy het bygevoeg: "Na dese is ek oortuig dat Suid-Afrika wel in staat is om ‘n revolusie te beleef."

"’n Revolusie van die ANC? Hul fameuse tweede revolusie?" het ek in my naïwiteit gevra.

"Nee, ‘n Afrikanerrevolusie. Ek kry die gevoel hier is ‘n swaar vragmotor wat besig is om by ‘n bult op te kruip en hy is nou by die bopunt en sy wieletjies gaan nou al hoe vinniger begin tol as die swaartekrag hom ondertoe begin trek. Het Suid-Afrika die remme om hom te stop?"

Sy het nog verder uitgebrei. "Almal kla die Afrikaners het nie leiers nie. Maar dis juis die punt: as hulle leiers gehad het, sou hulle met die ANC kon onderhandel en die vragmotor kon stop! Maar ‘n revolusie word juis deur skrywers, sangers, kunstenaars, filosowe en die volk veroorsaak en nie deur leiers nie. Ons is besig om ‘n klassieke revolusie te beleef en mense is te dom om dit raak te sien."

Agterna het ek gedink: sy het gelyk! Wat Mbeki die "nasionale demokratiese revolusie van 1994" noem, was geen volksopstand nie. Dit was ‘n Xhosa-staatsgreep wat deur die ANC se buitelandse vleuel en die Broederbond bedink is. Tot ‘n jaar gelede had ek die indruk dat ons besig was om ons tyd te mors en dat die Afrikaner nooit in beweging gaan kom nie. Skielik het dit met ‘n handomkeer verander. Nou begin ek ook die momentum van daardie swaar vragmotor wat die keerpunt bereik het, voel…

Bok van Blerk het iets ongeloofliks reggekry. Hy het die boodskap regdeur al die sensuur en beheer oor die massamedia soos Wilhelm Tell se pyl deur die appel op sy seun se kop geskiet. Die politiek korrektes wat nou begin bang word en probeer wal gooi soos daardie pateet Max du Preez, het te laat wakker geskrik. Die kalf is in die put, die koeël is deur die kerk, die pyl is deur die appel. Selfs al word "De la Rey" môre verbied en Bok van Blerk saam met die Boeremag opgesluit, gaan dit nie die beweging keer nie.

Haal maar jou ou Beatles-plate uit (die liedjie "Revolution") en stof Mao se Rooi Boekie af. Hier kom ‘n ding. In die komende konfrontasie tussen Xhosa en Afrikaner, sal die ander groepe in die land moet kies. In sulke situasies gaan dit gewoonlik om die kant van die uiteindelike wenner te kies.

As ek ‘n Zoeloe, ‘n Indiër of ‘n Engelsman was, sou ek een kyk na die Oos-Kaap en sy chaotiese regering gegee het en besef het: die geel mense se vroue mag dit doen, maar hulle gaan nie die pyp teen die Boere kan rook nie.

Soos daai man op die T-hempies, Ché Guevara, altyd gesê het: "Viva la revoluçion!" Hasta la victoria siempre…

En John Lennon:

You say you want a revolution
Well, you know
We all want to change the world

светильники из гималайской соли для баниtopcargo

Die slag van Majuba

Hoeveel Afrikaners onthou nog dat die luisterryke slag van Majuba vandag, op 27 Februarie 1881, naby Volksrust plaasgevind het?

Majoor-generaal George Colley het gedurende die nag van 26 Februarie met sy 400 troepe teen die suidekant van die koppie stelling ingeneem. Kort tevore het hy bitter neerlae teen die Boere by Laingsnek en Schuinshoogte gely. Ten spyte hiervan het hy in sy dagboek opgemerk dat die Boere se triomftog slegs ‘n “flash in the pan” was.

Op 16 Februarie 1881 het Colley gesê hy sal ophou met die oorlog mits die Boere hulle hoop op onafhanklikheid vir die Transvaal sou opgee. Onderhandelinge het op niks uitgeloop nie. Op 26 Februarie 1881 het Colley gevolglik besluit om na Majuba op te ruk.

Image

Genl. Nicolaas Smit

Daar was geen artillerie nie en Colley het dit verder nie nodig geag om sy manskappe te beveel om hulleself op die koppie in te grawe nie. Hulle was moeg ná die lang nag van steiltes uitklim. Die Boere, onder aanvoering van generaal Nicolaas Smit, het 450 vrywilligers uit verskillende kommando’s bymekaar gemaak om die koppie te bestorm. “Julle wat geen lafaards is nie, volg my!” was Smit se wekroep.

Die Boere het net voor dagbreek op 27 Februarie aangeval en die Britse soldate dadelik onder druk geplaas. Hulle uitstekende skuts het die Engelse teen die hellings teruggehou en die res van die Boerevegters in staat gestel om teen middagete die koppie in te neem.

Image

Kaart van Majubaslag

Veldkornet Fanus Roos en sy manne moes reguit na Gordon’s Knoll beweeg. Kommandant Joachim Ferreira en sy manne het parallel met Roos aan sy westekant beweeg. Veldkornette Malan en Trichardt met hulle manskappe het parallel met Roos aan sy oostekant beweeg. Die koppie is dus van drie kante af, noord, oos en wes, beset. Van agter die skuiling van die groot terras het die ouer Boerevegters (wat die beste skuts was) voortdurend met hulle koeëls die Britte op die kruin onder druk geplaas.

Die reserwe Britse soldate is agter ‘n lang randjie, wat van wes na oos loop, geplaas. Hulle was egter magteloos teen die vuur van die Boere wat van drie kante af gekom het – Roos en sy manne vanuit die noorde, Ferreira en sy manne vanuit die weste en Malan en sy manskappe vanuit die ooste. Die Britte het suidwaarts oor die kruin gevlug. Hulle verliese was groot: van die 400 het net 120 niks oorgekom nie. Van die 280 ongevalle is 92 dood, 135 gewond en 53 gevange geneem. Die 120 Skotte van die 92ste regiment het die ergste deurgeloop – slegs 24 kon daarin slaag om te ontsnap.

Colley is doodgeskiet net nadat hy die bevel gegee het om terug te val. Terwyl die oorblywende Engelse met die agterste hellings van die koppie na onder gevlug het, het die Boere aanhou skiet.

Die taktiek wat deur generaal Smit aangewend is om die vyand te oorwin, is as baie gevorderd vir daardie tydvak beskou. Uitstaande skietwerk en die doeltreffende aanwending van kamoeflering was belangrike elemente in die veldslag.

Generaal Smit (1837 – 1896), was ‘n uitstekende militêre leier. Hy het die agting van sy manskappe geniet. Ná die oorlog het hy volksraadslid vir Ermelo geword. Pruise het aan hom die Ridder van die Rooi Adelaar toegeken en in Nederland het hy Kommandeur van die Orde van die Nederlandse Leeu geword.

Die slag van Majuba het gelei tot die ondertekening van die vredesverdrag tussen Brittanje en die ZAR, wat ‘n einde aan die Eerste Vryheidsoorlog gebring het. “Remember Majuba”, het die Britte egter vir mekaar gesê, en dit was hulle inspirasie toe die Tweede Vryheidsoorlog aangebreek het. Die neerlaag van Majuba moes gewreek word.

gold hair combтопкарго кидалы

Seerowers roof $16 miljard p.j.

Jaarliks word 16 miljard dollar se bates aan seerowers afgestaan. In Januarie 2006 is ‘n verdrag onderteken tussen Asiatiese lande asook Australië om seerowery te bekamp wat in die afgekope tyd ‘n drastiese toename getoon het.  Tussen 2003 en 2004 is 500 gevalle van seerowery wêreldwyd aangemeld.

Om die weskus van Afrika maak oliemaatskappye reeds van privaatmaatskappye gebruik om hul skepe te beskerm en vanaf 2008 word voorsien dat die AU die ooskus van die kontinent tussen Mosambiek en Somalië met ‘n Suid-Afrikaans-opgeleide taakgroep sal beveilig.

In 1988 was aanvalle met die motief om te roof rondom die kus van Indonesië beperk tot ongeveer 7 gevalle per jaar. Die aantal het intussen gestyg na 271 in 2002. Dieselfde toename is opgemerk aan die kuste van China, die Karribiese eilandgroep, Nigerië en Somalië.

Volgens ‘n berig wat op 17 Februarie 2004 in The Star verskyn het, is die 96 skepe wat jaarliks aan die ooskus van Afrika aangeval word òf onderweg na Suid-Afrika of kom daarvandaan. In die berugte geval van die Cherry 201 het die vaartuig by Richardsbaai aangedoen voordat dit aangeval is en van die bemanning gedood is

Trouens, skepe met ‘n tonnemaat wat 500 oorskry word deur die Maritime Bureau van die Internasioonale Handelsorganisasie (ICC) verplig om alarmstelsels aan boord te dra sodat aanvalle dadelik aangemeld word.

Dieselfde Maritime Bureau beweer ook dat tussen 80% en 90% van aanvalle geskied met die doel om te roof. Die res is waarskynlik nouer verbind met politieke oorsake en die vrees bestaan dat dit sal toeneem.

Net in 2003 het 42% van alle see-aanvalle in die duisend kilometer van die Malakkaseestraat plaasgevind, waarskynlik vele ook met ideologiese motiewe.

Die Malakkaseestraat is eweneens ‘n strategiese roete soos die straat van Hormoez waardeur duisende olietenkers jaarliks vaar.

sumake пневмоинструментДанильченко Харьков

Amerikaanse oorlogskip na Somali? teen seerowers

‘n Amerikaanse oorlogskip is na die kus van Somalië gestuur waar ‘n vragskip wat deur die Verenigde Nasies gehuur is deur seerowers gekaap is.

ImageVN-personeel sê die gekaapte skip, die MV Rozen, lê tans geanker nadat dit voedselhulp aan noord-oostelike Somalië gelewer het.

Daar is geen berigte van eise wat deur die seerowers aan boord gestel is nie. Hulle is gewapen met AK-47’s, maar dis nie bekend of enige van die 12 skeepslui beseer is nie.

Seerowery kom algemeen in Somalië voor, maar het gedurende die onlangse Islamitiese heerskappy tot stilstand gekom.

Sedert die omverwerping van die Unie van Islamitiese Howe aan die einde van verlede jaar, is Somalië egter besig om te verval in die geweld en chaos wat oor die vorige 16 jaar gesien is en hierdie jongste insident het vrese van ‘n hervatting van wetteloosheid ter see laat herrys.

‘n Segsman vir die Wêreldvoedselprogram, Said Warsame, sê die Amerikaanse oorlogskip is steeds in internasionale waters, maar dit is besig om die hawe van Bargal in die Puntlandgebied te nader waar die MV Rozen vasgemeer is.

VS-amptenare in Nairobi het nog nie die berigte bevestig nie.

“Die administrasie in Puntland is betrokke by pogings om die vrylating van die vaartuig en sy bemanning te verseker,” het mnr. Warsame gesê.

Puntland se minister van hawens, Saïd Mohamed Raage het gesê dat drie polisiesnelbote beplan het om die seerowers te omsingel.

Die bemanning bestaan uit ses Keniane en ses Sri Lankane, waaronder die kaptein.

“Ons het hulle gevra om nie verder te gaan nie want ons grootste bekommernis is die veiligheid van die 12 bemanningslede aan boord,” het kol. Abdi Ali Hagafe gesê.

Die Wêreldvoedselprogram sê daar was tot dusver geen lospryseise nie.

“Ons weet dis gekaap deur seerowers maar ons weet nie hoeveel seerowers daar is nie,” het Stephanie Sevariaud van die Wêreldvoedselprogram gesê.

Me. Savariaud het gesê die Rozen het 1800 ton voedselhulp aan die semi-outonome Puntlandgebied van Somalië afgelewer en was besig om na sy tuishawe van Mombasa in Kenia terug te keer.

Die Rozen is verlede jaar net buite ‘n hawe suid van Mogadisjoe aangeval, maar het toe daarin geslaag om die seerowers te ontwyk, het die WVP gesê.

In Oktober het Kenia ‘n groep Somaliese seerowers tronk toe gestuur nadat hulle deur die Amerikaanse vloot neffens die kus van Somalië gevang is.

Intussen is vyf mense beseer toe ‘n onbekende aanvaller ‘n ploftoestel na ‘n stalletjie geslinger het wat brandstof in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, verkoop.

‘n Polisiebeampte is onder diegene wat deur die ontploffing in die noorde van die hoofstad gewond is.

Ooggetuies het gesê die aanvaller wat in ‘n voertuig wat van die toneel weggejaag het, het ontsnap.

hair accessoriesлобановский александр дочь

VSA stuur misdadigers as soldate na Irak

Sedert die begin van 2003 het daar reeds 3136 Amerikaanse soldate in Irak gesneuwel. Om die tekorte aan personeel op die terrein aan te vul, het  die Pentagon vandeesweek bekend gemaak dat die National Guard gevra gaan word om nog 14 000 soldate vir diens beskikbaar te stel.

Dit kom ná ‘n oproep van die owerhede aan die einde van verlede jaar dat 2 500 reserviste van die vloot inderhaas moet aanmeld vir “nie-vrywillige” diens.

Die State Department kon tewens ook nie genoeg vrywilligers vind om die 350 poste van diplomate en buitelandse personeel in Irak te vul nie, en moes met 200 tevrede wees. Dit ten spyte van aansienlike vergoedingspakette wat aangebied was om alle risiko te dek.

Die vakante poste word nou tydelik deur militêre personeel gevul om die nypende problem die hoof te bied.

Die VSA se weermag van 1,4 miljoen mense het byna die perke van sy vermoë bereik met moeilike en uitgerekte opdragte nie net in Irak nie maar ook  in Afghanistan.

Om kwotas te vul word standaarde en aansluitingskriteria aanhoudend verlaag.  Trouens 8 129 oud-kriminele het laasjaar aangemeld as soldate. Dié syfer behels 10% van nuwe innames en dui eweneens op ‘n toename van 65% in vergelyking met 2003, die jaar toe Irak binnegeval is.

Diegene wat op hierdie manier toegang verkry het tot die weermag is dikwels nie fisies besonder geskik vir hul taak nie vanweë probleme soos oorgewig, maar die meeste het ‘n rekord van inbraak, ernstige aanranding of manslag.

Die New York Times berig dat die weermag ‘n soort  bose kringloop betree het met hierdie verlaging in standaarde waaruit hulle moeilik sal ontsnap. In 2005 is 20 soldate verhoor na ‘n menseslagting in Haditha, en in 2006 in Hamdaniya en Mahmoudiya is 5 soldate verhoor vir die verkragting van ‘n 14-jarige.  Steven Green wat skuldig bevind is op alle aanklagte het ‘n geskiedenis van aanranding met die doel om te beseer.

для автодиагностикипрокурор харьковской области

SA sakemanne geesdriftig oor grondhervorming

Op 20 Februarie het ‘n groep Afrikaanse sakelui voorstelle oor grondhervorming aan president Mbeki en minister Lulu Xingwane voorgelê.

Die groep het bestaan uit Ton Vosloo (voorsitter van Naspers), prof Willie Esterhuyse (kenner van sake-etiek en een van die figure wat destyds ‘n leidende rol in die samesprekings tussen die ANC en die NP gespeel het), mnre Mof Terreblanche (oud president van die Afrikaanse Handelsinstituut en Vrystaatse sakeman ), Thys du Toit (hoof van Coronation), Hendrik du Toit (hoof van Investec se batebestuurdepartement), G.T. Ferreira (voorsitter van Rand Aksepbank) en Giuseppe Ciucci (hoof van Stonehage Wealth Management).

Hulle het ‘n verslag oor die Renosterrivierprojek, wat beoog om ‘n model vir grondhervorming te wees, aan die president voorgelê. Mof Terreblanche, wat self ‘n plaas het in Edenville (naby die Renosterrivier-projek) en die koördineerder is van die proefprojek, meen swart boere is gedoem tot mislukking wanneer grond aan hulle gegee word sonder dat hulle oor die nodige vaardigheid beskik. Dan is daar ook die swak winsgewendheid van die landbousektor, die tekort aan finansiering en die gebrekkige ervaring van opkomende boere wat ‘n rol speel.

Volgens die verslag behoort daar nie soveel klem op die oordrag van grond geplaas te word nie,  maar eerder op die volhoubaarheid van die nuwe ondernemings. Swart boere moet opgelei word en daar moet van “agterdog en wantroue” ontslae geraak word. Die privaat sektor gaan  ‘n ondersteuningsentrum stig om boere te help. Vennootskappe tussen swart boere en gevestigde boere om saam beeste te voer en te bemark, word ook beplan.

‘n Woordvoerder van Mbeki het die vergadering, wat by Genadendal plaasgevind het, as “vrugbaar” bestempel.

Ton Vosloo (eienaar van verskeie wonings in Frankryk) en G.T. Ferreira (eienaar van die wynplaas Tokara) het reeds R1.5 miljoen van hul eie fondse tot die projek bygedra.

турецкая баня хамам своими рукамиФильчаков прокурор отзывы

Lyke op straat? ‘n Ope brief aan Allan Boesak

ImageGeagte dr. Boesak,

U het u verlede jaar op die SAUK se televisiediens teen Standaardafrikaans uitgespreek. Nou bemerk ek dat u in gister se By u taalkundige siening verder radikaliseer:

"Die Taal van binne die laer is nie my taal nie. Dit is eerder die strydbyl, die hamer en sekel op die vierkleur, die eiendomlike apokaliptiese Afrikaans wat nog maar gister vir lyke op ons strate gesorg het."

Die beeld van die hamer en sekel op die vierkleur begryp ek nie mooi nie. Is die vierkleur nie iets negatiefs (die nasionale simbool van die ou ZAR) en die hamer en sekel iets positiefs (die strewe na gelykheid) nie? Al het kommunisme ook nou gesorg vir 100 miljoen dooies, kan ons mos nie hierdie mooi ideaal laat vaar nie, kan ons?

Ek sou geantwoord het in die By, maar weens die sistematiese sensuur en onderdrukking van kritiese (dissidente) menings in hierdie verrotte, gewelddadige, korrupte en uiteindelik totalitêre samelewing, weet ek by voorbaat dat die kanse skraal is dat hierdie ope brief daarin gepubliseer sou word. As dit nie vir die internet was nie, sou ek en vele ander nie aan die openbare debat kon deelneem nie, want ons is mos nie bewonderaars van die Groot Linkse Droom van Gelykheid nie, nóg die Afronasionalisme wat homself oor en oor gemanifesteer het in al die onlangse katastrofes op die Afrikakontinent.

Soos Kirby van der Merwe in die artikel naas u s’n oor die De la Rey-lied skryf: "wýs hulle Mugabe, wýs hulle". Gister was mos die groot held se verjaardagpartytjie waar hy "hulle" weer eens "gewys" het terwyl twee miljoen kinders volgens Associated Press in Zimbabwe deur hongersnood bedreig word.

Maar, om terug te keer tot u verwysing na "lyke op straat" waarvoor u "die strydbyl van Afrikaans" blameer: Soos Jaap Steyn al uitgewys het, is Engels ‘n honderd jaar gelede aan ons kinders in die Transvaal en in die Vrystaat (die sg. Orange River Colony) bekendgestel in die konsentrasiekampe. Sargent het mos op 3 Junie 1901 aan Milner geskryf:

“Ons militêre polisie het die grootste gedeelte van die kinderbevolking in hierdie kampe byeengebring en… ek voel dat dit ‘n gulde geleentheid is om hulle gedurende die volgende jaar te kry om Engels te praat.” (Aangehaal deur Steyn, J.C. in “Die taalstryd na die Anglo-Boereoorlog”, bydrae op LitNet http://www.litnet.co.za.)

Indien Afrikaans ‘n "strydbyl" is, verteenwoordig Engels ‘n wapen van massavernietiging wat tans, soos soveel kere in die geskiedenis al – in die 1820’s soos in die vroeë 1900’s – teen ons ingespan word met die oogmerk om die ou ideaal te bereik wat Chamberlain, as ek dit nie mis het nie, so geformuleer het: "to erase the last vestiges of Afrikanerism from South Africa".

Redelik onlangs was ek, Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen op Randfontein voor die landdroshof waar die twee beskuldigdes verskyn het wat Danielle Esterhuizen, ‘n Afrikanerdogtertjie van vyf, koelbloedig op haar ma se skoot langs ‘n dam waar haar pa besig was om vis te vang, doodgeskiet het. Soos haar ma dit gestel het: "Hulle het dooierus op my kind gevat."

Die moordenaars van Danielle Esterhuizen het Engels gepraat, hoewel hulle waarskynlik nie Engelssprekend is nie. Maar in u verwronge siening van die werklikheid tel Danielle Estherhuizen en die vele ander Afrikanerkinders, -vroue, -bejaardes, -boere en -mans wat in die huidige verskrikking, ‘n "Saturnusfees" soos Stephen Smith dit noem, omkom vir niks nie. Hierdie lyke – en lykies – op straat moet ons maar aanvaar as die wonderlike gawe van ‘n Afrikademokrasie. Soos ‘n lid van die ANC-jeugliga dit onlangs aan my gestel het, "Dis die pynlike deel van demokrasie. Dis die wil van die meerderheid wat geld." Ons moet maar aanvaar dat ons skole, soos op Ermelo, sal Engels word. En as ‘n beduidende gedeelte van daardie meerderheid hom tot lukrake, nihilistiese geweld teen bejaardes, vroue en kinders wend, moet ons dit ook aanvaar. Ons moet kruip soos daardie patetiese Adriaan Vlok en ons meesters se voete was om ons onderdanigheid te betoon.

Hierdie wonderlike, o so Engelse regime waarvan u en ander die lof besing, het ons land in ‘n sadistiese verskrikking omskep waar mense op ‘n groot skaal vermoor, verkrag, gemartel en soos klein Danielle Esterhuizen koelbloedig tereggestel word.

In een maand is daar nou meer "lyke op straat" as in veertig jaar van apartheid, die sogenaamde "misdaad teen die mensdom" waarteen u in die truspieël fulmineer terwyl u in u luuksemotor oor al die kinderlykies van vandag ry sonder om agter te kom dat die voertuig effens onder u begin skud.

сварочные полуавтоматыданильченко юрій броніславович

Suid-Afrikaner beskuldig Israel van ‘apartheid’

Genève – ‘n onafhanklike verslag wat deur die Verenigde Nasies aangevra is, vergelyk Israel se optrede op die Wesoewer en Gazastrook met apartheid in Suid-Afrika – ‘n aanklag wat snydende ontkennings van Israel ontlok het.

Image

John Dugard

Die verslag is opgestel deur John Dugard, ‘n Suid-Afrikaanse regsgeleerde wat voorheen aan die Universiteit van die Witwatersrand gedoseer het en oorspronklik aan Stellenbosch gestudeer het. Tans is Dugard die sogenaamde onafhanklike ondersoeker na die Israeli-Palestynse konflik vir die VN se Menseregteraad. Sy verslag sal eers aanstaande maand voorgelê word, maar is reeds op dié liggaam se webwerf beskikbaar.

In die verslag sê Dugard dat “Israeli-wette en –praktyk in die (Palestynse gebiede) kom beslis ooreen met aspekte van apartheid”.

Die verslag sit ‘n hele lys van klagtes jeens die Joodse staat uiteen wat wissel van beperkinge op Palestynse bewegings, huise wat platgestoot word en voorkeurbehandeling wat aan Joodse setlaars op die Wesoewer gegee word.

“Kan dit ernstig ontken word dat die doel van sulke optrede is om oorheersing deur een rassegroep – Jode – oor ‘n ander rassegroep – Palestyne – tot stand te bring en te handhaaf, asook om hulle sistematies te onderdruk?” skryf hy in die verslag.

Israel hou vol dat sy optrede bedoel is om Palestynse selfmoordbomme te verhoed, asook ander aanvalle wat meer as 1 000 Israeli’s oor die afgelope ses jaar gedood het. Amptenare het gesê dat geweld in 2000 uitgebreek het nadat Israel se voorstel verwerp is om die grootste gedeelte van die Wesoewer en Gaza in ruil vir vrede te verlaat.

Israel se ambassadeur in Genève het Dugard gekritiseer omdat hy slegs die Joodse staat aanval.

“Enige gevolgtrekkings wat hy mag maak is daarom fundamenteel skeef en opsetlik bevooroordeeld,” het Yitzhak Levanon gesê.

Die verslag sal aanstaande maand by die Menseregteraad wat uit 47 nasies bestaan, voorgelê word. Die nuwe liggaam is wyd gekritiseer – selfs deur die stigter, die vorige VN-sekretaris-generaal Kofi Annan – omdat slegs ‘n enkele regering ter wêreld, dié van Israel, oor beweerde vergrype uitgesonder word.

Dugard se verslag beweer dat beide kante oorlogsmisdade gepleeg het, maar hy rig sy felste kritiek op Israel.

“Dit is van toepassing op Palestyne wat Kwassam-vuurpyle in Israel inskiet; en soveel te meer op lede van die Israeli-weermag wat sulke misdade op ‘n veel groter skaal gepleeg het,” skryf hy.

Dugard is in 2001 aangestel as ‘n onbetaalde deskundige by die vorige VN-menseregtekommissie wat slegs oortredings van die Israeli-kant ondersoek het, wat Israel en die Verenigde State daartoe oorreed het om sy verslae as eensydig te verwerp. Israel het geweier om hom toe te laat om ‘n feitesending ten opsigte van sy Gaza-offensief verlede somer te onderneem.

Die vorige Amerikaanse president, Jimmy Carter, is verlede jaar gekritiseer weens die titel van sy mees onlangse boek oor die Israeli-Palestynse vredesproses, Palestine: Peace not Apartheid.

Die verwysing na apartheid het sekere Joodse leiers ontstel omdat dit skynbaar die Suid-Afrikaanse stelsel met Israel se behandeling van Palestyne gelykstel.

Carter het geantwoord dat sy gebruik van die term “apartheid” nie van toepassing was op omstandighede in Israel self nie, en dat hy verwys het na die begeerte van ‘n minderheid Israeli’s vir Palestynse grondgebied en die gevolglike gewelddadige onderdrukking van betogings.

best freeДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Zimbabwe nader die eindspel

Zimbabwe is besig om die eindspel te nader met die laaste, desperate stuiptrekkings van ‘n bewind wat een van Afrika se min suksesvolle ekonomieë vernietig het en sodoende miljoene mense in gruwelike armoede gedompel het wat tot die dood van tienduisende weens wanvoeding en gebrekkige gesondheidsorg gelei het.

Image

Kinders vind eiers op Harare-vullishoop

Dit mag nie vandag gebeur as president Robert Mugabe sy 83ste verjaardag met koek en sjampanje by ‘n partytjie van $1,2 miljoen vier terwyl honderdduisende Zimbawiërs sukkel om op brood en water te oorleef nie.

En waarskynlik sal dit nie in die aanloop tot 18 April, die 27ste herdenking van die einde van blanke heerskappy en Mugabe se magsoorname wees nie.

Maar jare van wanbesteding en verwaarlosing is besig om in onhoudbare krisisse te ontaard.

“Die mense se woede is besig om te styg,” sê die Zimbabwiese politieke wetenskaplike John Makumbe. “Hulle is nie meer bang om op straat te gaan nie en ek die regering vrees wat volgende mag gebeur.”

Die wêreld se ergste hiperinflasie is besig om buite beheer te raak, en daarmee saam kom tekorte aan kos, brandstof, medikasie en elektrisiteit. Die polisie het betogings in die opposisievestings in die hoofstad, Harare, vir drie maande verbied. En kritiek binne Mugabe se regerende party, wat verdeel is oor wie hom gaan opvolg en wanneer, is besig om toe te neem.

“Een en elke individu in die boonste lae” is besig om vir posisies te baklei, het Mugabe Woensdag op sy eintlike verjaardag tydens ‘n uitsending op die land se enigste staatsbeheerde televisiestasie gesê.

Maar hy het kategories verklaar: “Daar is geen vakante poste nie want ek is steeds hier.”

Mugabe blameer sanksies, droogte en die vorige koloniale mag Brittanje vir die ineenstorting van ‘n ekonomie wat op die uitvoer van ‘n verskeidenheid landbou- en minerale produkte gebaseer is.

Ander blameer die grondroof van die afgelope aantal jare waartydens Mugabe swartes aangemoedig het om die meeste van die 5 000 blanke kommersiële boere met geweld uit te dryf wat 40 persent van alle landbougrond besit het en 75 persent van alle landbou-uitset geproduseer het.

Blanke boere het die land se grootste arbeidsmag in diens gehad en hul uitsetting het tot die verplasing van 300 000 gesinne gelei. Die plase wat meesal aan Mugabe se familie, bondgenote en handlangers gegee is, het sedertdien in onbruik verval en Zimbabwe beskik nie oor die buitelandse valuta om voedsel in te voer nie.

Die Wêreldbank beraam dat dit meer as 20 jaar sal neem vir Zimbabwe se ekonomie om tot die vlakke van 1980 terug te keer toe die land as die broodmandjie van die streek beskou is.

Die verbod op betogings volg ná botsings oor die naweek waartydens polisie traangas en waterkanonne teen opposisievergaderings gebruik het. Die opposisie het beplan om te protesteer teen die hoë lewenskoste, asook Mugabe se plan om sy termyn tot 2010 te verleng.

Mugabe “maak oorlog” teen sy eie mense, het die opposisieleier Morgan Tsvangirai vandeesweek verklaar.

Die Nasionale Gronwetlike Vergadering, ‘n koalisie van menseregte-, kerk- en voetsoolvlakorganisasies, het gister, Vrydag, ‘n verklaring uitgereik waarin die polisieoptrede gekritiseer word.

“Dis nie ‘n misdaad om ‘n mens teen ‘n onwettige aanval te verset nie en indien nodig behoort mense hulself teen ‘n partydige, gewelddadige polisiemag te beskerm wat poog om ‘n diktatuur en die lyding van die gewone volk te verleng,” lui die verklaring.

Intussen vind mense dit toenemend moeilik om net te oorleef.

Die hiperinflasiekoers, wat tans naby aan 1600 persent verkeer en deur ekonome as ‘n reguit lyn boontoe op ‘n grafiek beskryf word, het die bevolking in opstand. Die aantal Zimbabwedollars wat ‘n drieslaapkamerhuis met’n swembad en tennisbaan in 1990 kon koop, sal vandag net ‘n baksteen koop.

Die maandelikse pensioen van iemand wat lewenslank in die staatsdiens gewerk het, kan nie meer ‘n brood koop nie. Liefdadigheidsorganisasies berig oor depressie, selfmoord en wanvoeding onder pensioenarisse – waarby ‘n tipe van vitaminetekort wat die tandvleis, bene en hare aantas, inbegrepe is.

Kinders ly die ergste onder hierdie toestande, met een uit vier Zimbabwiese kinders wat wees gelaat is en meer as 2 miljoen wat hongersnood in die gesig staar, het die VN se Kinderfonds laat weet.

Die regering probeer om die inflasie te beheer deur geld te druk en die wisselkoers te beheer. Verlede jaar, toe ‘n halfdosyn eiers meer as ‘n miljoen Zim-dollars gekos het en die armste Zimbabwiërs miljoenêrs was, het die regering eenvoudig drie nulle van die geldeenheid verwyder. Die minimum maandelikse salaris van ‘n bediende het van $15 miljoen tot $15 000 gedaal. Die amptelike wisselkoers is op 250 Zim-dollar per VS-dollar vasgestel, maar in werklikheid verhandel dit teen 5000 teen een.

Sekere Zimbabwiërs word ryk uit die ellende. Party- en regeringsamptenare met toegang tot buitelandse valuta koop dit teen die amptelike koers aan en verkoop dit dan teen die straatwaarde, waardeur hulle reusewinste maak.

азотаДанильченко Харьков

Afrikaanse skole ‘reeds 50% te min’

Volgens die onderwysvereniging TABOK bestaan daar reeds ‘n tekort aan Afrikaanse skole van 50%. Resultate van omvattende navorsing wat vir TABOK gedurende 2006 gedoen is, het getoon dat skole wat na parallelmedium oorskakel, wel deur ‘n geforseerde proses gaan waar die oorwig van getalle die instellings deur die dubbelmediumstadium na Engels-enkelmedium binne ‘n redelike tyd voer.

Dit bevestig ook dat die bestaande etos van die skool onomwonde deur die afdwing van ‘n ander taalmedium verander.

Die navorsing het ook getoon dat daar reeds ‘n tekort van 50% Afrikaanse skole in sowat ses provinsies, met inagname van die getalle van Afrikaanse leerders in daardie provinsies, is. Dit is vanweë hierdie tendense dat die proses stelselmatig alle Afrikaanse skole na Engelsmedium transformeer. Die genoemde navorsingstuk is op aanvraag by TABOK beskikbaar. Dit verteenwoordig verdere bewys dat dit slegs voorheen blanke model-C Afrikaanse skole is wat landswyd aan hierdie druk blootgestel word.

Volgens TABOK, "toon hierdie navorsing, die optrede van die Onderwysdepartement se amptenare en in besonder die Minister se toetrede tot Ermelo-hoërskool se geval, ‘n onomwonde kleur van etniese dikriminasie teen die etos van die Afrikaner, asook die miskenning van sy grondwetlike regte om sy eie taal, kultuur en godsdiens binne eie onderwys- sowel as ander kulturele- en godsdienstige instellings te behou. Hierdie regte is verskans in die RSA Grondwet, sowel as die internasionale reg onder die bepaalde definisie van die regte van etniese, kulturele, taal- en godsdienstige minderheidsgroepe, waarvan die Afrikaner by uitstek een is. Dit is nie net taalbeleid en magte van beheerliggame wat ter sprake is nie, maar die totale omvang van al die genoemde regte."

прибор для диагностики авто купитьпрокурор харьковской области