Polarisasie en staatkunde

Die voortslepende regeringskrisis in België herinner tegelyk aan die polariserende werklikheid wat met die haatspraakverhoor in Suid-Afrika aksént gekry het, en hoe dit binne ‘n demokrasie aangespreek kan, en behoort te word.

Benewens die regsbeginsels wat in regter Collin Lamont se uitspraak in die Julius Malema-haatspraakverhoor na vore gekom het, staan ‘n realiteit duidelik uit: Die sing van die liedjie wakker polarisasie in die land aan.

Dit is bykans ironies dat heelwat van die kritici van die uitspraak, trouens teen die ganse hofgeding, juis bekommerd is oor die polariserende uitwerking wat die hofsaak op die gemeenskap het.

Regter Lamont het omsigtig te werk gegaan en groot moeite gedoen om die uitspraak so te lewer dat dit as vertrekpunt vir ‘n versoeningsproses kan dien. Nou hang dit van die gemeenskappe af of hulle die bal laat val.

In België het die voortslepende dooiepunt om ‘n nuwe federale regering te vorm, alreeds die 456de dag en 177ste probleem opgelewer. Die afgelope Sondag het die partye in totaal weer 17 uur spandeer om struikelblokke uit die weg te ruim. Die koning se ongeduld, en probleme met begrotingsgoedkeurings, het stellig heelwat met die sterk ywer te make.

Die ironie is dat die skikking slegs ‘n haarbreedte weg is, maar dat tegelyk geen snars gevorder is nie. Om die haarbreedte te kan vorder, moet van die partye effense toegewings maak, maar hulle het by ‘n punt gekom waar hulle voel hulle kan nie ‘n tree verder die rug buig nie.

Sentraal, maar nie die enigste probleem nie, is die posisie in en om die hoofstad Brussel, bekend as die BHV. Dit sluit gebiede in wat deels Franstalig – of Waals – is, en deels Vlaams, oorwegende Waalse gebiede, en oorwegende Vlaamse gebiede. Die hele gebied val boonop binne Vlaandere.

Histories het ‘n aantal staatkundige ontwikkelings hier plaasgevind wat op die oog af nie sin maak nie. Franstaliges in Vlaamse gebiede kan stemreg vir die Franstalige dele uitbring, terwyl die omgekeerde nie plaasvind nie.

In Vlaandere is Frans ‘n verpligte skoolvak, maar die omgekeerde geld nie in Wallonië nie.

Toe die Vlaamse regering die gedagte geopper het om naas Frans ook Engels as verpligte taal in Vlaamse skole aan te bied, was die Wale dadelik op die agterpote, en is gemeen Engels sou Frans as skoolvak vervang. Die verduideliking dat dit as gelyke taal met Frans aangebied sou word om veeltaligheid te bevorder, is steeds as ‘n klap in die gesig ervaar. Die werklikheid is dat Vlaandere 6,1 miljoen inwoners het, en Wallonië 3,5 miljoen. Die Vlaminge het hul lewensstandaard van ‘n agterstand verby tot veel hoër as die Wale ontwikkel, en die Vlaminge dok jaarliks miljarde Euro’s op om te verseker dat hul Franstalige landgenote soortgelyke dienste standaarde beleef.

Dit kan dus nie as verrassing dien nie dat daar sterk sentimente onder die Vlaminge is vir ‘n onafhanklike Vlaandere. Namate die Europese Unie al meer die karakter van ‘n regering ontwikkel, maak die behoud van die Belgiese federale regering as iets tussenin, nie veel sin uit nie.

Jare lank word al voorspel dat België “binnekort” uiteen sou spat, iets wat steeds baie moontlik lyk.

Maar intussen manifesteer die verdeeldheid nie in opruiendheid en vandalisme nie. En word nie aangedring dat daar maar gesing kan word dat die ander doodgeskiet moet word nie.

лобановский александр жена

Polisie wis niks van Malema-bomdreigemente

Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het bevestig dat die Polisie geensins klagtes gekry het van Julius Malema oor bomdreigemente of dat sy huis deursoek was vir plofstof nie.

Hy het skriftelik geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Malema het verlede maand in ‘n radioprogram gesê dat sy huis twee keer deur die Polisie se plofstof-eenheid deursoek moes word nadat hy dreigemente ontvang het.

“Iewers lieg iemand. Malema sê sy huis was deursoek deur die Polisie na bomdreigemente, maar die minister van Polisie ontken dit. Ek glo dat die minister die waarheid praat. Malema het beslis ‘n minderwaardigheidsprobleem en wil die indruk wek dat hy ‘n belangrike persoon is wat geteiken word.

Met hierdie optredes wil Malema steun werf onder die werklose massas deur die indruk te wek hy kry ook swaar ten spyte van sy rykdom en dat hy geteiken word omdat hy vir die armes en werkloses veg,” sê Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Фільчаков прокурор

Howe ‘rassisties’ en ‘apartheid deur die agterdeur’

Die ANC-Jeugligapresident Julius Malema sê Suid-Afrika se howe is “rassisties” en “apartheid is teruggebring deur die agterdeur”. Hy het beloof dat hy die Grondwethof sal nader om die uitspraak dat die lied Dubul ‘ibhunu’ haatspraak verteenwoordig, ongedaan te maak.

Malema het die opmerkings gemaak Woensdag tydens sy eerste mediakonferensie sedert ANC se dissiplinêre verhore begin het.

Sy mede-beskuldigdes sowel as die adjunk-minister van Staatsdiens en Administrasie Ayanda Dlodlo, wat op die ANC se nasionale dissiplinêre komitee dien, en die voorsitter van die Umkhonto we Sizwe se Militêre Veterane Vereniging, Kebby Maphatsoe, was aan sy sy by die perskonferensie.

Regter Colin Lamont se uitspraak in die Johannesburgse hooggeregshof het Malema en sy ondersteuners die sing van ‘Skiet die Boer’ verbied, maar Malema het gesê die regbank is “rassisties” en Regter Lamont daarvan beskuldig dat hy met sy eie agenda besig is.

Gevra of hy dink die howe is rassisties, het hy gesê: “As hulle nie getransformeer is nie en dit beteken rassisties, dan moet dit so wees. Weereens vind ons onsself onderworpe aan die wit minderheid se goedkeuring. Apartheid is deur die agterdeur ingebring.

“Daar is nog steeds die nalatenskap van apartheid vandag, nog steeds ‘n behoefte vir ons mense om gemobiliseer te word teen apartheid.

“Die regter het gesê dat ons nuwe morele waardes moet leer. Moraal van wie? Wie gaan ons leer? Gaan hy ons vertel hoe ons onsself moet gedra?”

Hy het gesê dat die ANC-regering nog steeds onder “wit oorheersing” staan.

“Ons het opdrag gegee aan ons prokureurs om die Grondwethof en die Appèlhof te nader … Ons gaan na die Parlement om wetgewing wat hierdie liedere sal beskerm, te eis.”

Met verwysing na die moordsaak teen rugbyspeler Bees Roux en die dronkbestuursaak teen “kameraad Robert McBride”, het Malema gesê die McBride-saak is ‘n voorbeeld van die howe as ‘n “teen-rewolusionêre” krag wat gebruik word teen individue in die ANC.

“… Hulle het nog haat hom (McBride) … Hy het net sy motor, nie eens ‘n staatsvoertuig vernietig nie. En hier is ‘n moordenaar wat ‘n persoon doodmaak in ‘n uniform en hy kry ‘n boete. En ons moet dit aanvaar? “

Hy het gesê die verhoor is nie die grootste ding in die ANC nie “en was bloot” ‘n stap in die organisasie (omdat) dit voel dat dit nodig is om in te gryp “. Hy het gesê dit was soos enige ander sub-komitee van die ANC.

депутат лобановский

UNPO oor Malema-uitspraak ingelig

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, woon more (Vrydag 16 September) en Saterdag die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel, België by. By die vergadering gaan hy die aanwesiges inlig oor die huidige situasie van veral minderhede in Suid-Afrika. 

“Die wêreld moet kennis neem van die Malema-uitsprake en van die ANC se standpunte hieroor. As die ANC dreig om grondwethof toe te gaan oor regter Lamont se uitspraak dat “Skiet die boer” nie haatspraak is nie, stuur dit ‘n baie negatiewe boodskap oor verhoudinge in Suid-Afrika die wêreld in. Hoewel die boodskap ‘n oorvereenvoudiging van die situasie in Suid-Afrika is, kan daar nie verwag word dat die wêreld al die ingewikkeldhede van ANC-politiek moet verstaan nie,” het dr. Mulder, wat reeds in Europa is, gesê.

“Die wêreld moet op hoogte gehou word van die positiewe en negatiewe gebeure in Suid-Afrika. Dit is deel van die internasionalisering van Suid-Afrika se situasie. As daar ‘n krisis in Suid-Afrika sou kom, moet die internasionale wêreld ingelig wees ten einde die nodige besluite te kan neem. Dit is te laat om tydens ‘n krisis eers te begin met ‘n buitelandse inligtingspoging,” volgens Mulder.

Positiewe gebeure soos die uitbreiding van Suid-Afrika se infrastruktuur tydens die Wêreldbekersokkertoernooi asook die goeie gesindhede wat tussen die meerderheid Suid-Afrikaners heers, maar ook die negatiewe van plaasmoorde gaan deel van dr. Mulder se bydrae wees.

Dr. Mulder is verlede jaar tot lid van UNPO se dagbestuur verkies. UNPO is ‘n internasionale organisasie wat optree in belang van minderhede regoor die wêreld. UNPO het tans ongeveer 50 lede wat meer as 200 miljoen mense van regoor die wêreld verteenwoordig. (Vir meer inligting oor die organisasie besoek www.unpo.org )

лобановский депутат

Indiaanstam skop swartes uit

Die VSA se tweede grootste Indiaanse stam het Dinsdag gesê dat die Amerikaanse regering moet ophou inmeng oor sy skuif om 2 800 swartes van sy stamrol te skrap.

“Die Cherokeenasie sal nie beheer word deur die BIA nie,” het Joe Crittenden, die stam se waarnemende hoof, gesê in ‘n verklaring in reaksie op die Amerikaanse Buro van Indiaanse Aangeleenthede se standpunt.

Crittenden, wat die stam lei, is gekies om te kla oor naamlose Kongresinmenging in die stam se selfbestuur.

Die reaksie volg op ‘n brief wat die stam ontvang het op Maandag van die BIA se assistent-sekretaris Larry Echo-Hawk, wat waarsku dat die uitslae van die September 24 Cherokeeverkiesing nie erken sal word deur die Amerikaanse regering as die swartes, die Cherokee Freedmen, nie toegelaat word om te stem nie.

Die geskil spruit uit die feit dat sommige ryk Cherokee’s swart slawe gebruik het op hul plantasies in die Suide. Teen die 1830’s, is die meeste van die stamlede gedwing om te hervestig in die huidige Oklahoma, en baie het hulle slawe saam met hulle geneem. Die sogenaamde Freedmen is afstammelinge van dié slawe.

Na afloop van die burgeroorlog, waarin die Cherokee vir die Suide geveg het, is ‘n verdrag in 1866 onderteken om stamburgerskap vir die vrygestelde slawe te waarborg.

Die Amerikaanse regering het gesê dat die 1866-verdrag tussen die Cherokee-stam en die Amerikaanse regering bepaal dat al die slawe stamlede is, ongeag of hulle bloedverwante van Cherokee’s is.

Die swartes het hulle stamlidmaatskap verlede maand verloor toe die Cherokee Hooggeregshof gestem het om die reg van die stamlede te ondersteun om die stam se grondwet te verander oor lidmaatskapaangeleenthede.

Die verandering beteken dat Cherokee Freedmen wat nie kon bewys hulle het ‘n Cherokeebloedverwant nie, nie meer stamlede is nie, nie meer verkiesbaar is of in die stamverkiesings mag stem of voordele ontvang nie.

Die VSA se Departement van Behuising en Stedelike Ontwikkeling weerhou tans ‘n $ 33 miljoen uitbetaling aan die stam oor dié omstredenheid.

 

лобановский харьков класс

Derby-Lewis ‘nie behandeling geweier’

Daar steek geen waarheid in mediaberigte dat die veroordeelde Clive Derby-Lewis dringende mediese behandeling geweier word nie, het die departement van korrektiewe dienste Woensdag gesê.

“Clive Derby-Lewis het verlede jaar na ‘n privaat-instelling gegaan en hy verkies steeds om ‘n privaat-chirurg te gebruik,” het Sibongile Khumalo, woordvoerder, gesê.

“Ons kan nie ‘n versoek van ‘n gevangene as hulle privaat-dokters wil sien, weier of hulle keer nie,” het sy gesê.

Eyewitness News het Dinsdag berig die departement het Derby-Lewis se familie gevra om R80 000 vir sy vervoer- en veiligheidsbehoeftes te betaal voordat die departement hom hospitaal toe sou vervoer.

Khumalo sê egter Derby-Lewis, wat skuldig bevind is aan die moord op Chris Hani, destydse leier van die SAKP – het ‘n dokument onderteken wat stel dat as hy aandring op private mediese sorg, hy die koste sal dra.

“Die geldelike implikasies van sy naderende opname in ‘n hospitaal is aan hom, sy vrou en sy regsverteenwoordigers oorgedra,” het Khumalo gesê.

Sy kon nie kommentaar lewer oor wanneer hy in die hospitaal opgeneem sou word of hoe dringend sy mediese behoeftes is nie.

Derby-Lewis het reeds behandeling vir prostaatkanker ondergaan en gangreneuse weefsel is van sy been verwyder.

Khumalo het gesê as private mediese sorg benodig word en sodra die koste oorbetaal is, sal hy na enige privaat hospitaal van sy keuse vervoer word.

Фильчаков прокуратура харьков

Martin Luther King was ‘skynheilig’, ‘aaklig’

Video-opnames van onderhoude met Jackie Kennedy kort ná oudpres. John F. Kennedy se sluipmoord toon ‘n ander sy van die ikoniese Amerikaanse presidentsvrou.

Die versameling onderhoude is deur die historikus Arthur Schlesinger in 1964, vier maande ná Kennedy in Dallas doodgeskiet is, gemaak.

Die video-opnames is Dinsdag in ‘n twee uur lange program op die ABC-netwerk uitgesaai en ook in boek-vorm met bykomende CD’s bekendgestel.

Haar baie onvleiende uitlatings oor Martin Luther King, die swart bevryder, het tonge los. Volgens bronne het King graag seksorgies gehou en mev. Kennedy is blykbaar deur Edgar J. Hoover van sy onbetaamlike gedrag ingelig. Kennedy noem hom in die video “skynheilig” en “aaklig”.

King het glo selfs die dag voor sy geskiedkundige “I have a dream”- toespraak, só ‘n orgie gereël.

Sy beskryf die Franse leier, Charles de Gaulle, as “moedswillig” en die Franse in die algemeen as “nie baie gaaf nie” en “selfsugtig”.

Sy verwys ook na Indira Gandhi, wat later premier van Indië sou word, as ‘n “bitter, opdringerige en aaklige vrou”.

Die versameling onderhoude is getiteld “Jacqueline Kennedy: Historic Conversations on Life with John F. Kennedy”.

Kennedy se liefde vir haar man is duidelik sigbaar in die meer as agt ure van onderhoude en ondanks haar openhartige aanmerkings oor ‘n verskeidenheid onderwerpe, noem sy nooit die president se vermeende ontrouheid aan haar nie.

Hy was “die mees onselfbewuste mens wat ek ooit gesien het,” het Kennedy, wat in daardie stadium 34 jaar oud was, gesê.

Sy vertel in die video-opnames hoe haar man, wat twaalf jaar ouer as sy was, hul dogter Caroline geleer het hoe om te swem en hoe hy in die bad, aan tafel en selfs terwyl hy aangetrek het, boeke gelees het.

‘n Beskeie Kennedy dring ook tydens die onderhoud daarop aan dat haar rol was om haar man te dien en nooit self in die politiek betrokke te raak nie.

“Ek kry al my menings van my man … Hoe kan ek enige politieke menings hê, jy weet? Syne sou altyd die beste wees,” sê sy.

лобановский александр игоревич харьков

Gordhan sê munisipaliteite moet ophou geld mors

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag die tesourie se jongste munisipale oorsigverslag in die parlement bekendgestel. Hy het munisipaliteite berispe oor hul geldmorsery en gekla oor “militante” belastingbetalersunies wat dienstegeld weerhou.

Die verslag toon dat R27 miljard tussen die 2009 tot 2010 gespaar kon gewees het deur onnodige uitgawes te besnoei.

Jaarlikse meningsopnames het getoon dat die helfte van landsburgers geen vertroue meer in hul plaaslike regerings het om noodsaaklike dienste te lewer nie.

Meer as ‘n honderd diensleweringsoptogte is in 2010 gehou. Dit is die meeste sedert 2004. Daar is ook ‘n merkbare toename in die aantal “militante” belastingbetalerverenigings wat dienstegeld weerhou, het hy gesê.

Intussen het personeelaanwas tussen 2006 en 2009 met 4% toegeneem, maar munisipaliteite se salarisrekening in dieselfde tydperk het in sekere gevalle met 52% gestyg. Munisipale bestuurders by distriksrade se salarisse is “buitensporig hoog”, lui die verslag.

Die oorsigverslag dui aan waarop munisipaliteite sal moet besnoei. Duur motors en selfone, borgskappe, kos, weelderige kantore, asook buitelandse reise en konsultante word gelys as “oorbodig” en kan ‘n besparing van 15% aan uitgawes meebring.

“Los die uitspattighede en kry jul beplanning, begrotings, dienslewering en burokrasie reg,” het Gordhan Woensdag tydens ‘n parlementêre inligtingsessie gesê.

Meer mense het die afgelope drie boekjare toegang tot noodsaaklike dienste soos water, elektrisiteit en vullisverwydering verkry, maar die vertroue tussen belastingbetalers en plaaslike regering is glo die “grootste struikelblok”.

Die instandhoudingsagterstand in water-infrastruktuur alleen beloop R13 miljard. Paaie- en elektrisiteitsnetwerke se herstel is ook agter, het die minister gesê. Agterstallige munisipale skuld was teen Desember tot R62,3 miljard opgehoop. Dit verteenwoordig ‘n toename van 10% vergeleke met die vorige jaar.

Gordhan het gesê die fiskus verkeer onder druk weens die ekonomiese onsekerhede en nuwe raadslede moet van sulke “fieterjasies” afsien.

Александр Фильчаков

Boer oorleef plaasaanval, 3 dae lank opgesluit

‘n Bejaarde boer, Petrus Schrooder van die plaas Wolwekraal in die Richmond-omgewing, is Saterdag deur twee mans op sy plaas aangeval. Schrooder woon alleen op die plaas.

Hy is egter eers Dinsdagmiddag deur ‘n vriend gekry en dieselfde aand het speurders van De Aar die 68-jarige slagoffer se rewolwer in die bruin woonbuurt Waterdal opgespoor. Die polisie sê hulle verwag om binnekort nog arrestasies in verband met die voorval.

Schrooder het na die aanval besluit om homself in die plaashuis toe te sluit. Die plaas het nie ‘n telefoon nie, en die boer se selfoon is deur die aanvallers gebuit.Hy kon dus nie hulp ontbied nie.

Die beseerde boer se vriend het die polisie Dinsdagmiddag ontbied en hy is daarna behandel vir sy beserings. Sy bakkie is nie gesteel nie omdat die boosdoeners nie die plaashek oopgesluit kon kry nie.

 

Александр Фильчаков прокурор

‘n Kritiese kyk na selfbeskikking

Die gesprekke om braaivleisvure begin die laaste tyd al meer draai om selfbeskikking vir die Afrikaner. Debatte oor die haalbaarheid daarvan of nie het al menige bure in ons omgewing kwaaivriende.

Dis miskien toepaslik die krities na die hele proses te kyk.

Die eerste vraag is waarom die strewe na selfbeskikking?

Met die politieke oorgang (noem dit oorgawe, verbreding van demokrasie of bevryding, of net wat jy wil) was die regse blankes nie bereid om aan die verkiesing deel te neem nie. Baie van ons onthou nog die voorbereidings vir oorlog en sommiges sit nou nog met kerse en boeliebief wat daardie tyd opgegaar is.

Genl Viljoen het die Vryheidsfront kort voor die verkiesing gestig en aan die verkiesing deelgeneem. Hy het gevra dat almal wat in selfbeskikking glo vir die Vryheidsfront moet stem en meer as een miljoen stemme gekry. Die verkiesing was vreedsaam en wettig en die NSA was gebore.

Gerugte van CIA betrokkenheid is gou gesmoor.

Die Vryheidsfront se manifes verbind hom onlosmaaklik tot die verkryging van ‘n selfregerende gebied. Hierdie strewe word dan ook in die nuwe grondwet ingeskryf.

Soos die jare aanstap word leiers vervang en ou doelwitte word minder beklemtoon.

Met die aanstelling van Dr Pieter Mulder as adjunkminister word ‘n politieke dobbelspel gespeel. Aan die een kant is landbouers wat die strooihalm wat na hulle uitgesteek word, verwelkom en aan die ander kant is diegene wat verraad sien.

Dit bring nietemin ‘n mate van gerustheid en nuwe verdraagsaamheid teenoor die landbou in die algemeen.

As die bedoeling egter was om verdeeltheid onder Afrikaners te bring, was dit ‘n hoogs geslaagde politieke maneuver.

Die steun vir die VF+ daal merkbaar en persepsie is dat die sterwe na selfbeskikkiging besig is om te taan.

En die VF+ verwerf die besondere eer om op Wikileaks te beland.

Intussen is ander buite-parlementere groepe ook volstoom besig met hul eie planne. Die Oraniabeweging demonsreer op ‘n praktiese wyse dat moontlik is om met eie arbeid ‘n homogene samelewing in stand te hou, die VVK werf landwyd lede vir ‘n verkiesing en laatkommer OASE stel ‘n nuwe variasie van ‘n ou kaart bekend vir ‘n volkstaat. Afriforum gebruik die howe om hulle standpunt te versterk.

Dit bring ons by die volgende vraag. Wie is die Afrikaner? Wie gaan ingesluit word en wie gaan ingesluit word? Wie gaan besluit wie is aanvaarbaar en wie nie?

Voorheen bevoordeelde persone van Europese herkoms, of Afrikaanssprekend of enigeen wat die vryheidsideaal ondersteun is enkele omskrywings.

Omdat Salamo nie meer met ons is nie kan ons maar net hoop vir wysheid.

Die laaste vraag is : Waar is die gebied en hoe groot is dit?

SA is rofweg twee miljoen vierkante km groot met 50 miljoen inwoners. Dit gee ons vier hektaar per persoon. As ons die 30 000 gerigestreerde kiesers van die VVK as maatstaf gebruik kan ons aanspraak maak op 120000 hektaar. Ek ken boere wat alleen op groter grond boer.

Ten slotte sal ons moet begin saamstaan. Ons sal ons doel net kan bereik as ons saamstaan. Die reg op selfbeskikking is in die grondwet vervat. Ons moet egter self die wie , wat en waar bepaal.

Rassisme sal nie die saak bevorder nie. Die sukseskans van die geweldopsie vervaag ook soos die tyd aanstap. Baie van ons sal nie meer lekker in die ratels inpas nie. Dus bly net onderhandeling en die regsproses oor.

Dis waarom dit so belangrik is om onsself van rassisme en neerhalende opmerkings te weerhou. Ek en jyself en jou ma weet hoe wonderlik ons is. Jy gaan egter met mense moet onderhandel oor vryheid wat ander dinge op skool geleer het.

Ek hoop dit kan bydra tot die debat

депутат лобановский