Tyd sal Saterdag stilstaan

Horoloë regoor die wêreld sal Saterdag een van die eienaardigste dinge van hul beroep doen – hulle sal tyd laat stilstaan.

Die laaste minuut van 30 Junie 2012 sal 61 sekondes lank wees vir tydhouers om ‘n skrikkelsekonde by atomiese horlosies wat ons tyd hou, te voeg.

Die terughouding van die sekonde sal opmaak vir die afwyking van die gemiddelde sontyd – die tydperk wat dit vir die aarde neem om ‘n dag te voltooi.

Die planeet neem bietjie meer as 86 400 sekondes vir ‘n omwenteling (360-grade), maar dit beweeg stadiger op sy as en word beïnvloed deur die gravitasiekrag van die son, maan en seegetye. Al dié faktore breek die omwenteling met ‘n skrikkelsekonde.

Die aarde beweeg dan buite die Internasionale Atomiese Tyd (TAI). Om te verhoed dat die sontyd en TAI te ver uitmekaar beweeg, word die Universele Gekoördineerde Tyd (UTC) elke nou en dan aangepas.

Die aanpassings het in 1972 begin. Dit sal die 25ste ingryping wees om ‘n skrikkelsekonde by die UTC te voeg.

Noel Dimarcq, direkteur van die Internasionale Aardrotasie en Verwysingstelsel-diens, het gesê die aanpassing verseker dat almal op aarde se horlosies gesinkroniseer is.

Met dié akkuraatheid word “slegs een (atomiese) sekonde elke 300 miljoen jaar verloor”, het Dimarcq gesê.

Die laaste drie aanpassings was in 1998, 2005 en 2008.

александр лобановский харьков

Landbouminister teen ‘pandemonium oor grondgryp’

Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, het gesê die ANC moenie pandemonium veroorsaak onder die sakesektor en die publiek oor grondhervorming nie.

Joemat-Petterson het gesê Artikel 25 van die grondwet laat die regering toe om grond met vergoeding te onteien.

Sy het voorts gesê met die verkiesingskonferensie in Polokwane is destyds besluit dat die grond-oudit teen die einde van vanjaar afgehandel moet wees en sy is daarvan oortuig dat dit teen die spertyd afgehandel sal wees.

Die Vryheidsfront Plus het intussen die ANC se kommissie oor grondhervorming se besluit verwelkom om nie grond te nasionaliseer nie en dat Artikel 25 van die grondwet nie gewysig sal word nie.

Фільчаков прокурор

Anglikane, DA erg bekommerd oor die eenheidstaat

Reg-denkende en morele Suid-Afrikaners moet waaksaam wees teen onheilspellende bedreigings vir die grondwet, het die voormalige aartsbiskop van Kaapstad, Njongonkulu Ndungane, Donderdag in navolging van die DA gesê.

Mmusi Maimane, nasionale DA-woordvoerder, het vroeër oor dieselfde onderwerp gesê: “Ons leef in ‘n land waar die ANC nie net die Grondwet vergeet nie, maar ook van (oudpres.) Nelson Mandela self.”

Die DA-jeug se jongste plakkaat dra tewens die woorde “In ONS toekoms sal die Grondwet heers” met ‘n foto van die Grondwet in vlamme.

“Toe Zimbabwe die pad byster geraak het, is die eerste ding wat hulle gedoen het om die land se grondwet te verander.

Die voormalige aartsbiskop sê die land se grondwetlike demokrasie word bedreig deur “onheilspellende tekens”, insluitend voorgestelde wetgewing.

“Hierdie bedreigings sluit in wetgewing soos die sogenaamde inligtingswet, die wysigingswet op die polisie, die wetsontwerp op die regspraktyk en die wetsontwerp op tradisionele howe. Hulle beval almal elemente wat nie in pas is met ons grondwet nie.”

Hy het egter nie die ANC se gewilde grondgrypoproepe gekritiseer nie, maar wel die klem wat die ANC op afsonderlike gemeenskappe plaas.

Ndungane het by die Universiteit van die Witwatersrand gepraat.

лобановский александр фото

Vrystaatse naamsveranderinge vir magsvertoon

Die voorneme van die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning om die volgende name eersdaags te verander is vir die Vryheidsfront Plus totaal onaanvaarbaar:

Kroonstad: Maokeng

Pertus Steyn: Mamafubedu

Universitas Hospitaal: Albertina Sisulu Akademiese Hospitaal

Bloemfontein Internasionale lughawe: Braam Fischer Internasionale lughawe

Trompsburg Hospitaal: Albert Nzuka Hospitaal

Die Vryheidsfront Plus is van oordeel dat nie een van bogenoemde name aanstoot gee nie en daarom nie verander behoort te word nie.

Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse Leier van die VF Plus, het vandag gesê dat hierdie naamsverandering niks anders is as magsvertoon deur die ANC nie. Die ANC doen dit net om Afrikaners te boelie en mag te wys. Dit is nie bevorderlik vir goeie verhoudinge nie.

Sedert 1998 was daar ‘n informele ooreenkoms dat die 25 munisipaliteite (20 plaaslike en 5 distriks- munisipaliteite) in die Vrystaat almal Sesotho-name kry maar dat die dorpe binne die munisipaliteite hulle oorspronklike name sal behou. Vir meer as 12 jaar het die Vrystaat hiermee ‘n voorbeeld aan ander provinsies gestel. Die ANC bewys met hierdie naamsverandering weereens dat hulle woord niks werd is nie en dat hulle met niks vertrou kan word nie.

Die VF Plus in die Vrystaat doen ‘n beroep op die sake -gemeenskap van Kroonstad om ‘n koste-eis vir enige koste wat die naamsverandering op hulle besighede mag hê teen die Munisipaliteit en die Departement in te dien. Die VF Plus is bereid om so ‘n aksie van die sakegemeenskap van Kroonstad te koördineer en die sakegemeenskap met regsadvies te bedien waar nodig. Dit sal hopelik die ANC laat herbesin oor verdere naamsveranderinge.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Christene ly onder rebelle in Sirië

Skokkende beelde oor die ontheiliging van Christelike kerke in Sirië deur die Westers-gesteunde rebelle is onthul. Die foto’s, geneem deur die plaaslike Christene woedend oor die geweld, is gepubliseer deur PrisonPlanet.com.

In een van die foto’s hou ‘n rebel ‘n kruis op in een hand geklee in priester se gesteelde kleed terwyl hy ‘n masjiengeweer in die ander vashou.

Die foto’s is geneem deur ‘n Christelike vrou in Homs, een van die stede wat die meeste verwoes is deur volgehoue ​​gewelddadige botsings tussen rebelle en regeringsmagte.

“Almal weet tog die verwydering van hierdie klere uit die kerk is ‘n sonde. Die priester is die enigste een wat hulle dra,” het die vrou aan PrisonPlanet.com gesê.

Sy het bygevoeg dat nadat die rebelle die kerk geplunder en beskadig het, het hulle binnegegaan om die skade te dokumenteer.

Kerkbanke is uitmekaar gebreek, met die stukke oral gestrooi. Die vloer is bedek met rommel, en selfs die altaar is ontheilig.

Christelike minderhede staar ‘n groeiende bedreiging in die gesig en duisende word gedwing om uit hul huise te vlug deur teistering en diskriminasie van die opposisie se radikale Islamitiese faksies. Ten minste 9000 Christene van die Wes-Siriese stad van Kusar, is gedwing om skuiling te soek na ‘n ultimatum van ‘n plaaslike militêre hoof van die gewapende opposisie, het die Vatikaan se Fides-nuusagentskap gesê.

Vroeër, is ‘n Christenman doodgeskiet deur ‘n skerpskutter in Kusar, die buurstad van Homs.

Sommige verslae beweer dat Moskee’s aangekondig het dat “Christene Kusar binne ses dae moet verlaat.”

Twee Katolieke priesters wat uit die stad gevlug het, het aan die nuusagentskap bevestig dat hulle self gehoor het hoe die ultimatum van die minarette weerklink.

Pogings om Christene van die stad die Homs oor die afgelope twee weke te ontruim, was ook onsuksesvol, en ‘n priester in die stad het gesê dat die rebelle die burgers binne wil hou om hulle te gebruik as hefboom.

Duisende Christene het gevlug uit Homs wat sedert Februarie onder verskriklike geweld gebuk gaan.

Intussen het die Amerikaanse intelligensie en diplomate erken dat hulle Siriese rebelle help om hul groeiende militêre operasies te organiseer teen president Bashar al-Assad se magte.

Volgens senior Amerikaanse amptenare, die CIA en die State Department help hulle om die rebelleleër se logistieke roetes te ontwikkel vir voorrade na Sirië en verskaf opleiding in kommunikasie.

Na wat berig word, betaal Saoedi-Arabië en Qatar salarisse aan die Siriese rebelle nou al vir ‘n paar maande. Intussen is Turkye die gasheer vir die rebelle en voorsien materiaal en tegniese ondersteuning, volgens bronne.

Baie glo dat so lank as wat die VSA en sy bondgenote voortgaan om blindelings die radikale rebelle te ondersteun sal stabiliteit in Sirië onbereikbaar bly.

Александр Фильчаков

Twitter onder druk om vryheid in te perk

Twitter berei nuwe maatreëls voor om die sigbaarheid van “haatspraak” en “trolle” op die webwerf te verminder.

Maar dis ‘n stryd om ‘n paar Twitter gebruikers se begeerte vir anonimiteit en vryheid van spraak te balanseer. Die Arabiese Lente se anonieme gebruikers was byvoorbeeld ook van Twitter afhanklik

Dick Costolo, Twitter se uitvoerende hoof, was sigbaar emosioneel tydens ‘n onderhoud met die FT oor sy frustrasie met die probleem van “verskriklike” misbruik, terwyl die handhawing van die maatskappy se mantra dat “twiete moet vloei” ook in ag geneem moet word.

Een benadering wat Twitter oorweeg sal wees om twiete deur individue wat nie gesien word as “gesaghebbend” nie,  te beperk. Dit sou vir mense geld met geen volgelinge, geen biografiese inligting en geen profielfoto nie.

Maar die maatskappy se bestuur is ook pynlik bewus daarvan dat dit die vryheid van die webwerf kan beperk en Twitter se jarelange verbintenis tot vryheid van spraak kan ondermyn.

“Die rede waarom ons skuilname toelaat is dat daar baie plekke in die wêreld is waar dit die enigste manier is hoe jy vrylik kan praat,” het hy gesê.

“Die ander kant daarvan is dit ook hierdie trolle bemagtig… hoe maak jy seker dat jy mense aanmoedig om politiek te praat, maar dit OK maak om op die platform te wees en nie al hierdie haatspraak te verduur nie? Dit is baie frustrerend. “

Na die bekende gebruik van Twitter en ander sosiale netwerke deur die betogers in Tunisië, Egipte en ander lande teen onderdrukkende regimes, is die Midde-Ooste een van die werf se vinnigste groeiende streke.

Maar terselfdertyd, het aanlynmisbruik van bekendes en afknouery op sosiale netwerke ‘n meer prominente onderwerp geraak, met ‘n aantal onlangse hofsake in die Verenigde Koninkryk waar die regering “trolle” deur middel van sy nuwe lasterwetsontwerp wil vasvat.

Twitter se probleem met hierdie kwessie val saam met die werf se poging om van hoofsaaklik teksboodskappe na ‘n oop platform wat ryker media-inhoud met meer politieke slaankrag insluit, te beweeg.

“Wat jy meer en meer sal sien is ‘n platform wat toelaat dat derde partye sal kan bou op Twitter,” sê mnr. Costolo, wat verduidelik dat elke twiet ‘n “opskrif vir ‘n soort van onderwerp” kan word.

Twitter se platform vandag is nog nie die gesofistikeerde Facebook s’n waarop adverteerders bou nie. Maar die werf ontgin tans nuwe maniere om vir ander maatskappye ryker ervarings binne die twiets self te skep, sê Costolo.

Twitter het onlangs “uitgebreide twiets” geskep, wat nuus en foto’s wys van ‘n storie as ‘n gebruiker ‘n skakel deel. Dit het ook die vermoë om YouTube-videos te vertoon sonder om die webtuiste te verlaat.

Vroeër hierdie maand, het Twitter saam met Nascar, die motorrengeleentheid, ‘n bladsy van die mees interessante twiets van bestuurders, verslaggewers en borge gekies, deur ‘n dosyn Twitter-werknemers saamgestel.

Costolo dring daarop aan dat Twitter nie wil kompeteer met die tradisionele media nie. “Ek dink dat Twitter toenemend die nuus breek, maar ek dink nie aan ons as ‘n nuwe media-organisasie nie, want dit is nie wat ons doen nie en ons sal nie joernaliste in diens neem nie,” het hy gesê. “Daar sal ‘n paar geleenthede waar ons saam met bestaande media-maatskappye.”

Mediamaatskappye sal wel in staat wees om ‘n “hashtag” van die beste twiets te skep, soos Twitter self met Nascar gedoen het, het hy gesê.

“Ek wil nie dat ons in die besigheid beland van alles self doen nie – dis nie skaleerbaar nie.”

лобановский александр фото

Vrouetennis die swye opgelê

Ai, die klanke van tennis. ‘n Plan om ‘n einde te maak aan die harde gille en gekreun in vrouetennis is “eenparig die groenlig gegee” deur die WTA spelers se raad, verteenwoordigers van al vier hooftoernooie en die Internasionale Tennis Federasie, volgens USA Today.

“Dit is tyd vir ons die oormatige gekreun in die spel vir toekomstige geslagte uit te dryf,” sê die WTA se uitvoerende hoof Stacey Allaster.

Skeidsregters sal ‘n handtoestel gebruik om die klank op die baan te meet om te sien of dit op ‘n aanvaarbare vlak is, het USA Today berig.

Maar daar is ‘n vangplek. Die huidige generasie van Kreuners- soos Maria Sharapova en Victoria Azarenka – is vrygestel van die verbod. Die plan is ook nie van toepassing op die manne se spel nie.

“Wat die kundiges sê, is dat dit ‘n duidelike, skadelike uitwerking op die prestasie van die huidige generasie moet hê,” sê Allaster, wat bygevoeg het daar is nog geen voorgestelde rooster vir die veranderinge nie.

Caroline Wozniacki, naaswenner in die 2009 Amerikaanse Ope, het openlik gekla oor die gekreun kort ná verlede jaar se toernooi.

“Ek dink daar is ‘n paar spelers wat dit doen met ‘n doel,” het Wozniacki het aan The Guardian in Oktober gesê. “Hulle doen nie dit nie op die oefenbaan nie maar dan sal hulle kom na die wedstryd en begin kreun. Ek dink (amptenare) kan beslis ingryp.”

Александр Фильчаков прокурор

IRL en Britse vors gee mekaar die hand

Koningin Elizabeth II en die voormalige bevelvoerder van die Ierse Republikeinse Leër (IRL) het Woensdag in ‘n hoogs simboliese gebaar blad geskud – ‘n langverwagte ontmoeting wat die vordering in Noord-Ierland ná dekades van geweld aandui.

Volgens beamptes in Noord-Ierland het die monarg en Martin McGuinness mekaar Woensdag tydens ‘n privaatgeleentheid by ‘n teater in Belfast ontmoet.

Die media is nie by die geleentheid toegelaat nie. Daar word verwag dat dié twee later in die openbaar ook mekaar die hand sal gee.

Volgens kenners was McGuinness die IRL se hoof toe die groep die koningin se neef, Lord Louis Mountbatten, in 1979 in ‘n sluipmoordaanval om die lewe gebring het.

Die IRL het intussen hulle veldtog van geweld laat vaar en in 2005 die wapen neergelê.

McGuinness se nasionalistiese Sinn Fein-party het tot Woensdag enige kontak met die Britse koninklikes op hulle voorwaardes geweier.

Фильчаков прокуратура харьков

Net 15 sekondes om Zuma se spies te red

Die verhoor van twee mans wat daarvan aangekla is dat hulle ‘n skildery van pres. Jacob Zuma, waarop sy geslagsdele ontbloot is, geskend het, duur Donderdag in die Hillbrow-landdroshof voort.

Die saak is in Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Barend la Grange (58) en Louis Mabokela (25) is aangekla van die skending van Brett Murray se skildery The Spear by die Goodman-galery in Mei.

Zuma se gesig en onderlyf is met rooi en swart verf besmeer.

La Grange het ná sy hofverskyning gesê die galery en die kunstenaar het die reg om die skildery ten toon te stel, maar nadat hulle punt gemaak is, moes die skildery verwyder gewees het.

“‘n Hooggeregshof moet betrokke raak by ‘n skildery? Dit het my 15 sekondes geneem om ontslae te raak van die skildery,” het hy gesê.

Sy mede-beskuldigde, wie se oom en ‘n groep ANC-ondersteuners buite die hof saamgedrom het, sê hy wou pres. Zuma se vernedering “toemaak”.

“Ek het die vernedering van die president probeer toemaak. Hulle beledig die president. Dit is my president. Die is ‘n belediging vir ons, [vir] alle mense.”

Beide mans se borgtog van R1 000 is verleng. Hulle staan tereg op ‘n aanklag van saakbeskadiging.

александр лобановский харьков

Delmasmoorde: Saak uitgestel

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n vyf maande oue baba en sy versorger vermoor het, het Woensdag in die Delmas-landdroshof verskyn, het die polisie in Mpumalanga gesê.

Volgens lt. kol. Leonard Hlathi is die saak uitgestel, aangesien die derde beskuldigde, Fernandos Maritse (27), nog met sy regsverteenwoordiger moet vergader.

Hulle sal volgende Donderdag weer in die hof verskyn en die mans sal in polisie-aanhouding bly.

Maritse, tesame met Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54), word daarvan beskuldig dat hulle die 66-jarige Magrietha de Goede en die baba Wiehan Botes verlede maand verwurg het.

De Goede se lyk is onder ‘n mat in ‘n buitekamer gevind en die lyk van die baba is onder ‘n bed in die hoof-huis gevind.

By vorige hofverskynings het lede van die DA in die gebied buite die hof getuig en gevra vir die samestelling van ‘n Grens- en Landelike Veiligheidsdivisie binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Dae ná die moord het lede van die Afrikaner Volksraad Verkiesingskommissie (VVK) betoog teen geweld teen vroue en kinders.

Die DA het plakkate wat die VVK-lede omhoog gehou het tydens die optog veroordeel. Die plakkate het die woorde “Swart lafaards – los ons vroue en kinders uit” en “Steel, verkrag, moord: Ons is klaar met swart Suid-Afrika”.

‘n Optog is ook deur die sanger Steve Hofmeyr gereël teen gewelddadige misdade in die land. Inwoners en bekendes het na die Uniegebou gestap om ‘n memorandum aan die presidensie te oorhandig.

Verlede Vrydag het Delmas-inwoners van alle rasse bymekaargekom om te bid vir hul gemeenskap. Die meerderheid van die Victor Khanye-munisipaliteit het gesê VVK-lede is nie Delmas-mense nie.

Die polisie is op soek na ‘n vierde man, wat volgens hulle kan bystaan met inligting.

Фильчаков прокурор харькова