Brandstof ‘n kopseer, krag nie, hoor parlement

Maurice Radebe, voorsitter van Sapia, die Petroleumbedryfsvereniging, het in die parlement aan die staande komitee oor die aangeleentheid gesê die Transnet-staking kan op die lange duur brandstofvoorsiening tydens WB 2010 ontwrig. Alwie Lester, ‘n hoofbestuurder by Eskom, het parlementslede egter gerusgestel dat kragvoorsiening aan die gasheerstede gewaarborg is. Hy het gesê die kans dat kragonderbrekings

Lees verder: Brandstof ‘n kopseer, krag nie, hoor parlement

Terre’Blanche-moordsaak hervat

Die man wat verdink word van die moord op die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, sal Woensdag weer in die hof verskyn. “Puna Moroko, prokureur vir Chris Mahlangu, is in Klerksdorp vir sake. Ons sal dus eers ander sake moet afhandel en behoort teen 10:00 klaar wees,” het ‘n beampte by die hof gesê.  Die saak

Lees verder: Terre’Blanche-moordsaak hervat

Protesaksie teen misdaad

Vandag hang die land se vlae by wyse van spreke halfstok. Protesaksies teen misdaad, wat deur Solidariteit gereël word, word landswyd gehou. Min sake het die aandag op die land se misdaadvlakke gefokus soos toe die presidensie vroeër vanjaar geweier het om kruiwavragte vol protesmemorandums teen misdaad in ontvangs te neem. Dié blaps is later

Lees verder: Protesaksie teen misdaad

Dene en Nederlanders deur Al Kaida geteiken by WB

‘n Vermeende Al Kaida-ondersteuner wat in Irak aangehou word, het Dinsdag gesê dat hy met familie en vriende gepraat het om Deense en Nederlandse spanne wat volgende maand aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika deelneem aan te val om beledigings teen die Profeet Mohammed te wreek.  Irakse veiligheidsmagte wat die Saoedi-burger aanhou, bekend as Azam Abdullah

Lees verder: Dene en Nederlanders deur Al Kaida geteiken by WB

Marzanne se oppasser gaan Krugergesin hof toe neem

Die oppasser van baba Marzanne Kruger gaan die Kommissie vir Konsiliasie, Mediasie en Arbitrasie (KVBA) nader, nadat sy deur haar werkgewer afgedank is, het The Star Woensdag berig. Franscina Sekhu is deur die Kruger-gesin afgedank. Daar word verwag dat dokumentasie van ‘n klag wat by die die KVBA aanhangig gemaak is, Woensdag op hulle bestel

Lees verder: Marzanne se oppasser gaan Krugergesin hof toe neem

Staking by Transnet dalk verby

Die vakbond, United Transport and Allied Trade Union (Utatu) en Transnet  het ’n loonooreenkoms bereik. Indien die aanbod deur vakbondlede goedgekeur word, sal die staking wat spoorweë- en haweverkeer vir die afgelope week lam gelaat het, beëindig word het ’n amptenaar Woensdagoggend gesê. “Ons het reg deur die nag gesit en onderhandel. Daar is ‘n

Lees verder: Staking by Transnet dalk verby

‘Noag se ark’ uit Zim oppad na Noord-Korea

Die Britse natuurbewaringsgroep Born Free het hulle stem gevoeg by die besware teen ‘n plan van Zimbabwe om ‘n “Noag se Ark” van wilde diere, waaronder twee jong olifante, na Noord-Korea te stuur.  Nuusberigte verlede week het aangedui dat twee van elke diersoort in Zimbabwe se 14 600 vierkante kilometer Hwange Nasionale Park, as ‘n

Lees verder: ‘Noag se ark’ uit Zim oppad na Noord-Korea

Jeugliga skarrel om Noordwestak te hou

Die ANC se Jeugliga het hulle Noordwes uitvoerende komitee ontbind, omdat daar ‘n behoefte bestaan om “organisatoriese vernuwing in die provinsie te versterk en te bou “, het die liga Dinsdag verklaar. Die Noordweskomitee se ampstermyn het verstryk het en hulle het versuim het om ‘n provinsiale konferensie te hou, het woordvoerder Floyd Shivambu gesê

Lees verder: Jeugliga skarrel om Noordwestak te hou