Broodblik! Oorlog toe in ‘n Ratel

Op ’n wintersaand, Junie 1983, steek ek op pad uit die kaserne in die deur vas. Op die klein paradegrond aan die oorkant is ses Ratels in ’n  halfmaanformasie, sulke kantige, dreigende masjiene in die penumbra van die aand. Hulle hoofligte glinster stip soos die oë van ’n  roofdier op wag en die kragtige soekligte

Lees verder: Broodblik! Oorlog toe in ‘n Ratel

Oud-Noor met warm yster doodgeslaan

‘n Vrou is gemartel en doodgeslaan met ‘n warm yster in haar huis in Dullstroom, Mpumalanga, volgens ‘n berig wat Vrydag verskyn het. Johanna Moore (78) is in ‘n plas bloed Donderdagoggend gevind waarin sy gelê het. Sy het ernstige brandwonde oor haar gesig en arms gehad, het Beeld berig. Sy is vermoedelik Woensdagaand aangeval.

Lees verder: Oud-Noor met warm yster doodgeslaan

Regimeverandering in Sirië ‘geen opsie’

Die Britse minister van buitelandse sake, William Hague, het Donderdag in ‘n onderhoud met die BBC verklaar dat buitelandse militêre ingryping in Sirië nie ‘n opsie is nie. Dié aankondiging is deur ontleders verwag, na die pas afgelope fiasko in Libië, waar Britse, Franse en Amerikaanse inmenging tot ‘n burgeroorlog gelei het na die afsetting

Lees verder: Regimeverandering in Sirië ‘geen opsie’

Twee Metropolisielede vas

Twee Johannesburgse metropolisiebeamptes is Donderdag in hegtenis geneem vir bedrog, afpersing en dwarsboming van die gereg. Die departement se interne eenheid het hulle in hegtenis geneem nadat hulle in ‘n uitkenningsparade uitgewys is, het sup. Wayne Minnaar, woordvoerder, gesê. Die beamptes het na bewering die bestuurder van ‘n maatskappy onder valse voorwendsels in hegtenis geneem.

Lees verder: Twee Metropolisielede vas

Vavi tree in om onbeskermde staking te red

Die hoofsekretaris van die vakbondfederasie, Zwelinzima Vavi, het stakende mynwerkers by Impala Platinum se Rustenburg-myn gevra om terug te gaan werk toe. Hy het mynwerkers op die dorp toegespreek. Vavi sê ‘n verhoging wat aan werkers by die Impala Platinummyn se aanleg op Rustenburg in Noordwes aangebied is, behoort vir al sy werkers te geld.

Lees verder: Vavi tree in om onbeskermde staking te red

Zuma-teenstand met geweld onderdruk

Twee mense is in hegtenis geneem na aanleiding van geweld tydens president Jacob Zuma ANC se Sefako Makgatho-eeufeeslesing in Kaapstad Donderdag, het die polisie gesê. ‘n Kameraman van SABC is aangerand terwyl hy ‘n betoging teen Zuma buite die sentrum afgeneem het. “Ons het twee mense hegtenis geneem op aanklagte van aanranding. Die voorval is

Lees verder: Zuma-teenstand met geweld onderdruk

VF+ skrik nie vir toldreigemente nie

“Die Vryheidsfront Plus glo dat die minister van Finansies, Pravin Gordhan, ‘n diskriminerende pryslokval vir die padverbruikers van die Gauteng-tolhekstelsel in sy begroting gister gestel het. Die party is nie gelukkig met die klaarblyklike toegewing van ‘n plafon van R550 wat gestel is vir die betaal van tolfooie nie. Die projek moet eerder in sy

Lees verder: VF+ skrik nie vir toldreigemente nie

Die reuk van vrot appels

‘n Wit, Afrikaanse familie wil vlugtelingstatus in die VSA hê, omdat hulle “slagoffers van rassisme” sal wees as hulle na Suid-Afrika terugkeer, het The Times berig. Volgens die berig probeer die familie se regshulp akademici in die VSA oorreed om geloofwaardigheid aan die familie se bewerings te verleen. Die familie wou nie met die media

Lees verder: Die reuk van vrot appels

Helpende Hand-werker verkrag glo seun

‘n Hawelose 12-jarige seun is na bewering verkrag deur ‘n amptenaar van die vakbond Solidariteit se liefdadigheidsarm, volgens ‘n berig wat Vrydag verskyn het. Die kind het sy selfoon gebruik om die verkragting aan te meld. Die insident het glo plaasgevind buite Gordonsbaai by ‘n karavaan wat deur die Helpende Hand Fonds aan die kind

Lees verder: Helpende Hand-werker verkrag glo seun