PRAAG verwelkom uitspraak van Vrystaatse Hooggeregshof oor Afrikaans aan die UV

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) verwelkom die uitspraak van die Vrystaatse Hooggeregshof wat Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van die Vrystaat herstel. “Hiermee is ‘n veldslag gewen, maar in die aangesig van die mees intense haatveldtog teen Afrikaans in die moderne geskiedenis is die oorlog steeds nie gewen nie,” sê dr. Dan Roodt, leier van PRAAG.

Die taalorganisasie is besig om ‘n aantal hofaansoeke teen die Universiteit van Pretoria voor te berei waarin insgelyks gevra sal word dat die afskaffing van Afrikaans op dié kampus as ongrondwetlik en strydig met die volkereg tersyde gestel word.

“Ons moet egter verder gaan,” sê Roodt. “Om telkens die pogings van radikale groepe soos die EFF om Afrikaans uit die weg te ruim, af te slaan, is nie genoeg nie. Die EFF en sy verwante jeugmilisies wat hul op militêre grondslag organiseer, pleeg inderdaad ‘n vorm van terreur teen ruggraatlose universiteitsbesture deur hulle na willekeur polities af te dreig. Om ‘n instelling met geweld of dreigemente van geweld af te dreig, pas die internasionale definisie van terrorisme. Daarom voer ons ‘n stryd teen taalterrorisme op Afrikaanse kampusse.”

Volgens dr. Dan Roodt, wat reeds internasionaal “groot steun vir Afrikaans en die taalstryd” in lande soos Nederland, België, Swede en die VSA gewen het, sal PRAAG nou tot die volgende stap oorgaan en massiewe siviele eise teen universiteite instel. “Ons taalregte is sedert 1994 konstant geskend, veral op kampusse oral in die land. Die totale Afrikaanse taalgemeenskap, waaronder die Afrikanervolk as nasionale minderheid, het skade gely. Jong mense se toekoms is verwoes. Uitgewers en skrywers het skade gely omdat inheemse voorgeskrewe werk nie meer gebruik word nie, maar slegs ingevoerde Britse stof. Dít alles moet onder die loep in die howe kom.

Ook staatsdepartemente is in PRAAG se visier. “Selfs nie eens die Menseregtekommissie kan ‘n mens in Afrikaans te woord staan nie,” sê Roodt. “Dis eenvoudig verregaande en moet nou ophou.”

Terwyl PRAAG waardering vir die Engelse kultuur in Brittanje en die VSA het, meen die organisasie dat Suid-Afrikaanse Engels “reeds lankal ‘n armoedige terreurtaaltjie en bargoens vir polities korrektes geword het”. Dr. Roodt het dit met die Duits van die voormalige Oos-Duitsland vergelyk. “Suid-Afrikaanse Engels is deurspek met marxistiese begrippe en clichés, vandaar dan ook dat dit as ‘n haatmedium teen ons edele Afrikaans ingespan word. Nooit sal ons voor die geprogrammeerde uitwissing van ons taal op universiteit, in skole en in die openbare lewe buig nie,” het hy gesê.

In die aanloop tot GRA-dag, 14 Augustus, die verjaardag van Afrikaans, is dit voorwaar welkome goeie nuus uit Bloemfontein waar D.F. Malherbe eens hard geveg het om Afrikaans as universiteitstaal te vestig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    Hoor hoor!

  • Karel Combrinck

    Dis wonderlike nuus. Maar natuurlik sal hulle aanhou knaag om hulle sin te kry. Die oorlog is steeds nie gewen nie, maar dis heerlik om vir ‘n verandering ‘n veldslag te wen.

  • Maddox1

    Julle dit is goeie nuus, maar die haters van Afrikaans gaan nie ophou nie. Ek sien die geveg in Pretoria oor straat name is toe verloor, so alles sal nou verswart, en die Jode lek weer lippe af van lekkerkry.

  • Danny

    So trots! Duisend dankies Afri-forum!

  • Betzie van Rensburg

    Wonder wat gaan Jonathan Jansen hiervan sê. Hy is skynbaar eerskomende Saterdag die gas op Ontbytsake ( Kyknet 144 . 7:30 – 9:00) waar Dawie Roodt met hom gaan gesels.

  • Ben

    UItstekend. Dit maak eenvoudig nie sin om in gebiede waar daar ‘n konsentrasie is van mense wat ‘n sekere taal besig, soos Bloemfontein en Gauteng, universiteite eenvoudig te wil verengels nie. As inheemse swart rasse te min trots het om hul eie tale op universiteitsvlak uit te bou, moet hulle die Afrikaner uitlos om in vrede sy kultuur verder te ontwikkel.

  • Kalium_Chloraat

    “Ruggraatlose universiteitsowerhede” daar is darem nou vir jou ‘n voltreffer.