Tyd vir ‘n Afrikanerbank is hier!

Deel op

Die African Bank-bankrotskap gaan nie die land se bankstelsel ongeskonde laat nie. Hoewel die banksektor in sy geheel nie aangetas word nie, sal sowel die Reserwebank (dus die belastingbetaler) as die kommersiële banke moet instaan vir African Bank se verlies van om en by R10 miljard. Dít alles gaan uit ons sakke kom, want immers betaal ons almal bankkostes aan die banke.

African Bank leen hoofsaaklik geld aan swart verbruikers sonder enige sekuriteit. Hoeveel van die ander banke is nie ook betrokke by soortgelyke lenings nie? In elk geval het die ANC-bewind oor die afgelope twintig jaar ‘n kunsmatige middelklas van ongeveer 2 miljoen staatsamptenare geskep wat almal oor huis- en motorlenings beskik. Hierdie mense beskik nie oor die vaardighede om in ‘n moderne ekonomie mee te ding nie en is bloot in diens geneem omdat hulle aan die regering se maatstawwe vir regstellende aksie en “transformasie” voldoen.

Hoe lank dié kunsmatige swart middelklas gaan aanhou bestaan, weet nugter. Die oomblik as die staat se finansies onder druk kom, gaan ons ons in ‘n afwaartse spiraal bevind wat sowel die staat se kredietwaardigheid as die banke s’n kan tref.

Geruime tyd reeds bepleit ek dat ons met ‘n klein beleggingsmaatskappy in die buiteland moet begin, wat aanstons tot ‘n Afrikanerbank buite die land se grense kan aangroei. Switserland of Luxemburg sal ‘n geskikte plek vir so ‘n bank wees. Deesdae kan mens aanlyn al jou banksake doen en maak dit nie saak in watter land jou bank gedomisilieer is nie.

Nie net kan so ‘n bank ons fondse veilig hou en bestuur nie, maar dit kan ook deur geld vir nuwe ondernemings in Suid-Afrika te leen, werk vir ons mense skep.

As u in so iets belangstel, vul die vormpie aan die regterkant van dié blad as praag-vrywilliger in of klik hier. Meld op die vormpie dat u in die oorsese beleggingsmaatskappy belangstel, dan vertel ek u hoe dit kan begin.

Dan Roodt

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.