African Bank kos belastingbetaler miljarde

Deel op

Gill Marcus, president van die Reserwebank, sê ‘n konsortium wat die groter banke in Suid-Afrika insluit sal ‘n reddingsboei van R10 miljard aan die beleërde African Bank voorsien.

Die bank sal oopbly vir sake.

Die Reserwebank sal R7 miljard se slegte skuld van die R17 miljard onderskryf.

Dit beteken in wese dat die belastingbetalers sal moet opdok vir swartmense se skuld.

Marcus sê die “invordering van lenings sal voortgaan om enige koste vir die belastingbetaler te vermy”.

Die konsortium bestaan uit Absa, Capitec, FirstRand, Nedbank en Standard banke en sluit ook die Openbare Beleggingskorporasie in. Die banke het ingespring om die beeld van Suid-Afrika se sterk banksektor in ere te hou.

Vroeër het Marcus aangekondig dat die African Bank onder onmiddelike kuratorskap geplaas word. Die besluit is geneem na samesprekings met die Minister van Finansies.

African Bank se “goeie bank” wat alle deposito’s en invorderbare lenings insluit, sal herkapitaliseer word met ’n regte-uitgifte van R10 miljard wat gesamentlik deur Suid-Afrika se grootste banke onderskryf gaan word. African Bank het ’n leningsboek van R26 miljard as die swak skuld uitgesluit word.

Die Reserwebank het tot dusver agter die skerms probeer om African Bank Investements Limited (Abil) om te keer.

Abil se blootstelling aan Ellerine Holdings word uitgesonder as ’n faktor wat die bank blootstel aan miljarde se slegte skuld.

“Die probleme wat African Bank teister, kan, na ons mening, grootliks aan hul huidige sakemodel toegeskryf word, wat nie ’n gediversifiseerde stel produkte en inkomstestrome insluit nie, en ook nie transaksionele bankdienste insluit nie. Dit het African Bank en Abil as geheel uniek kwesbaar gemaak vir ’n veranderende of uitdagende sake-omgewing, soos wat tans heers.”

Die Reserwebank plaas African Bank in kuratorskap, wat onmiddellik van krag is. Die direksie van Abil het dit nie teengestaan nie, sê Marcus.

’n Hulplyn gaan geskep word vir kliënte met navrae.

Die kuratorskap gaan probeer verseker dat African Bank se bedrywighede voortgaan en dat die invorderbare lenings en bates in ’n “goeie bank” volgehou word.

Wat die herkapitalisering van R10 miljard betref, gaan bestaande aandeelhouers die kans kry om daarin te deel.

“Die maatstawwe wat geneem is, is, na ons mening, in die beste belang van alle belanghebbendes, insluitend deposante, aandeelhouers, krediteure en kliënte,” sê Marcus.

Marcus lê klem daarop dat African Bank se bedrywighede sal voortduur.

Marcus sê dat spaargeld by African Bank veilig is. Kleinhandeldeposante verteenwoordig minder as 1% van African Bank se krediteure.

Die geld gaan nié gevries word nie en sal ook nie verlore gaan nie en mense sal steeds rente daarop verdien. Hulle het volle toegang tot hul geld “in die gewone gang van sake”.

Die plan is dat die houermaatskappy van die goeie bank mettertyd op die JSE genoteer word.

Die kurator gaan na verwagting die betaling van alle rente opskort, met die uitsondering van gewone deposante.

Marcus sê die Reserwebank is “geweldig bemoedig deur die aktiewe en toegewyde reaksie van die private sektor om ons vennote te word in ’n soeke na ’n oplossing vir African Bank”.

“Die rol van die banktoesighouers is om alles moontlik te doen om te verseker dat Suid-Afrika se banke voldoende kapitaal, likiditeit en hefboomkoerse het, sowel as gesonde beheer en toepaslike beleid.”

Duidelik het die ideologiese projek wat African Bank is tot hier gevorder sonder die Reserwebank se toesig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.