Mbalula hou aan om SARU af te dreig

Deel op
Fikile Mbalula
Fikile Mbalula

Die ANC se planne om sport verder te verswart met hul nuutste kwota-reëls, is steeds op die kaarte, maar sal nie voor Mei gebeur nie.

Die minister van sport hou vol dat hulle sal optree teen “ongetransformeerde” spanne.

Gert Oosthuizen, oud-Broeder en die adjunk-minister, is ‘n lid van die Strategiekomitee in die parlement vir die ANC, en is doodstil oor die jongste anti-wit dreigemente.

Die teiken is ook van toepassing op sportsoorte se bestuurs- en administrasiestrukture.

Fikile Mbalula, die voortvarende minister van sport, en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Maandag kopgestamp oor die persentasieregstelling van swart spelers op nasionale vlak.

Ná ‘n vergadering van drie ure lank tussen die departement van sport by Saskok se hoofkantoor in Olympic House, Johannesburg en die vyf grootste sportbeheerliggame, het die ANC begin terugkrabbel oor die tydskaal.

Maar Mbalula het volgehou dat al vyf unies aan sy transformasieteiken onderwerp word om te verswart.

Mbalula het verlede week gesê nasionale spanne sal uit 60% swart spelers moet bestaan voor die nuwe regering in Mei in werking tree.

Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, sê hy sal graag saam met die regering werk om transformasie in rugby te bevorder.

Roux weet goed, net soos wit rugby-kykers, dat alhoewel die blokkaartjieverkope by wedstryde deur maatskappye gedek word wat transformasie wil aanmoedig, die DStv-betaalkanaal sal ondergaan as rugby moet verswart.

Wit rugby is die DStv se gans wat die goue eiers lê en Mandela se destydse verskyning in die groen trui was kennelik die enigste verswarting wat Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers in gedagte gehad het.

“Hopelik stem ons almal saam om ’n sinvolle plan te bedink,” het Roux aan Beeld gesê. Die “sinvolle plan” waarna Roux verwys, is duidelik een of ander truuk om die verswarting van rugby effens langer uit te stel om DStv te red.

Mbalula het glo by die vergadering te kere gegaan oor die “mantel van oneerlikheid” van sekere wittes wat beloftes maak, maar te min doen om te verswart.

Hy het verlede week verklaar dat sportsoorte wat weier om te transformeer, verbied sal word om aan internasionale kompetisies deel te neem.

Mbalula het met verwysing na Naspers gesê “die media is ’n spul losers” wat sensasie soek oor transformasie.

Dit lyk dus asof Mbalula nie beïndruk is met Naspers se stadige tempo van verswarting nie, ten spyte van die mediamonopolie se volgehoue verbintenis daartoe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.