Dit borrel in ons Britse Bantoestan

skoppensboer

deur Skoppensboer

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Die moles wat Boer, Brit en Bantoe in Suid-Afrika maak, is vir Skoppensboer tragies. Veral as ons kyk na plaasmoorde, korrupsie, riool in die riviere en ultraviolet tolpunte wat saans op die snelweë glim om my en jou sente uit ons sakke te suig soos buiteaardse wesens wat in ons slagare intap.

Skoppensboer is geen wafferse Boer of selfs boer nie. Sy kennis van landbou is beperk tot die plant van konifere of struike in ‘n voorstedelike tuin. Afrikaanssprekende boere met ‘n kleinletter is ook die enigste mense waar Skoppensboer van weet wat in die onlangse verlede vrywillig tot grondhervorming via hul verteenwoordigers by die landbou-unies toegestem het. Moontlik is hulle self moeg vir boer en verlang na ‘n stedelike leefwyse waar hulle oor die jongste opera of dié seisoen se manskoene kan gesels. In elk geval lyk dit asof die regerende Bantoeparty hulle binnekort gelyk gaan gee en van die bekommernisse van reën, peste en die stygende dieselprys gaan verlos. Dis nou as Malemmer se vegtende ekonome nie eerder aan bewind kom en sommer eensklaps ‘n einde aan enige verdere mielie-oeste maak nie.

Die verskillende kultivars van boere met of sonder hoofletter is, soos gesê, vir Skoppensboer omtrent so duister soos die verskillende soorte pere wat ‘n mens in die groentewinkel aantref. Nietemin het hy simpatie vir daardie minderheid boere wat nog nie by die vegtende ekonome aangesluit of al biddende soos by Mekka op daardie Engelse aartappelboer se plaas neerkniel om vir ‘n beter vorm van multikulturalisme te bid nie.

Gepraat van Engelse boere of Boere, is dit nou een spesie wat Skoppensboer nie voor sy oë kan verdra nie. Die enigste reël in die oeuvre van Breyten Breytenbach wat die moeite werd is om aan te haal, is waar hy skryf oor sy vreugde om bokant Engeland in ‘n vliegtuig te gaan urineer. Dit staan op bladsy 34 van die tweede uitgawe van sy Katastrofes en onder die titel “calamity gulch (engelse gedagtes)” skryf hy:

Een van my ideale was nog altyd om op die een of ander wyse die eentonige verloop van die alledaagse in Londen te ontwrig. Ek sou graag die stad vanuit ‘n vliegtuig in die lug wou bemors… Dus wag ek maar totdat ons bo Londen vlieg en gaan urineer dan met ‘n duiwelse behae: ek reën oor die voorstede. Mag die hoë swawelinhoud van my water julle rooigeblikte krismisrose vergiftig.

Feit is dat ‘n mens nie meer Londen toe hoef te gaan om ‘n wrewel in Engelse te ontwikkel nie. Suid-Afrika het nou so Engels geword dat Londen as’t ware daarby afsteek. Waarskynlik is daar deesdae meer Pole en Pakistani’s in Londen as Engelse, dus sal ‘n mens eers ‘n geopolitieke ontleding moet doen alvorens jy doer in die lug in ‘n vliegtuig die ketting trek.

Leon Lemmer skryf juis oor die Engelse satirikus Arthur Keppel-Jones wat ‘n katastrofe vir Suid-Afrika onder Afrikanerregering voorspel het. Toe nou nie. Ons moes wag vir Bantoeregering alvorens dinge regtig beroerd sou raak.

Nou lees Skoppensboer iewers dat RW Johnson, nog ‘n skrywende Engelsman, kwytgeraak het dat die hele Suid-Afrika deesdae soos ‘n Bantoestan geword het. ‘n Mens sien dit aan al die vername Bantoes met blouligkonvooie wat op die tolpaaie rondjaag en aan die casino’s op elke straathoek wat ‘n groot deel van ons hedendaagse ekonomie verteenwoordig. Maar wat Johson nie sê nie, is dat die nuwe Suid-Afrika juis ‘n baie Britse Bantoestan geraak het. Almal praat Engels en verbeel hulle dat hulle familie van die Britse koningsgesin is. Selfs al is hulle swart. Soos ons weet, is ras egter net ‘n sosiale konstruk en daarom kon die WIndsors van Buckingham-paleis en prins Herrie met sy wortelkleurige hare ewe seer swart gewees het. Die verskil tussen ‘n Brit en ‘n Bantoe is net ‘n manier van sien.

Herrie ontmoet aartsbiskop Toetoe In Westminster-abdy
Herrie ontmoet aartsbiskop Toetoe In Westminster-abdy

Vandaar dus die matelose bewondering wat alle Britte vir die grootste Bantoebandiet van alle tye, Nelson Mandela, koester. So pas ‘n week of tien dae gelede het die hele Britse heersersklas, waaronder die huidige en vorige eerste ministers, asook die einste wortelhaar-Herrie, ‘n gedenkdiens in Westminster-abdy ter ere van die grynslaggende Nelson bygewoon. ‘n Gedenksteen gaan blykbaar vir die tuislandleier uit Bantoestan Suid-Afrika iewers in die abdy ingemessel word.

Iets wat Skoppensboer nog nooit kon verstaan nie, is waarom Engelse so teen tuislandonafhanklikheid gekant was as hulle reeds lank voor Verwoerd of Vorster onafhanklikheid aan Lesotho, Swaziland en Botswana toegestaan het. Dit lyk asof Bantoestans, veral van die onafhanklike tipe, altyd ‘n goeie idee is, behalwe waar hulle deur Boere tot onafhanklikheid gelei word. Dan is daar iets fout.

Constantia in die Kaap is ‘n Britse oblast wat seker “vir ewig Engeland” sal wees, soos een of ander van hul digters geskryf het. Intussen wankel ons Britse Bantoestan erg tussen Brits en Bantoe en van die een dag tot die volgende weet jy nie of hulle môre Oom Kosie Sukkel in Afrika of God Seën die Koningin gaan sing nie.

Terwyl die Britse media steeds gal braak oor Afrikaners, kan hulle mos niks verkeerds sien met Bantoeregering nie en selfs Vader Jacob word oorkant die Mou as ‘n genie van ware staatsmanskap beskou.

Trouens, dis toenemend moeilik om die verskil tussen Britte en Bantoes te sien. Al onderkskeid wat Skoppensboer raaksien, is dat die Britte groter bedrae geld op ‘n slag van ons steel.

Verder is hulle soos vinkel en koljander, met ‘n gemeenskaplike taal.

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.