Afrikaner-aktivis lê beslag op 80 rekenaars by SA Polisiehoofkantoor

'Met trane in sy helder blou oë' lê Jaap Kelder op die rekenaars in die SA Polisiehoofkantoor beslag
‘Met trane in sy helder blou oë’ lê Jaap Kelder op die rekenaars in die SA Polisiehoofkantoor beslag

Mnr. Jaap Kelder, die verbete munisipale aktivis en voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie, het so pas op 80 rekenaars in Wachthuis, die polisie se hoofkantoor in Pretoria, beslag gelê. Die beslaglegging kom nadat ‘n polisievoertuig in April 2007 in die motor van mev. Elke Kelder, Jaap se gade, vasgery het.

Die hof het mev. Kelder gelyk gegee dat dit die polisie se skuld was en dat sy op R10 800 skadevergoeding geregtig was. Maar intussen het die polisie gesloer om uit te betaal en daarom het mnr. Jaap Kelder reeds verlede jaar ‘n beslagleggingsbevel namens sy vrou teen die polisie se rekenaars verkry.

Intussen het die polisie egter weer probeer om ‘n hofsaak te maak, maar dit is met koste van die hand gewys.

Mnr. Jaap Kelder sê: “Intussen het een of ander slimkop besluit dat hulle sal my prokureurskoste betaal maar dat dit eintlik my skuld was en ek in die polisie voertuig vasgery het. Die saak het verlede jaar weer in die hof gedraai maar op die verhoordatum was die polisie se regsverteenwoordiger nie eers teenwoordig nie.   Hulle saak is toe met koste van die hand gewys.”

Kelder is nou vasbeslote om die polisie se rekenaars te verkoop. “Nou is daar weereens op die polisierekenare beslag gelê en hierdie keer gaan hulle betaal of die rekenare sal verkoop word,” sê hy.

“Die aanvanklike skade was ‘n raps oor die R 10 000 terwyl die huidige getakseerde bedrag reeds R 22 000 beloop en die vermorste regskoste, wat reeds betaal is, meer as R 13 000 beloop het.

“Nou vra ek met trane in my helder blou oë hoe ‘n land vooruit kan gaan met sulke kabouters in beheer?”

28 thoughts on “Afrikaner-aktivis lê beslag op 80 rekenaars by SA Polisiehoofkantoor”

  1. Mnr Kelder, u is ‘n man waarop ons baie trots is! U het deursettingsvermoë en dat u nie tou opgegooi het nie, is ‘n voorbeeld vir baie van ons. Mooi gedoen daar! ‘n Mens moet eintlik die skuldige polisiebeamptes ry tot by oom Daantjie in die kalwerhok.

      1. Stem saam … forensiese ondersoeke van die rekenaars kan BAIE insiggewend wees! 10/10 vir Jaap – dalk Kelder hy nog baie van die ANC se toekomsplanne met die aksie!

        Ek is oortuig dat daar heelwat Praag lesers is wat met die soek van inkriminerende inligting kan help (ek sluit myself in die brigade in, want dis binne my ervarings-veld).

  2. Dag Mnr. Kelder.
    Absoluut volpunte vir u. Laat dit ‘n les vir hulle wees. Natuurlik het hulle gedink dat hulle met Jaap Kelder kan maak wat hulle wil, en toe hulle rieme styf geloop.

    En daar gaan nog vele meer gevegte wees wat hierdie kabouters gaan verloor.

  3. Bravo Mnr Kelder met die helder blou oë – dis soos dit gedoen moet word.

    Ek stem, ry hulle tot by oom Daantjie in die kallerhok – (terloops, die uitdrukking verteenwoordig een van daardie persone in ons Afrikaanse spreekwoordeskat wat onbekend is en waarskynlik onbekend sal bly.) – tog so van toepassing in hierdie geval.

    Verder glo ek Mnr Kelder sal verseker die rekenaars laat ondersoek, die uitkoms kan nogal van veel waarde wees !

  4. Mnr Jaap Kelder n man wat se wat hy doen – en doen wat hy se.

    U is vir almal n voorbeeld van hoe ons trotse Afrikaners weer behoort te wees. Baie dankie vir u toegewyde en daadwerklike ingeligte raad en hulp aan al ons verbruikers van vernielde munisipaliteite. Mag u van sterkte tot sterkte gaan.

  5. Konserwatief bereken, is daardie rekenaarsseker niks minder as ‘n half miljoen werd nie.
    En die inligting daarop is van onskatbare waarde. Die polisie sal seker nou ‘n saak oopmaak van besit van staats geheime inligting.
    Maar soos ek vir Mnr Jaap Kelder ken, sal daar nog oorlog gevoer word voordat hierdie saak vergete gaan wees.
    Jaap Kelder wen nie altyd nie, maar hy het nog nooit verloor nie.

  6. Ek twyfel of daar inligting van waarde op die Polisie rekenaars gevind sal word. Miskien ‘lunch specials’, ‘desk pillows for a good day’s sleep at work’, ‘earning without having to work tips’, ‘being a good communist’, ‘how to ignore the Boere’, ‘shoot the Boer – kill the farmer, we can import food with Boer tax money’, ensomeer.

  7. Dit is eintlik jammer dat hy rekenaars op beslag gele het – moes liewers al hulle meubels gevat het want rekenaars het eintlik geen tweedehandse waarde nie – maar nogtans baie geluk aan die oom.
    Sou wou sien hoe sit hulle op die vloer voor hul rekenaars! haha

Maak 'n opvolg-bydrae