Frankryk se Nasionale Front gaan Madonna dagvaar nadat sy beeldmateriaal van partyleier Marine Le Pen met ‘n swastika bo op haar gesig by ‘n konsert in Parys Saterdag vertoon het, het ‘n amptenaar van die party gesê. Die video wat op ‘n groot skerm vertoon is, is reeds gebruik op die ander bene van die
Nasionaliseer Sasol, sê SAKP
Die petrochemiese maatskappy Sasol moet genasionaliseer word of onderworpe wees aan ‘n superbelasting op sy winste, het die SAKP aan die einde van sy vier-dag nasionale kongres gesê. Die party het ook besluit dat militêre personeel in ontwikkelingsprojekte regoor die land gebruik moet word. Die SAKP se adjunk-sekretaris-generaal Jeremy Cronin het gesê dit kos Sasol
Ping verloor op ras
Afgevaardigdes van Suider-Afrika was uitgelate na die nuus dat Suid-Afrika se minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, Jean Ping as die nuwe voorsitter van die AU-Kommissie vervang het. Haar kandidatuur is gesteun deur swart Afrikalande wat klaarblyklik nie omgee vir wit ekonomiese mag nie. Dit maak Dlamini-Zuma die eerste kandidaat van Suider-Afrika en die eerste
Waarheen?
As ek so deur al die berigte lees in die koerante en op die sosiale media dan wonder mens onwillekeurig: Waarheen? Almal wil sê dat ons moet aanpas, of soos die Dinosaurus uitsterf. Ek wil egter die teendeel vandag beweer. Indien ons sou saamwerk en alles doen wat die liberale pers en ander aanbeveel, dan
Gee selfbeskikking vir die wat vra
In Suid-Afrika is daar deesdae drie soorte groepe, naamlik die Sosialis/Kommunis, die “Kom ons maak saam Suid-Afrika ‘n beter plek”-groep en die Selfbeskikkingpersoon. Soos ons weet, is die SAKP en die ANC-Jeugliga die voorbokke vir die nuwe Sosialistiese/Kommunistiese Suid-Afrika waar die rykdom aan almal uitgedeel word, veral die armes. Die “Kom ons maak saam Suid-Afrika
Moet ek maar die handdoek ingooi?
Nou Vrydag het ek ‘n onverwagse besoek van die balju gehad. Media24, Leopold Scholtz en Christo van der Rheede wil op my bates beslag lê. Om hul regskoste van ons vorige lastersaak te verhaal, gaan hulle waarskynlik poog om my te sekwestreer en my huis onder my uit te verkoop. Dis nou volgens die balju.
12 wat skool afbrand vas
Agt vroue en vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering klaskamers aan die brand gesteek het gedurende ‘n betoging oor dienslewering in Bona-Bona, het die polisie Saterdag in Noordwes gesê. Brig. Thulani Ngubane het gesê die 12 mense sal van brandstigting, openbare geweld en opsetlike eiendomsbeskadiging aangekla word. Hulle het glo Woensdag
‘n Uitgekontrakteerde buitelandse beleid
Afrikaners se rol en posisie binne Suid-Afrika is ten minste die laaste 20 jaar doelgerig ondergrawe deur die onderhandelaars van Kodesa – met die hulp van die monopolistiese media – in die naïewe geloof dat ‘n swart “demokraties verkose” regering in toom gehou sal word deur ‘n uitgekontrakteerde buitelandse beleid, en dat ons op een
Boer gewond in jongste plaasaanval
Drie aanvallers wat ‘n boer gewond toe hulle by Tarentaal buite Tzaneen in Limpopo op hom geskiet het, is nog op vrye voet. Moatse Ngoepe, ‘n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het by ‘n hoenderplaas opgedaag en ‘n werker vasgebind. Hy is glo aangerand het, het RSG berig. Die radiostasie berig die 46-jarige boer het ‘n
Uiterste koue in 5 provinsies verwag
Vyf provinsies is gewaarsku om uiters koue toestande die naweek te verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, suidelike Vrystaat en KwaZulu-Natal. Volgens die waarskuwing sal ‘n afgesnyde laagdrukstelsel en kouefront vandag oor die land inbeweeg, wat bitter koue toestande, swaar reën, sneeu en sterk wind tot gevolg sal hê.
