Lulama Mokhobo is as die SAUK se nuwe groepsuitvoerendehoof aangestel, het die kommunikasieministerie Maandag gesê. “Ná ‘n aanbeveling deur die raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, het die minister van kommunikasie, Dina Pule, haar gedagtes gefokus en is bly om die aanstelling van me. Lulama Mokhobo as die groepshoofuitvoerendebeampte van die SAUK aan te kondig,” het
China se internetgebruikers styg tot 513 miljoen
‘n Bedryfsgroep sê China se aantal internetgebruikers het die afgelope tyd bokant 500 miljoen gestyg en groei steeds sterk. Die China Internet Network Information Center het Maandag gesê die vasteland se getal internetgebruikers staan op 513 miljoen in Desember, 12 persent hoër as ‘n jaar tevore. China se kommunistiese regering bevorder internetgebruik vir sake en
Lees verder: China se internetgebruikers styg tot 513 miljoen
SA, Kuba sluit militêre verdrag
Suid-Afrika en Kuba het verlede Dinsdag ‘n memorandum onderteken om ‘n stempel te plaas op die samewerking tussen die twee lande se weermagte, het ‘n woordvoerder gesê. Die minister van verdediging, Lindiwe Sisulu, het die samewerkingsverdrag met Ulises Rosales del Toro, die vise-president van Kuba se Raad van Ministers, onderteken, volgens die ministerie van verdediging
Vrae bly na adjunkminister se skokbedanking
Die adjunkminister van Ekonomiese Ontwikkeling, Enoch Godongwana, het uit sy posisie bedank om na persoonlike belange om te sien, het die presidensie Sondag gesê. Mac Maharaj, woordvoerder, het gesê Godongwana se laaste werksdag sal Maandag wees. “Die President het die bedanking aanvaar en die adjunkminister bedank vir sy toegewyde diens binne sy portfolio en die
Zuma se broerskind in DRK vir olie
Twee maatskappye wat aan die sakeman Khulubuse Zuma behoort, boor vir olie in die Demokratiese Republiek van die Kongo, berig die Sunday Times. Hy is president Zuma se broerskind. Zuma jnr. se maatskappye, Caprikat and Foxwhelpm is in die Britse Maagde-eilande geregistreer en het volgens die Britse waghond-groep in die oliebedryf, Platform, in die ooste
ET se buurman sterf in plaasaanval
‘n Boer en sakeman in die omgewing van Ventersdorp, Dries du Toit (56), is Saterdag in die vroeë oggendure in sy huis met ysters doodgeslaan in die jongste plaasmoord. Die plaas van die vermoorde is reg oorkant dié van die AWB-leier, Eugène Terre’Blanche, wat in April verlede jaar op soortgelyke wyse vermoor is. Du Toit
Haai-aanval eis branderplankryer
‘n Vyf-en-twintig-jarige man is Sondag by Port St. Johns se Tweede Strand deur ‘n haai doodgebyt, het die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement gesê. “Vanmiddag [Sondagmiddag] is ‘n swemmer van Port St. Johns deur ‘n haai aangeval. Hy het ongeveer vyf minute lank met die haai gestoei deur sy branderplank te gebruik,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder, gesê. “‘n
Vier vas oor plofstof, wapens
Vier mans is in Linden, Johannesburg, in hegtenis geneem vir die besit van plofstof en onwettige vuurwapens, het die polisie Sondag gesê. Volgens kapt. Pinky Tsinyane is die mans, tussen die ouderdomme van 27 en 53, Vrydag naby ‘n winkelsentrum in hegtenis geneem. Twee van die mans het volgens Tsinyane by ‘n winkel ingegaan, terwyl
Dink ‘n slag
Geen ANC-president het nog ooit ‘n gemengde huwelik gehad nie. Die les hieruit te leer, is dat swartes hoë agting vir hul eie en hul eie tradisies het. Boesak het nie ver in ANC gekom met sy wit vrou nie. Sexwale of Manuel gaan ook nooit president word nie. Die les, wit vroue trou vir
Die Burger se rassistiese Rottweilers
So pas het die Persombudsman bevind dat sowel Die Burger as Beeld die perskode oortree het in beriggewing deur Elmari Rautenbach oor my sogenaamde “toe-eiening” van die Afrikaanse skrywersorganisasie Pretoria-PEN. In die onlangse tyd hou Die Burger vol dat hy en sy rubriekskrywers oor die volste reg – kwansuis “in die openbare belang” – beskik
