Mac Maharaj, woordvoerder, het gesê Godongwana se laaste werksdag sal Maandag wees.
“Die President het die bedanking aanvaar en die adjunkminister bedank vir sy toegewyde diens binne sy portfolio en die Nasionale Uitvoerende Komitee in geheel,” het hy in ‘n verklaring gesê.
Godongwana is ‘n lid van die ANC se Ekonomiese Transformasiekomitee.
Hy was voorheen die adjunkminister van Openbare Ondernemings en het gedien as ‘n lid van die provinsiale wetgewer in die Oos-Kaap.
President Jacob Zuma het gesê Godongwana se werkservaring en kundigheid sal nie heeltemal verlore wees aan die publiek nie, aangesien dit aangewend sal word in die nastreef van die doel van betekenisvolle ekonomiese transformasie.
Thandiwe Godongwana, ‘n direkteur van die Canyon Springs, word daarvan beskuldig dat sy R93-miljoen van Trilinear Capital, wat vyf voorsorgfondse vir Sactwu bestuur, vervreem het. Baie van die kontant is oorbetaal deur Trilinear voordat ‘n leningsooreenkoms onderteken is.
Canyon Springs moes die lening terugbetaal binne drie jaar, maar het nie. Dit beteken 15 000 Sactwulede sit nou sonder pensioen.
Die Kaapse hooggeregshof het ‘n voorlopige likwidasie van Canyon Springs in Junie toegestaan.
Die egpaar ssal weer op 27 Januarie verskyn.
Godongwana het gister gesê sy bedanking het niks te doen met sy sakebelange nie. Hy sê hy het dit nie met die ANC-bestuur bespreek nie.
In 2008 is Godongwana, ‘n voormalige LUR vir ekonomiese sake in die Oos-Kaap, beskou as die voorloper vir adjunk-minister van finansies, vóór Pravin Gordhan.
In 2005 Godongwana was in ‘n ander skandaal betrokke toe die destydse Oos-Kaapse premier Nosimo Balindlela aangekondig het dat ‘n ondersoek na korrupsie en wanadministrasie in die provinsie gedoen sal word.
