Haai-aanval eis branderplankryer

‘n Vyf-en-twintig-jarige man is Sondag by Port St. Johns se Tweede Strand deur ‘n haai doodgebyt, het die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement gesê.

“Vanmiddag [Sondagmiddag] is ‘n swemmer van Port St. Johns deur ‘n haai aangeval. Hy het ongeveer vyf minute lank met die haai gestoei deur sy branderplank te gebruik,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder, gesê.

“‘n Branderplankryer wat langs hom was tydens die gebeure het gesê die man was baie dapper om teen die haai te veg. Ongelukkig het hy ernstige beserings aan sy arms en bors opgedoen,” het hy gesê.

‘n Tweede ooggetuie het ander swemmers gewaarsku om die water te verlaat.

“‘n Dokter wat ook in die water was, het probeer om die branderplankryer se lewe te red, saam met paramedici wat by die strand aangekom het. Die man is op pad na ‘n plaaslike gesondheidsentrum oorlede.”

“Tweede Strand is berug vir haai-aanvalle en sover ek weet is daar geen nette daar nie,” het Kupelo gesê.

прокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae