Vier vas oor plofstof, wapens

Vier mans is in Linden, Johannesburg, in hegtenis geneem vir die besit van plofstof en onwettige vuurwapens, het die polisie Sondag gesê.

Volgens kapt. Pinky Tsinyane is die mans, tussen die ouderdomme van 27 en 53, Vrydag naby ‘n winkelsentrum in hegtenis geneem.

Twee van die mans het volgens Tsinyane by ‘n winkel ingegaan, terwyl die ander twee in die motor gewag het.

Die polisie het gesien daar was geen nommerplaat op die motor nie en het die voertuig deursoek. Hulle het die plofstof gevind en later twee ongelisensieerde vuurwapens by die ander twee mans gevind.

Die mans sal na verwagting Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

топкарго

Maak 'n opvolg-bydrae