Polisie skiet seun dood

Twee Vrystaatse polisiemanne word vir moord ondersoek nadat hulle glo ‘n 16-jarige seun doodgeskiet het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat Maandag gesê.  Volgens Moses Dlamini, OK-woordvoerder, het die twee konstabels Saterdag glo na Chris Hani Park gery om vir ‘n vermeende aanvaller te soek. Die verdagte het glo weggehardloop toe hy die polisie sien. Daar word

Lees verder: Polisie skiet seun dood

UV moet konsekwent optree oor ontgroeningsvideo

Die VF Plus-jeug in die Vrystaat het vandag met skok gereageer oor die nuutste diskriminerende ontgroeningsvideo wat by die Universiteit van die Vrystaat die lig gesien het.  In hierdie video word die ontgroening van wit huiskomitee-lede in Huis Villa Bravado gewys.  “Die VF Plus-jeug veroordeel die UV-bestuur vir die wyse waarop hul hierdie aangeleentheid hanteer het

Lees verder: UV moet konsekwent optree oor ontgroeningsvideo

Vuurpyle tref Israel se Eilat-hawe

‘n Vermoedelike kortafstandvuurpylsalvo vanuit die Egiptiese Sinaï, ‘n gebied waar Islamitiese militantes in die verlede aktief was, het Israel en Jordanië se Rooi See-hawens Maandag getref, het die Israeliese polisie gesê. Daar was geen nuus oor ongevalle in die Israeliese hawe van Eilat nie, het die distrikshawehoof Moshe Cohen gesê en bygevoeg dat sy magte

Lees verder: Vuurpyle tref Israel se Eilat-hawe

Herrie se kerrie: Saamkuier voor die Aga

‘n Kaggel waar ‘n vuurtjie lekker knetter en kraak is so sinoniem met ‘n Vrystaatse boereplaas. Op sommige plase is nog regte ou Aga-stowe, wat nog sulke kenmerkende reuke deur die opstalle laat trek, afhangende van waarmee die vuur gestook word. Die vuur van droë mieliestronke, antrasiet en die hout van doringbome het elk sy

Lees verder: Herrie se kerrie: Saamkuier voor die Aga

Wat om uit Nederland en België se regeringsamestelling te verwag

Nederland se vervroegde algemene verkiesing het reeds byna twee maande gelede – op 9 Junie – plaasgevind, en die Belgiese kort hierna. Beide is gekenmerk deur die sterk opkoms van wat in Suid-Afrikaanse terme as regse partye beskou kan word. In die geval van Nederland, die opkoms van Gert Wilders se PVV, en in België

Lees verder: Wat om uit Nederland en België se regeringsamestelling te verwag

Landbou en die Reitz-4

Twee skynbaar onafhanklike gebeurtenisse die afgelope week het weer onderstreep hoeveel rassespanningsvlakke in die land bestaan. Pas het ‘n nasionale beraad in Somerset-wes afgeloop waar Agri SA uitgestap het. Ook die strafsaak van die Reitz-4 het afgeloop. Beide is erg deur rassevooroordeel beïnvloed. Agri SA het uitgestap nadat, volgens Agri SA, hul insette geïgnoreer is

Lees verder: Landbou en die Reitz-4

Afrika wil skoon water hê, maar nie beter bestuur

Die uitvoerende sekretaris van die Afrika Ministeriële Raad oor Water, Baai-Mass Taal, sê Afrika moet jaarliks 20 miljard dollar belê om toegang tot water en sanitasie aan sy mense te verbeter en aan sy milleniumdoelwitte te voldoen. Die Raad het nie die ineenstorting van dienste, en veral die agteruitgang van toegang tot skoon water, wat

Lees verder: Afrika wil skoon water hê, maar nie beter bestuur

Swart studente vaar uitstekend in… Kuba

Universiteite behoort hulle toelatingsvereistes vir studente wat medies wil studeer aan te pas, sodat Suid-Afrika meer dokters kan oplewer, het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, gesê. Sy het by ‘n plegtigheid in Durban gepraat tydens die 60ste herdenking van die Univerisiteit van KwaZulu-Natal se Mediese Skool. Dlamini-Zuma sê studente wat keuring by Suid-Afrikaane instellings

Lees verder: Swart studente vaar uitstekend in… Kuba