praag.co.za

Landbou en die Reitz-4

Written by

in

Twee skynbaar onafhanklike gebeurtenisse die afgelope week het weer onderstreep hoeveel rassespanningsvlakke in die land bestaan.

Pas het ‘n nasionale beraad in Somerset-wes afgeloop waar Agri SA uitgestap het. Ook die strafsaak van die Reitz-4 het afgeloop. Beide is erg deur rassevooroordeel beïnvloed.

Agri SA het uitgestap nadat, volgens Agri SA, hul insette geïgnoreer is in die konsep-dokument wat veronderstel was om die produk te wees van nege provinsiale berade, waar Agri SA se filiale insette gelewer het. In plaas van die insette is die dokument deurspek van die geykte boere-“bashing” waaraan regeringswoordvoerders, vakbonde, NRO’s en selfs joernaliste soos Zelda Jongbloed hulle skuldig maak.

Die feite op die tafel is dat Agri SA by herhaling die bewyse vir wanpraktyke aanvra maar nie daarvan voorsien word nie. Enkele jare gelede het Agri Wes-Kaap, saam met die provinsiale departement van Landbou, destyds onder die minsiterskap van Kobus Dowrey, ‘n lang ondersoek gedoen. Meer as tagtig gevalle is gerapporteer en ondersoek, en twee boere is selfs strafregtelik aangekla en het in die hof verskyn. Na afloop van die proses is wedersyds erken dat al die bewerings vals was. Ook die destydse Vrystaatse Premier, Winky Direko, het ‘n peperduur openbare ondersoek laat doen, en groot getalle plaaswerkers is onder meer teen groot koste aangery. Dié verslag se bevinding is nooit bekend gemaak nie, maar volgens lekkasies kon ook niks bewys word nie.

Die feite ter hand beïnvloed egter nie die voed van persepsies nie.

Uiteraard is daar gevalle waar boere sleg met hul plaaswerkers werk. Maar om dit as norm voor te hou, is doodgewoon kwaadwillig.

Intussen is die Reitz-4 met R20 000 beboet en het ook ses maande gevangenisstraf, opgeskort, ontvang. Dié strawwe vonnis het gekom ten spyte daarvan dat die vier skuldig gepleit het op ‘n grondslag van verminderde aanspreeklikheid, naamlik dolus eventualis. Dit beteken in effek dat die oortreder kon voorsien het dat daar ‘n vae moontlikheid kan wees dat iets wat wettig gedoen word, ‘n onbedoelde onwettige newe-effek kon hê. Dié pleit is deur die staat aanvaar en onder meer is die aanklag dat in ‘n mengeldrankie geürineer is, onttrek. Die vier het uit die staanspoor laat blyk dat dit Oros is wat in die drankie geplaas is. Desnieteenstaande het die landdros by vonnisoplegging die urine-voorval as verswarend in die vonnis verklaar.

Die feit dat die slagoffers getraumatiseer is, hou grootliks daarmee verband dat dit deur ander mense en instansies wêreldwyd versprei is – dikwels in ‘n gedokterde vorm wat dit erger gemaak het,. Hieraan was die vier onaandadig. Hulle het bloot die video vir ‘n in-huis-funksie, en die metgeselle die aand, gemaak.

Die boetes is maar die oortjies van die seekoei vergeleke met die straf wat die vier reeds weg het. Trouens, daar is kollektiewe straf toegepas en die koshuis is gesluit. Boonop moet die vier nog voor die gelykheidshof verskyn. Ingevolge die gemeenregtelike beginsel, bekend as “double jeopary”, is dit ongehoord dat iemand twee maal vir dieselfde oortreding vervolg word. Weliswaar geld dit nie waar iemand voor ‘n strafhof teregstaan, en dan sivielregtelik aanspreeklik gehou word nie, maar die gelykheidshof is geen klassieke siviele hof nie.

Die les is dat die anti-wit rassesentiment herhaaldelik deur die ANC uitgebuit word, en dat dit die grondliggende beginsel van enige geregtigheid ondermyn. En dit gaan waarskynlik nie binnekort ten goede verander nie.

In die geval van landbou, het pogings tot samewerking, letterlik hordes dokumente deur die georganiseerde landou opgestel met voorstelle gebaseer op navorsing om knelpunte op te los, skynbaar nog nie ‘n aks indruk gemaak op persepsies nie. In die Reitz-geval moes ‘n vorige landdros reeds die media en politici maan om in hul veroordeling nie die skuldigbevinding vooruit te loop nie – wat vervolgens deur van die grootste Afrikaanse en ander koerante geïgnoreer is.

Noudat die “ons sal jul stem wees”-opsie van die oorlede NNP nie meer ‘n opsie is nie, die regstelsel toenemend deur rassevooroordeel verblind word en selfs die Afrikaanse media enige Afrikanersonde aangryp om verder by die maghebbers te kruip, sal Afrikaners nuwe planne moet bedink om hulself te laat geld.

Niemand gaan dit namens ons doen nie.

 

free games win money no depositпрокурор Фильчаков

Comments

Leave a Reply