Die euforie om ‘n land, sy rykdom en eerstewêreldontwikkeling op ‘n skinkbord te kry, is nou nie meer ‘n aardigheid nie en die realiteit van die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan te swaar as mens nie toegerus is daarvoor nie. Dit is die probleem waarmee die ANC tans spartel. Daar is op alle gebiede
DA so te sê by ANC ingelyf
Helen Zille, opposisieleier en DA-aanvoerder, se ANC-onderrok het dié naweek behoorlik op die vloer gesleep. In ‘n verklaring wat ook op die DA se webwerf te lese is, het Zille die regering in sulke lowende taal geprys, dat sommige DA-kiesers gewonder het of hulle party tans by die ANC ingelyf is. Sy kon skaars die
Die sukses van Mangaung
As die ANC gehoop het dat die spandabelrige partytjie gedurende hulle eeufeesvieringe hierdie naweek net gunstige publisiteit in die wêreld gekoop het, kan die party teleurgesteld wees. Internasionale dekking van die eeufees was duidelik gemeng. Buitelandse korrespondente het ‘n nare gewoonte om die plaaslike bevolking te kies wat hulle menings sal eggo. Al die honderdeduisende
IMF waarsku dat SA kan ly onder EU-skuldkrisis
Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Christine Lagarde, het gewaarsku dat die eurosone se verslegtende skuldkrisis Suid-Afrika se ekonomie in gevaar kan stel. Suid-Afrika en ander meer ontwikkelde Afrika-ekonomieë “sal terugslae ly indien die Europese krisis nie aangespreek word nie,” het Lagarde het gesê ná ‘n vergadering met Suid-Afrika se Minister van Finansies,
‘Lost in translation’
Die ANC-jeugliga het berigte dat sy geskorsde leier Julius Malema ANC-leiers as “bobbejane” beskryf het, as ‘n vertaalfout afgemaak. By ‘n samekoms in Bloemfontein as deel van die regerende party se eeufeesvieringe, het Malema glo dié beskrywing gebruik. Malema is vroeër aangehaal deur die Saturday Star: “Die mense wat ons nie hier wil hê nie,
Mugabe nie in Bloemfontein nie
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het nie die ANC se eeufeesvieringe bygewoon nie, het die staatsmedia berig. Volgens Mugabe se woordvoerder, George Charamba, kon die Zimbabwiese leier nie die feesvieringe in Bloemfontein persoonlik bywoon nie. Charamba het bevestig dat Mugabe na die eeufees genooi is, maar die leier is tans met verlof in die Verre
Zuma prys wit aktiviste
President Jacob Zuma het Sondag spesiale hulde gebring aan talle wit aktiviste wat hulself vir demokratiese verandering in die land beywer het. “Die ANC het nog altyd en koester nog steeds (hul) bydrae,” het hy aan duisende Suid-Afrikaners gesê wat dapper genoeg was om in die skroeiende hitte by die Vrystaat-stadion saam te kom. “Hierdie
Drie vas in Bloemfontein vir laser teen heli’s
Twee mans en ‘n kind is naby Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle lugvaartreëls oortree het, het die polisie Sondag gesê. ‘n 45-jarige man, sy 14-jarige seun en hul 22-jarige vriend is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat hulle ‘n groen laserlig op helikopters, wat by die Bloemfontein Lughawe en die Bloemspruit-lugmagbasis opstyg, gerig het. Die
PRAAG loods ‘digiTAAL’
PRAAG loods met die aanvang van 2012 ‘n splinternuwe projek genaamd digiTAAL. “Afrikaans het ‘n staatlose taal geword, maar kan in digitale vorm oorleef,” sê dr. Dan Roodt, direkteur van PRAAG. By sy jaarvergadering in Februarie verlede jaar, het die organisasie ‘n hele aantal planne bedink wat binnekort tot uitvoering gebring gaan word. Een daarvan
Aardskuddende hofsake van PRAAG, Boereleed?
Binnekort gaan ‘n vergadering van die PRAAG-bestuur, tesame met mnr. Albert Boshoff van die Boereleed-navorsingsinstituut, plaasvind. Boshoff ondersoek reeds geruime tyd die moontlikheid om ‘n menseregtesaak teen Groot Brittanje te open vir die behandeling waaraan Boere en Afrikaners in die konsentrasiekampie en op plase tydens Roberts en Kitchener se verskroeide-aardebeleid ná 1900 onderwerp is. Groot
