President Abdoulaye Wade van Senegal het gerugte deur die opposisie dat hy sy seun, Karim, as president wil sien, ontken. Hy dring daarop aan dat dit sy seun se reg is om homself verkiesbaar te stel. “Dit is glad nie my plan om my seun in my plek aan te stel voor ek gaan nie,”
Polisie tevrede met misdaadsyfers vir WB
Net minder as 1000 misdade op wedstryd-dae is aangemeld in en om die land se stadions gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê. Die meerderheid van hierdie misdade was diefstal en rooftogte, het Mthethwa aan die media in Pretoria gesê. ‘n Totaal van 704 misdade is buite die stadions gepleeg, terwyl
Afrika se sukses
компрессорыданильченко юрий брониславович прокурор
Beskerming van inligting en mediavryheid
Met Gwede Mantashe en Blade Nzimande, twee kommuniste in die ANC-topkader, se woorde oor ‘n beoogde mediatribunaal skaars koud, maak ‘n wetsontwerp opspraak. In alle state is daar wetgewing wat sensitiewe staatsinligting weerhou van die publiek. Trouens, in Italië het die grootste gros joernaliste die afgelope week ‘n nuusboikot gehou teen wetgewing wat skielik ingestel
ET-verdagte uit op borg
Borgtog is Woensdag in die landdroshof in Ventersdorp aan een van Eugène Terre’Blanche se vermeende moordenaars toegestaan. Landdros Magaola Foso het borgtog van R5000 aan mnr. Chris Mahlangu toegestaan. Die sewe-en-twintigjarige Mahlangu moet voortaan twee keer per dag by die polisiekantoor in Mabopane naby Pretoria aanmeld. Familielede en vriende van die AWB-leier was hoorbaar geskok
Libiese skip draai om
n Libiese skip met noodvoorraad vir die Palestyne het in ‘n Egiptiese hawe aangekom nadat hy na ‘n waarskuwing van die Israelse vloot om van die Gasastrook af weg te bly, van rigting moes verander. Egiptiese amptenare sê die Amalthea het in El Arish, suid van die grens met Gasa aangekom en sal begin om
Nazi-Mickey is kuns sê Pole
‘n Enorme buitemuurse kunsplakkaat wat ‘n beeld van Mickey Mouse met ‘n swastika en ‘n kaal vrou se lyf bevat, maak groot opspraak in Pole, waar die herinneringe van die lyding as gevolg van die Nazi’s nog ‘n teer kwessie is. Die plakkaat, wat in Junie naby ‘n sinagoge in Poznan opgerig is, is die
Landdros vaar teen polisie uit
Die hooflanddros by die Pretoriase landdroshof het Woensdag uitgevaar teen die polisiebeamptes wat lede van die publiek deursoek het voor ‘n hofsaak. Dié voorval het plaasgevind voor die hofsaak van die vier polisiebeamptes wat daarvan verdink word dat hulle Maandag ‘n motoris doodgeskiet het. “Die hof sal besluit neem oor sulke prosedures. Die veiligheid van
Gauteng bestee R4m aan sokkerkaartjies
Die provinsie Gauteng het R4 miljoen aan 4613 kaartjies vir die sokkerwêreldbeker bestee, het die premier Nomvula Mokonyane gister laat blyk. Die besluit om die kaartjies te koop was gegrond op “die behoefte van die regering om stappe te neem om die geleentheid te bied aan inwoners van Gauteng wat nie die kaartjies kan bekostig
Obama bemark swart rassetrots
Pres. Barack Obama van die VSA het Woensdagaand in ‘n onderhoud met die SABC Suid-Afrika geprys vir die uitkoms van die Wêreldbekersokkertoernooi. Obama voel dat Suid-Afrikaners oor ‘n “buitengewone lewenskragtigheid” beskik. “Vanselfsprekend was die toernooi nie net ‘n wonderlike uitstalkas vir Suid-Afrika nie, maar vir Afrika as geheel,” het hy gesê. Hy het pres. Zuma
