Dit gaan sukkel-sukkel met die Mandela’s

Winnie Madikizela-Mandela is in ‘n Johannesburgse hospitaal opgeneem vir ‘n roetine-ondersoek, het Eyewitness News Dinsdag berig. Die Nelson Mandelastigting het intussen ook gerugte ontken wat mbv die sosiale netwerk Twitter versprei het, en kommer wek oor die oudpresident se gesondheid. Die stigting sê dit gaan goed met Mandela. Sy persoonlike assistent, Zelda la Grange, sê

Lees verder: Dit gaan sukkel-sukkel met die Mandela’s

Verkeershoof gebruik vals nommerplate

Die adjunk verkeershoof van die Tshwane Metroraad, Ndumisa Jaca, word nou deur drie organisasies ondersoek oor bewerings dat hy vals nommerplate gebruik. Hulle is die Padverkeersbestuurskorporasie, die Onafhanklike Klagtedirektoraat en die munisipaliteit. ‘n Woordvoerder van die Korporasie, Ashref Ismail, sê hulle sal later meer besonderhede verskaf. ‘n Woordvoerder van die Klagtedirektoraat, Tiyani Sambo, sê hulle

Lees verder: Verkeershoof gebruik vals nommerplate

Voorbehoedmiddels in Oos-Kaap ingespuit

Meisies tussen die ouderdomme van 10 en 13 is met voorbehoedmiddels ingespuit by hul laerskool in Zwide, Port Elizabeth, het The Herald Online berig. Nandipha Ngalo se 11-jarige dogter was een van die meisies wat deur die Dora Nginza-hospitaal se gesinsbeplanningseenheid ingespuit is. Sy is ‘n leerling aan die Emzomncane Laerskool. “My bekommernis is watter

Lees verder: Voorbehoedmiddels in Oos-Kaap ingespuit

Merkel se afskuwelike keuse

Die wêreld wag vir Duitsland se kanselier, Angela Merkel, om ‘n fundamentele keuse te maak. Sy, meer as enige ander Europese politikus, sal moet besluit om die euro te red of toe te gee dat die politieke wil nie daar is nie. Die euro was veronderstel om Europa te verenig, maar kan Atlantiese verhoudinge na

Lees verder: Merkel se afskuwelike keuse

Mogoeng en grondwetlikheid

Suid-Afrikaners moet gereeld hoor hulle het ‘n goeie grondwet, indien nie nog die beste ook ter wêreld nie. Dis net by die toepassing wat dinge so effe haper… Suid-Afrika se grondwet is die resultaat van onderhandelings. Die grondbeginsels wat hierdie akkoord ondervang, is die grondwetlike beginsels wat by Kemptonpark onderhandel is. Die beginsel was dat

Lees verder: Mogoeng en grondwetlikheid

AU, SAOG verdeel oor Libië

Die regering van Botswana het die Libiese Nasionale Oorgangsraad uitgenooi om ‘n ambassade in die hoofstad, Gaberone te open, het RSG berig. Die regering het onlangs aangekondig dat hy die Oorgangsraad as Libiese regering erken. Dit is in teenstelling met die sienings van sowel die Afrika-unie as die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Jeff Ramsay, ‘n woordvoerder

Lees verder: AU, SAOG verdeel oor Libië

Zuma meen Malema verdien nog ‘n kans

Pres. Jacob Zuma het gesê Malema kan steeds aan die ANC behoort indien hy die party toelaat om ‘n goeie leier van hom te maak, het The Star berig. Zuma het gesê die ANC wil nie die leier van die ANC-jeugliga uit die openbare oog verwyder nie. “Nee, ek dink nie dit moet die doelwit

Lees verder: Zuma meen Malema verdien nog ‘n kans