Swart handelaar smyt R15 miljard weg

‘n Jong, swart handelaar, Kweku Adoboli, is Vrydag in Londen in hegtenis geneem nadat hy die Switserse bank UBS verliese van $2 miljard (R15 miljard) toegedien het. Hy word ook verdink van bedrog en die verdoeseling van verliese wat tot 2008 terug te voer is. Adoboli, die 31-jarige seun van ‘n voormalige VN-diplomaat wat van

Lees verder: Swart handelaar smyt R15 miljard weg

’n Liefdesdriehoek van die Groot Trek

Te midde van al die ellende van 1838 was daar soms kans vir ‘n bietjie skinder oor ‘n liefdesgeskiedenis waarby die heldhaftige Marthinus Oosthuizen betrokke was. Dit is een van Suid-Afrika se groot liefdesverhale, soos oorvertel deur Theo Gerdener. Oosthuizen was afkomstig uit die distrik Uitenhage. Sy ouers was veeboere en het ook rasegte honde

Lees verder: ’n Liefdesdriehoek van die Groot Trek

Wat was in daai handsak?

Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Suid-Afrikaanse belastingbetalers R235 000 uit die sak gejaag omdat sy geweier het om haar handsak deur ‘n skandeerder op ‘n lughawe in Oslo, Noorweë, te sit, berig die Mail & Guardian. Nkoana-Mashabane was vroeër dié maand op ‘n staatsbesoek aan die land toe sy geweier het

Lees verder: Wat was in daai handsak?

Malema haal Forbes se toptien-lys

Die insluiting van die ANC-jeugliga president Julius Malema op die Forbes-lys van Afrika se 10 mees invloedryke jong mans is “redelik duidelik”, volgens Pat Roberts, ‘n leierskap-afrigter. Malema word gelys as een van 10 manne onder 40 “wie enorme invloed in Suid-Afrika se politieke en sakekringe uitoefen” skryf die tydskrif Forbes gister. Ten spyte dat

Lees verder: Malema haal Forbes se toptien-lys

Suidkus opgeruim vir COP17

Die adjunkminister van Waterwese en Omgewingsake, Rejoice Mabudafhasi, sal vandag ‘n opruimingsprojek van 11 miljoen rand bekendstel op die vooraand van die 26ste jaarlikse Internasionale Kus-skoonmaakdag môre. Die projek genaamd “Werk vir die kus: van Umthanvuna tot Umkomaas” sal by die Park Rynie kampeerterrein op die KwaZulu-Natalse suidkus bekendgestel word. Die projek sal sowat 112

Lees verder: Suidkus opgeruim vir COP17

Lugtaxi’s van Santaco styg op

Die Suid-Afrikaanse taxi-bedryf stel vandag amptelik sy nuwe lugredery op Lanseria, noord van Johannesburg, bekend. Die Burgerlike Lugvaartowerheid sê die diens sal heeltemal veilig wees en opgeleide personeel sal die vliegtuie beman. Die doel van die Santaco-lugdiens is om vlugte meer toeganklik en bekostigbaar vir alle Suid-Afrikaners te maak. Dié taxi-bedryf lewer daagliks ‘n diens

Lees verder: Lugtaxi’s van Santaco styg op

Israel se uur van waarheid

In hierdie program gesels Karin Roodt, redaktrise van praag.co.za, oor die komende stemming in die Algemene Vergadering van die VN wat waarskynlik op ‘n Palestynse staat gaan uitloop. Daar word ook oor strategiese kwessies in die Midde-Ooste gepraat. Klik op hierdie skakel. Фільчаков Олександр Васильович

Lees verder: Israel se uur van waarheid