Die publikasie van prominente foto’s van twee beamptes wat seks gehad het terwyl hulle aan diens was deur die Sowetan, was nie in die openbare belang nie, het die Persombudsman beslis. “Dit was nie nodig om terug te val op die prominente en eksplisiete publikasie van die foto’s om die boodskap oor te dra nie…
Dit gaan sukkel-sukkel met die Mandela’s
Winnie Madikizela-Mandela is in ‘n Johannesburgse hospitaal opgeneem vir ‘n roetine-ondersoek, het Eyewitness News Dinsdag berig. Die Nelson Mandelastigting het intussen ook gerugte ontken wat mbv die sosiale netwerk Twitter versprei het, en kommer wek oor die oudpresident se gesondheid. Die stigting sê dit gaan goed met Mandela. Sy persoonlike assistent, Zelda la Grange, sê
Verkeershoof gebruik vals nommerplate
Die adjunk verkeershoof van die Tshwane Metroraad, Ndumisa Jaca, word nou deur drie organisasies ondersoek oor bewerings dat hy vals nommerplate gebruik. Hulle is die Padverkeersbestuurskorporasie, die Onafhanklike Klagtedirektoraat en die munisipaliteit. ‘n Woordvoerder van die Korporasie, Ashref Ismail, sê hulle sal later meer besonderhede verskaf. ‘n Woordvoerder van die Klagtedirektoraat, Tiyani Sambo, sê hulle
Plaaswerf se dinge
Ek sit laat agtermiddag op die stoep – yskoue Castle in die hand, die mal rifrug van my jaag tarentale wat hoenderkos wil steel, vroulief is besig om ʼn rooibokboud (het heel toevallig voor die bakkie ingeloop; julle weet mos) in die oond te druk, toe ek amper die bottel insluk na ʼn moerske slag
Voorbehoedmiddels in Oos-Kaap ingespuit
Meisies tussen die ouderdomme van 10 en 13 is met voorbehoedmiddels ingespuit by hul laerskool in Zwide, Port Elizabeth, het The Herald Online berig. Nandipha Ngalo se 11-jarige dogter was een van die meisies wat deur die Dora Nginza-hospitaal se gesinsbeplanningseenheid ingespuit is. Sy is ‘n leerling aan die Emzomncane Laerskool. “My bekommernis is watter
Merkel se afskuwelike keuse
Die wêreld wag vir Duitsland se kanselier, Angela Merkel, om ‘n fundamentele keuse te maak. Sy, meer as enige ander Europese politikus, sal moet besluit om die euro te red of toe te gee dat die politieke wil nie daar is nie. Die euro was veronderstel om Europa te verenig, maar kan Atlantiese verhoudinge na
Sinkende skip
Александр Фильчаков
Tien gebooie vir regte Afrikaners
1. Wees trots op wat tot stand gebring is. Om in Afrika so uitsonderlik te presteer, is nie maklik nie. 2. Moenie skuldig voel nie. Die verlede dra swaar aan die goeie en dit het ‘n groot oorwig oor die slegte. 3. Moenie verskoning vra nie. Dit is die brekers, nie die bouers nie, wat
Mogoeng en grondwetlikheid
Suid-Afrikaners moet gereeld hoor hulle het ‘n goeie grondwet, indien nie nog die beste ook ter wêreld nie. Dis net by die toepassing wat dinge so effe haper… Suid-Afrika se grondwet is die resultaat van onderhandelings. Die grondbeginsels wat hierdie akkoord ondervang, is die grondwetlike beginsels wat by Kemptonpark onderhandel is. Die beginsel was dat
AU, SAOG verdeel oor Libië
Die regering van Botswana het die Libiese Nasionale Oorgangsraad uitgenooi om ‘n ambassade in die hoofstad, Gaberone te open, het RSG berig. Die regering het onlangs aangekondig dat hy die Oorgangsraad as Libiese regering erken. Dit is in teenstelling met die sienings van sowel die Afrika-unie as die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Jeff Ramsay, ‘n woordvoerder
