Israel = Apartheid?

‘n Tweedaagse sitting van die Russel-tribunaal oor Palestina word die naweek in Kaapstad gehou om vas te stel of Israel se beleid teenoor die Palestyne op apartheid neerkom. Talle getuies sal voor ‘n paneel van internasionale regsgeleerdes getuig oor die beweerde onwettigheid van Israel se optrede. Die Parlementslid, Winnie Madikizela-Mandela en die hoofsekretaris van Cosatu,

Lees verder: Israel = Apartheid?

Tolhekdubbelpratery

Die minister van vervoer, mnr. S’bu Ndebele, se vroeëre uitspraak dat die Gauteng-tolprojek tot in Februarie 2012 op ys is, strook nie met sy nuutste verklaring dat die stelsel steeds in Februarie 2012 geïmplementeer sal word indien geen alternatief vir die befondsing van die padopgraderings gekry kan word nie. Die Vryheidsfront Plus beskou dit as

Lees verder: Tolhekdubbelpratery

‘Vensters van die siel’ binne 20 sekondes

Al ooit gewens jy het blou oë? Jy sal binnekort na ‘n dokter kan gaan vir ‘n paar. ‘n Amerikaanse geneesheer het aan die lig gebring dat hy permanent ‘n persoon se oogkleur kan verander… in net 20 sekondes. Dr Gregg Homer, van Kalifornië het gesê sy Lumineyestegnologie maak gebruik van ‘n laser met ‘n spesifieke

Lees verder: ‘Vensters van die siel’ binne 20 sekondes

DA ignoreer hofuitspraak

Die ANC in die Suid-Kaap het die DA-leier, Helen Zille, daarvan beskuldig dat sy nie opgetree het teen die partyspeaker in die Bitou-munisipaliteit, Johan Brummer, nie. Brummer is onlangs deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof ongeskik bevind om speaker te wees. Die hof het ook Brummer se aansoek verwerp om ‘n ANC-raadslid, Lulama Mvimbi, te verbied om

Lees verder: DA ignoreer hofuitspraak

Breking veroorsaak twee aardbewings

Twee klein aardbewings wat die Lancashirekus van noordwes-Engeland en die nabygeleë stad van Blackpool vroeër vanjaar geskud het, was waarskynlik veroorsaak deur ‘n hidrouliese breking, of “fracking”. Dit is ‘n omstrede skaliegasontginningstegniek wat algemeen gebruik word en nou ook deur die energiemaatskappy Cuadrilla Resources. Hulle het met ‘n eksperimentele booroperasie ‘n halwe kilometer van die

Lees verder: Breking veroorsaak twee aardbewings

Linkse maatskaplike sielkundige se bedrogspul oopgevlek

‘n Prominente Nederlandse maatskaplike sielkundige wat gesê het witmense is meer geneig tot rassediskriminasie en diegene wat aan vleis dink raak meer boers, is uitgevang vir bedrog. Prof. Diederik Stapel het data vervals om telkens die resultate te kry wat hy wou gehad het. So het hy onder andere “bewys” dat as mense aan vleis dink,

Lees verder: Linkse maatskaplike sielkundige se bedrogspul oopgevlek

Cope ontken saamsmeltvoornemens met DA

Die Congress of the People het ontken dat dié party enige planne maak om met die Demokratiese Alliansie saam te smelt. “Ons wil dit kategories stel dat Cope sy eie identiteit en visie het,” het Hilda Ndude, senior lid van Cope, Donderdag by die Parlement aan verslaggewers gesê. “Daar is geen voornemens van Cope se

Lees verder: Cope ontken saamsmeltvoornemens met DA