Die nuus dat BP uiteindelik daarin geslaag het om die uitvloei van ru-olie uit ‘n boorgat in die Golf van Mexiko te stuit, is die eerste goeie nuus in drie maande rondom hierdie sage. Namate olie wat vlak onder die oppervlak lê skaarser word, en tegnologie verbeter, word dieper geboor, en ook al hoe dieper
Gaan Jerigo val?
20 noтопкарго развод
Polisie kook plaasmoordsyfers
Die polisie se statistiek vir plaasaanvalle en -moorde vir 2008 en 2009 is foutief, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag erken. Die syfers, 794 plaasaanvalle en 86 moorde, is “per ongeluk” gedupliseer uit die polisie se verslag vir 2006 en 2007. “Die polisie en die minister betreur die fout,” het Mthethwa gesê. Mthethwa weet nie
Net om Sarkozy span nouer
Die Franse polisie het Donderdag twee mense na aan Liliane Bettencourt, die miljardêr-erfgenaam van die L’Oreal-skoonheidsreus, in aanhouding geneem. Bettencourt se vriend, wat ‘n fotograaf is, en ‘n man wat haar fortuin bestuur is in aanhouding geneem om sekere vrae te beantwoord. Pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk het Maandagaand in ‘n TV-onderhoud bewerings dat hy
Geert Wilders loods internasionale vryheidsalliansie
Volgens die omstrede Nederlandse politikus, Geert Wilders, gaan hy ‘n internasionale vryheidsalliansie loods om die immigrasie van Molems na die Weste te keer. Hy het Donderdag aan The Associated Press vertel dat hy beplan om die internasionale beweging later vanjaar in die VSA, Kanada, Brittanje, Frankryk en Duitsland te loods. Hy beskou die Islamitiese geloof
Lees verder: Geert Wilders loods internasionale vryheidsalliansie
BP-olielek gestop
Die kabel wat bo-oor die olielekkasie in die Golf van Mexiko geplaas is, in ‘n poging om die lekkasie te stop, was suksesvol. Die gereedskap waarmee dié olielekkasie gestop moes word het Woensdag probleme gegee maar owerhede sê dié probleme is opgelos. Kent Wells, senior uitvoerende visepresident van BP, het tydens ‘n perskonferensie gesê dat
Twee passe weer gesluit
Twee Oos-Kaapse bergpasse is weer vir verkeer gesluit ná swaar sneeu. ‘n Woordvoerder vir Arrive Alive, Tsepo Machaea, sê die Lootsbergpas tussen Graaff-Reinet en Middelburg en die Wapadsbergpas tussen Cradock en Graaff-Reinet is tot verdere kennisgewing gesluit. Dit is die tweede keer dat bergpasse dié week gesluit word. Maandag is vier passe in die provinsie
Zuma vra kalmte oor xenofobiese gerugte
President Jacob Zuma het ‘n beroep om kalmte en eenheid gedoen te midde van berigte dat buitelanders uit Suid-Afrika vlug uit vrees vir hernieude xenofobiese geweld. Daar was reeds voorvalle van plakkers in die Wes-Kaap wat teen buitelanders opgetree het. Zuma het verwys na die xenofobiese haataanvalle in 2008 wat beleggersvertroue geknou het. Hy sê
Senegal se president en seun byt vas
President Abdoulaye Wade van Senegal het gerugte deur die opposisie dat hy sy seun, Karim, as president wil sien, ontken. Hy dring daarop aan dat dit sy seun se reg is om homself verkiesbaar te stel. “Dit is glad nie my plan om my seun in my plek aan te stel voor ek gaan nie,”
Polisie tevrede met misdaadsyfers vir WB
Net minder as 1000 misdade op wedstryd-dae is aangemeld in en om die land se stadions gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê. Die meerderheid van hierdie misdade was diefstal en rooftogte, het Mthethwa aan die media in Pretoria gesê. ‘n Totaal van 704 misdade is buite die stadions gepleeg, terwyl
