Algerië het dertien Protestantse Kerke versoek om te sluit nadat ontstoke aantygings teen Evangeliese Christene wat Moslems probeer bekeer, gemaak is.
Voedselpryse klim w?reldwyd
Oral ter wêreld klim die kruidenierswarerekening. Verbruikers staar skerp stygende voedselpryse in die gesig as gevolg van wat navorsers ‘n perfekte storm van omstandighede noem.
Verbruikersbesteding nie so hard getref
Verbruikersbesteding word nie so hard getref soos verwag is nie, sê ekonome. Alhoewel die meeste mense tans finansiële druk ervaar, het die aantal dagvaardings wat uitgereik word vir skuld afgeneem in verhouding tot die vorige jaar.
Padversperrings veroorsaak chaos
Padversperrings op die N1 tussen Pretoria en Johannesburg het gister verkeerschaos veroorsaak.
E-tv word Zimbabwe belet
Die Zimbabwiese regering het e-tv belet om Saterdag se volgende algemene verkiesing in dié land te dek. E-tv, Suid-Afrika se enigste kommersiële landuitsaaier se akkreditasie is nie toegestaan nie omdat die stasie voorheen mediawette oortree het.
Soektog na ontvoerde vrou opgeskerp
Die plaaslike boerevereniging en polisie het die soektog an die 46-jarige ontvoerde boervrou, Hennielene Botha van ‘n plaas naby Ohrigstad, opgeskerp. Dit volg nadat hulpkrete vanuit ‘n motor se kattebak deur ‘n groep buitelandse toeriste gehoor is.
Sasco verwerp Vrystaat se verskoning
Sasco het gister ‘n volbladadvertensie in die Sunday Times waarin die Universiteit van die Vrystaat om verskoning vra vir die beweerde rassitiese video verwerp.
Kommer oor Eskom-tamheid
Kommer heers oor Suid-Afrika se elektrisiteitsinfrastruktuur wat vinniger tam raak as gevolg van dikwelse aan- en afskakeling tydens beurtkrag.
Betogers ontwrig Olimpiese vlamseremonie
Griekse polisie het 3 pro-Tibetaanse betogers in Olimpia, waar die Olimpiese vlam Maandag aangesteek is, in hegtenis geneem nadat hulle die seremonie wou ontwrig.
Gesneuwelde ANC-soldate vereer
Die president van die ANC, Jacob Zuma, het ‘n monument vir soldate van Umkhonto we Sizwe belowe wat in die Cuito Canavale-veldslag in Angola gesneuwel het, belowe.
