Tydens ‘n gesprek met die media het Zuma gesê dat daar by ‘n vergadering in Angola tydens die twintigste herdenking van die slag by Cuito Canavale ooreengekom is dat ‘n komitee gestig sal word om die grafte van ons gesneuwelde MK-helde en heldinne te identifiseer.
Volgens Zuma sal dit die weg baan om monumente op te rig asook die moontlike repatriasie van ons menslike oorskot.
Sulke monumente sal die streeksbenadering tot die politiek en sosio-ekonomiese ontwikkeling verstewig. Boonop het Cuito Canavale die begin van die ineenstorting van die apartheidsbewind ingelui.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.