Die enkele grootste struikelblok in die selfbeskikkingsproses van ons volk op die oomblik is onsself. Die onreg wat teen ons gepleeg word op omtrent elke vlak van die samelewing is ‘n reaksie met geen teenreaksie, iets wat vreemd is uit ‘n wetenskaplike oogpunt. Met ander woorde, ons laat dit toe. Die ironie is dat die
Palestynse regering, Hamasteenvoeter, bedank
Die Palestynse premier Salam Fayyad sal Maandagoggend sy regering se bedanking aan president Mahmud Abbas bied, het ‘n senior beampte Sondag aan AFP gesê. Iran se Ayatollah Ali Khamenei het die vernietiging van Israel op sy webblad voorspel, berig die Huffington Post. “Die dag sal beslis kom dat die nasies van die Midde-Ooste die vernietiging
Boere het eersdaags geen seggenskap oor hul grond
Boere sal eersdaags geen seggenskap oor hul eie plase meer hê nie, sê Vrystaat Landbou (VL). Wysigings wat aan die einde van verlede jaar in die Staatskoerant afgekondig is, hou uiters nadelige gevolge vir boere in, en die regering wil met die nuwe wet eenvoudig grondbesetting wettig, sê hulle. Daar is glo geen kennisgewings uitgedeel
Lees verder: Boere het eersdaags geen seggenskap oor hul grond
Bono, die boerehater, se musiek kan maar asblik toe
Daardie bemoeisieke, selfaangestelde Ierse heilige wie se formidabele intellek (al dan nie) hom genoop het om homself na ‘n hondekos-maak te vernoem, Bono, meen dat dit aanvaarbaar is om onder sekere omstandighede Kill the Boer te sing. Einstein Bono meen dat dit van die konteks afhang waarbinne dit gesing word. Wel, ja, nes dit ook
Lees verder: Bono, die boerehater, se musiek kan maar asblik toe
Plaasmoorde plaas Zuma se staatsrede in grusame konteks
“Die jongste plaasmoorde in Noordwes toe Deon van Staden en sy vriendin, die 73-jarige Babs Strecker vermoor, en die jongste twee plaasaanvalle in die Oos-Vrystaat kort na pres. Jacob Zuma se staatsrede plaas die president se standpunte oor ‘n afname in sekere misdaadkategorieë in grusame konteks.” So sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese
Lees verder: Plaasmoorde plaas Zuma se staatsrede in grusame konteks
Stede, plekke van rewolusie
Stede is plekke van rewolusie, want ‘n stedelike omgewing verbind organiseerders van die opposisie en sulke noue samewerking kan plaaslike wetstoepassers oorweldig. Groot stedelike bevolkings skep die skaal wat nodig is daarvoor. Die fisiese hindernisse wat in stede voorkom maak dit boonop moeilik vir militêre troepe om maklik te beweeg. Die megapolis Kaïro is maar
Mubarak kies die hasepad
Woedende betogings het binne oomblikke in feesvieringe verander nadat dit bekend geraak het dat Hosni Mubarak sal uittree as president van Egipte. Die adjunk-president, Omar Suleiman, het die aankondiging omstreeks 18:00 Vrydagaand oor die plaaslike televisiestasie bekend gemaak. Honderdduisende Egiptenare het partytjie gehou op Tahrir-plein nadat hulle vir sowat 18 dae lank in opstand was
Jannie maak saak teen Winnie
Die polisieman wat in ‘n onderonsie met Winnie Madikizela-Mandela betrokke was, gaan Vrydag in Pretoria ‘n kriminele klag teen haar indien, volgens die vakbond Solidariteit. Ao. Jannie Odendaal gaan om 12:00 ‘n saak by die Brooklynpolisiekantoor aanhangig maak. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, het in ‘n verklaring gesê die vakbond ondersteun Odendaal. Odendaal en
Regsfirma los warm patat Malema
Die skielike onttrekking van ‘n topprokureursfirma wat ANC-jeugliga president Julius Malema met sy singery van “Skiet die boer” verdedig het, verdeel tans die firma en het die woede van die regerende party uitgelok. ‘ n Senior prokureur by die firma het blykbaar reeds bedank. Malema het hierdie week geen moeite ontsien om Edward Nathan Sonnenbergs
Sarkozy verklaar multikulti tot mislukking
Die Franse president Nicolas Sarkozy het die multikulturele samelewing tot mislukking verklaar. “Ons het ons te veel besiggehou met die identiteit van die immigrant en nie genoeg met die identiteit van die land wat hom ontvang nie”, sê Sarkozy. Hy het Donderdag in ‘n onderhoud met TV-sender TF1 dié uitlatings gemaak. Sarkozy het homself teen
