Gill Marcus, hoof van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, het Woensdag in die parlement gesê kontant bly koning in Suid-Afrika. Die gebruik van tjeks in transaksies daal skerp, maar kredietkaarte bly nog belangrik. Sy het gesê Suid-Afrika asook Suider Afrika bly nogtans ‘n kontant-ekonomie met toenames in die vraag na die rand in lande soos Zimbabwe, Angola en
Taalkennis gaan immigrante uithou, sê Franse
Reëls oor immigrasie in Frankryk gaan verskerp word en toekomstige burgers van dié land sal voortaan skriftelike bewyse moet indien om te bewys dat hulle goed genoeg Frans kan praat om oor die weg te kom in hulle daaglikse handel-en-wandel. Die nuwe reëls is in die regering se amptelike koerant aangekondig. Dit vereis van kandidate
Fout kan einde van BlackBerry beteken
BlackBerry-gebruikers het Woensdag vir ‘n derde dag geen selfooninternetontvangs gehad nie. Dié swak diens kan dalk die einde van BlackBerry beteken, berig Eyewitness News. Research in Motion (RIM), die vervaardigers van BlackBerry, het Woensdag in ‘n verklaring gesê ‘n “sentrale oorskakelingsfout” in sy infrastruktuur het veroorsaak dat miljoene BlackBerry-gebruikers sedert Maandagoggend geen of gebrekkige toegang
ET-getuie erken hy lieg
‘n Getuie in die verhoor van twee mense wat daarvan beskuldig word dat hulle Eugene Terre’Blanche vermoor het, het Woensdag erken dat hy gelieg en sy verklaring verander het. Hy het dit gedoen onder dwang van die ondersoekbeampte, kapt. Tsietsi Mano, het die getuie, sers. Jack Ramonyane, in die rondgaande Hooggeregshof op Ventersdorp gesê. Die
Nog ‘n boer koelbloedig vermoor
Beeld berig dat ‘n boer van Limpopo minstens agt ure lank dood en bebloed op die grasperk voor sy huis gelê het. Hy is Dinsdag in die agterkop geskiet. Douw Brummer (50) was van die plaas Goedgedacht in die Dwaalboom-gebied. Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê werkers van Brummer het eers Woensdag op sy
Mnr Padveiligheid roekelose dronkbestuurder
Die man wat getaak is met die land se padveiligheidsveldtogte het na bewering ‘n regeringsvoertuig bestuur terwyl hy dronk was. Thabo Tsholetsane, uitvoerende bestuurder van die Road Traffic Management Corporation, veg die afgelope paar maande in die hof dat sy dissiplinêre verhoor van die beweerde dronkbestuurvoorval, wat meer as twee jaar gelede gebeur het, afgestel
‘Baie bloed, beserings’ en gesteelde kabels
Die AWB-leier Eugene Terre’Blanche het “baie beserings”, bloed op sy gesig en ‘n panga op sy bors gehad toe hy dood aangetref is, het ‘n polisiebeampte Woensdag getuig. Sers. Jack Ramonyane het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê Terre’Blanche se lyk het in sy plaashuis op ‘n bed gelê. Hy is die vyfde getuie wat
Siek polisielede kos staat meer as R771 miljoen
Polisielede wat verlede jaar afwesig was by die werk weens siekte, het die belastingbetaler meer as R771 miljoen (R 771 429 000) gekos. Dit is ‘n toename van 40% (39,9) teenoor die vorige jaar (2009). ‘n Totaal van 1,5 miljoen (1 536 688) werksdae het hierdeur verlore gegaan. Dit is volgens die jaarverslag van die Polisie in die tydperk
Lees verder: Siek polisielede kos staat meer as R771 miljoen
Polisie arresteer Afrikanervrou ‘per abuis’
‘n Onderwyseres van Ermelo en haar seun is Saterdagmiddag weens ‘n polisiefout met ‘n registrasienommer in hegtenis geneem en ure lank aangehou. Indien ‘n familielid nie tussenbeide getree het en haar vrylating geëis het nie, sou sy verder aangehou gewees het en dalk haar motor kwyt gewees het. Me. Elna Middel, wat haar motor reeds
Mercedes-orgie by die SAUK
Die SAUK het R20 miljoen aan Mercedesse bestee terwyl die openbare uitsaaier begrotingshulp van die regering ontvang en joernaliste dikwels nie vervoer het om hul verslaggewingspligte na te kom nie. Die maatskappy wat die 86 Duitse luuksemotors aan die SAUK op bruikhuur verskaf het se naam is Debis Fleet Management. Die kontrak is blykbaar nooit
