Vrae oor bedankings uit lugmag

“Die skielike bedankings van die Hoof van die Lugmag, Lt-genl. Carlo Gagiano en die Sekretaris van Verdediging, me. Mpumi Mpofu, is oorhaastig en word bevraagteken. Dit wil voorkom asof beide verantwoordelik gehou word vir omstandighede waaroor hulle nie beheer het nie. Dit is duidelik dat die minister, Lindiwe Sisulu, Gagiano en Mpofu verantwoordelik hou vir

Lees verder: Vrae oor bedankings uit lugmag

Zille en die Amerikaanse projek vir SA

Wat die Amerikaners van die DA dink, is waarskynlik die rede vir die besluit om die party in ‘n swart party te verander. Dat lofwaardige teorieë oor die werklikheid mag verskil, is egter nie vir die immer jong gesig van die opposisie ‘n uitdaging nie. Helen Zille het haarself reeds begewe in die stryd om

Lees verder: Zille en die Amerikaanse projek vir SA

Israel = Apartheid?

‘n Tweedaagse sitting van die Russel-tribunaal oor Palestina word die naweek in Kaapstad gehou om vas te stel of Israel se beleid teenoor die Palestyne op apartheid neerkom. Talle getuies sal voor ‘n paneel van internasionale regsgeleerdes getuig oor die beweerde onwettigheid van Israel se optrede. Die Parlementslid, Winnie Madikizela-Mandela en die hoofsekretaris van Cosatu,

Lees verder: Israel = Apartheid?

Tolhekdubbelpratery

Die minister van vervoer, mnr. S’bu Ndebele, se vroeëre uitspraak dat die Gauteng-tolprojek tot in Februarie 2012 op ys is, strook nie met sy nuutste verklaring dat die stelsel steeds in Februarie 2012 geïmplementeer sal word indien geen alternatief vir die befondsing van die padopgraderings gekry kan word nie. Die Vryheidsfront Plus beskou dit as

Lees verder: Tolhekdubbelpratery

‘Vensters van die siel’ binne 20 sekondes

Al ooit gewens jy het blou oë? Jy sal binnekort na ‘n dokter kan gaan vir ‘n paar. ‘n Amerikaanse geneesheer het aan die lig gebring dat hy permanent ‘n persoon se oogkleur kan verander… in net 20 sekondes. Dr Gregg Homer, van Kalifornië het gesê sy Lumineyestegnologie maak gebruik van ‘n laser met ‘n spesifieke

Lees verder: ‘Vensters van die siel’ binne 20 sekondes

DA ignoreer hofuitspraak

Die ANC in die Suid-Kaap het die DA-leier, Helen Zille, daarvan beskuldig dat sy nie opgetree het teen die partyspeaker in die Bitou-munisipaliteit, Johan Brummer, nie. Brummer is onlangs deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof ongeskik bevind om speaker te wees. Die hof het ook Brummer se aansoek verwerp om ‘n ANC-raadslid, Lulama Mvimbi, te verbied om

Lees verder: DA ignoreer hofuitspraak

Breking veroorsaak twee aardbewings

Twee klein aardbewings wat die Lancashirekus van noordwes-Engeland en die nabygeleë stad van Blackpool vroeër vanjaar geskud het, was waarskynlik veroorsaak deur ‘n hidrouliese breking, of “fracking”. Dit is ‘n omstrede skaliegasontginningstegniek wat algemeen gebruik word en nou ook deur die energiemaatskappy Cuadrilla Resources. Hulle het met ‘n eksperimentele booroperasie ‘n halwe kilometer van die

Lees verder: Breking veroorsaak twee aardbewings