Franse en Chinese lek hul lippe af

Suid-Afrika is gereed om die grootste tender in sy geskiedenis uit te reik – ‘n beraamde een-triljoen rand kontrak om ses nuwe kern reaktors te bou teen 2030. Die departement van energiesake het sy kerntendervoorstel aan die Kabinet voorgelê en minister van energie, Dipuo Peters het gesê die voorstel sal voor die einde van hierdie

Lees verder: Franse en Chinese lek hul lippe af

VSA beskuldig Iran van ou komplot

Die Verenigde State het Iran Dinsdag daarvan beskuldig dat hulle die Saoedi-ambassadeur in Washington wou vermoor. Dié aantyging het die stygende spanning verder laat klim en ‘n perdebynes in die Midde-Ooste oopgekrap, waar Saoedi-Arabië en Iran vir baasskap wedywer. Ontleders is egter skepties oor die tydsberekening van die onthulling, aangesien Obama reeds in Junie ingelig

Lees verder: VSA beskuldig Iran van ou komplot

Iran lag Amerikaanse aantyging af

Teheran het aantygings deur Amerika dat hulle betrokke is by die beplande sluipmoord op die Saoediese ambassadeur in die VSA ontken. Hulle het die aantygings as ‘n “nuwe anti-Iran scenario” beskryf. Volgens dié aantygings het die regering in Teheran die bevel vir die sluipmoord gegee, het ‘n amptenaar van die regering volgens die amptelike nuusagentskap

Lees verder: Iran lag Amerikaanse aantyging af

‘Ek’s nou baas…’

Die plaaswerker Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde het glo oor die moord op Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, “gespog”, het die hof Dinsdag gehoor. Albei getuies wat op ‘n buurplaas woon, het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê die twee het kort ná die moord erken dat hulle Terre’Blanche op 3 April verlede jaar vermoor

Lees verder: ‘Ek’s nou baas…’

Getuie wys skuldiges uit in ET-moord

‘n Plaaswerker het Dinsdag getuig dat Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde erken het dat hulle die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche gesteek het. “Op 3 April 2010 het ek in my woonplek gesit en hulle het ingekom en gesê hulle het Terre’Blanche gesteek,” het Richard Silane in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig. “Hulle het ‘n

Lees verder: Getuie wys skuldiges uit in ET-moord

Blitsbukse! van Renault en Volkswagen

Wanneer ‘n mens aan blitsbukse dink, dan kom daar gewoonlik net een naam sonder inspanning in jou gedagtes op: GTi. Party ouens sal dalk nog Gsi of RSi onthou, maar GTi is die een wat altyd uitstaan. {jathumbnail off} Ons het in die gees van ‘n regte egte blitsbuks drie baie warm motors onder hande

Lees verder: Blitsbukse! van Renault en Volkswagen

Dene Smuts verkies wit DA

Die stryd om die parlementêre leierskap in die DA, is duidelik wit op swart. ‘n Senior wit DA-lid van die parlement, Dene Smuts sal Athol Trollip vir die party se parlementêre baas kies, teen Trollip se uitdager, Lindiwe Mazibuko. Smuts, die party se hoë-profiel-woordvoerder oor justisie, het gister gesê sy sal vir Trollip in die

Lees verder: Dene Smuts verkies wit DA

Onderwysers dop laerskoolwiskunde

Baie Suid-Afrikaanse onderwysers kan nie wiskundevrae gebaseer op die kurrikulum een ​​of twee jaar bo die graad wat hulle gee, beantwoord nie. Slegs 53% van graad 4 se wiskunde-onderwysers kon drie jaar gelede ‘n eenvoudige breukvraag wat gebaseer is op die graad 6-kurrikulum, korrek beantwoord, het ‘n studie bevind. Slegs 72% van graad 5 se wiskunde-onderwysers

Lees verder: Onderwysers dop laerskoolwiskunde