Matriekeksamen skop af

2011 se matriekeksamen begin vandag amptelik. Leerlinge skryf hul eerste praktiese eksamens – praktiese rekenaartegnologie – vandag. Die eksamen eindig op die eerste Desember. Die laaste vraestelle is Godsdiensstudies en Ontwerpteorie. ‘n Woordvoerder van die Gautengse departement van Onderwys, Charles Phahlane sê sy departement is gereed vir die eksamen. Hy sê 88-duisend voltydse leerlinge sal

Lees verder: Matriekeksamen skop af

Sensusbeampte steel glo blinde se skootrekenaar

‘n Sensusbeampte het na bewering ‘n blinde Kovsiestudent se skootrekenaar gesteel, berig Beeld. Die student deel ‘n huis in Universitas, Bloemfontein met 10 ander. Die sensusman het verlede Woensdag tot Sondag die huis nie minder nie as vier keer besoek. Hy is aanvanklik binne die huis betrap. Nadat hy meermale besoek aan die huis gebring het, het

Lees verder: Sensusbeampte steel glo blinde se skootrekenaar

Polisieman wat omkoopgeld vat, vas

‘n Polisieman is in Wolmaransstad in hegtenis geneem nadat hy omkoopgeld aanvaar het om ‘n dossier oor veediefstal te laat verdwyn, het ‘n woordvoerder Sondag gesê. Lt.kol. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ‘n lokval gestel en die speurkonstabel gevang toe hy Saterdagmiddag R2 000 kontant van twee mans by ‘n vulstasie aanvaar

Lees verder: Polisieman wat omkoopgeld vat, vas

Verraai u volk – stem gerus DA!

Afrikaners beskik oor ‘n heroïese geskiedenis – of níé. Want vir elke volksheld tydens die Groot Trek of Vryheidsoorloë was daar dalk ‘n papbroek en volksverraaier wat wou weghardloop of lustig met die vyand saamgewerk het, dikwels vir eie gewin. In ANC-Suid-Afrika word Afrikanerverraaiers as’t ware op die hande gedra. Hulle is die nuwe helde

Lees verder: Verraai u volk – stem gerus DA!

ET se geslagsdele was ontbloot

Die eerste persoon wat die lyk van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, gesien het, sê sy lyfband was los en sy geslagsdele was ontbloot. Die eerste ding wat Robert van Heerden, paramedikus, gesien het toe hy in die slaapkamer kom, was ‘n plas bloed op die grond, het die rondgaande hof op Ventersdorp Vrydag gehoor.

Lees verder: ET se geslagsdele was ontbloot

Droewige kerstyd wag

‘n Ekonoom van KADD Capital, Elize Kruger sê Suid-Afrikaanse huishoudings staar ‘n droewige feestyd in die gesig, terwyl verbruikersbesteding onder verdere druk verkeer. Kruger sê die grootste sondebokke wat verbruikers se sak ruk, sluit in hoër elektrisiteits- en watertariewe, terwyl voedselpryse ook skerp gestyg het. Sy sê dit word vererger deur die toename in werkloosheid.

Lees verder: Droewige kerstyd wag

George in oproer

Minstens 58 mense is gedurende betogings teen swak dienslewering in die Thembalethu-township buite George in hegtenis geneem, het die polisie in die Suid-Kaap Donderdag gesê. “Ons het die mense Woensdag vir openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle het heelwat eiendom beskadig en vier polisiebeamptes is beseer,” het kapt. Bernadine Steyn gesê. “‘n Polisiesersant is Woensdag

Lees verder: George in oproer

Saak teen Ratte teruggetrek

Die belaglike klagtes teen oudkmdt. Willem Ratte en vyf van sy medebeskuldigdes is stilletjies teruggetrek. Geen redes daarvoor is op die klagstaat of in die hof aangevoer nie. Ratte, wat destyds met die Pro Patria- en die Suiderkruis-medaljes vereer is, is een van die mees gerespekteerde oud-soldate in Suid-Afrika. Die groep het tereggestaan op drie

Lees verder: Saak teen Ratte teruggetrek