Opvoedkundige instellings of oorlogsone?

Belastingbetalers, ouers en beursinstansies dok baie op om studente by instansies van hoër onderwys vir die toekoms voor te berei. Tog is universiteite dikwels ook die broeiplek van allerlei vorme van gesagsuitdaging. Baie lande, soos Spanje en Frankryk, het al met studente-onluste te kampe gehad. Suid-Afrika het ook reeds sy kwota gehad, en al te

Lees verder: Opvoedkundige instellings of oorlogsone?

Nigerië koop 3 stralers, bedel vir elektrisiteit

Nigerië se regering sal drie nuwe straalvliegtuie vir die president van dié land koop, het amptenare Woensdag gesê. Die aankondiging is gemaak terwyl dié olieryke land skenkings vra om elektrisiteit aan sy inwoners te kan verskaf. Die maatskappy Dassault Aviation van Frankryk sal twee Falcon 7x vliegtuie verskaf terwyl Gulfstream Aerospace Corporation van die VSA

Lees verder: Nigerië koop 3 stralers, bedel vir elektrisiteit

Malema se gewildheid taan

Die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, se gewildheid het oor die afgelope ses tot sewe maande aansienlik afgeneem, het ‘n meningsopname getoon. Die TNS-meningsopname het sowat 2000 volwassenes in sewe groot stede genader en bevind dat Malema se gewildheid met ‘n derde afgeneem het.  Die meeste was van mening dat dié omstrede jeugleier nie

Lees verder: Malema se gewildheid taan

Sport in politiek of handskoenkamerade?

Nadat oud-Polisiekommissaris Jackie Selebi 15 jaar gevangenisstraf opgelê is, is in sommige kringe sinies opgemerk sy grootste oordeelsfout was om gesien te word as iemand wat hom in die Mbeki-kamp bevind. Toe die land nie meer Mbeki se oordeel vertrou nie, het Selebi se doppie geklink. Nou word berig dat ANC-parlementslede woedend is omdat SASKOK

Lees verder: Sport in politiek of handskoenkamerade?

Rusland gebuk onder graankrisis, droogte en wegholbrande

Drie krisisse tref Rusland tans gelyktydig: die hoogste temperature ooit aangeteken in 130 jaar van rekordhouding, die mees wydverspreide droogte in meer as drie dekades, en massiewe wegholbrande wat oor sewe streke, insluitend Moskou uitgebreek het. Dié krisisse dreig om die koringoes in Rusland, wat een van die wêreld se grootste koringuitvoerders is, te vernietig.

Lees verder: Rusland gebuk onder graankrisis, droogte en wegholbrande

Vakbonde dink regering lieg

Volgens verskeie vakbonde is die regering nie eerlik as hulle sê dat hul nie die 8.6% loonverhoging kan bekostig nie. “Hulle het die Wêreldbeker-sokkertoernooi gehou. Hulle het geld en dan verwag hulle van ons om vir dadels te werk,” het Merlyn Mjoni, ‘n stakende onderwyseres van Garankuwa, tydens Dinsdag se stakings in Pretoria se middestad

Lees verder: Vakbonde dink regering lieg

Konsentrasiekamp brand

‘n Gedeelte van ‘n voormalige Nazi-konsentrasiekamp in Majdanek in Pole is deur ‘n brand verwoes. Volgens amptenare het meer as helfte van die terrein afgebrand en is die skoene van sowat 10 000 slagoffers van die Joodse volksmoord ook vernietig. Die direkteur van die Yad Vashem-museum in Israel, Avner Shalev, het sy spyt oor die

Lees verder: Konsentrasiekamp brand

ANC gaan gedrukte media transformeer

Die ANC het Dinsdag die gedrukte media in Suid-Afrika se toewyding aan transformasie bevraagteken.  Die regerende party wil die media dwing om hul aandeelhouding aan te pas deur wetlike regulering. “Drukmedia beskik nie oor ‘n handves vir transformasie nie, ten spyte van die verandering wat reeds in die land plaasgevind het,” het Jackson Mthembu, die

Lees verder: ANC gaan gedrukte media transformeer