‘n Groep swartmense het privaatgrond in Hilton buite Pietermaritzburg beset en beweer dit behoort aan Julius Malema, president van die ANC-jeugliga. Rusty Roodt, grondeienaar, het aan The Witness gesê hy sal Maandag die Pietermaritzburg-hooggeregshof nader om ‘n hofbevel te bekom wat die mense verhoed om sy grond te betree. Hy het gesê die polisie het
Malema vrees nie Valke nie
Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het die Valke uitgedaag om hom aan te kla, berig die Daily Sun. “Laat hulle kom! Ek is moeg daarvoor om aanhoudend gedreig te word,” het Malema aan die koerant gesê. “Almal sit die Valke op my. Ek het nog nooit enigiets verkeerd gedoen nie en dalk is dit
SA-huursoldate help om Gaddafi te vang
Suid-Afrikaanse huursoldate is waarskynlik sonder hulle medewete deur NAVO gebruik om Gaddafi in ‘n lokval te lei. ‘n Plaaslike veiligheidsmaatskappy, wat hoofsaaklik werk vir oud-polisiemanne in die buiteland vind, het glo ‘n verbintenis met die 19 huursoldate. Volgens die koördineerder was die mans die laaste paar weke deur Navo gekontrakteer om spesifieke take in Libië
Zille val haar eie partylede aan
Helen Zille, DA-leier, het ‘n openbare aanval op ‘n swart DA-parlementslid op die party se webtuiste vir sy “rassisme” geloods. Zille het mnr. Masizole Mnqasela, DA-LP, van “Verwoerdiaanse logika” beskuldig, nadat Mnqasela Lindiwe Mazibuko se wit aksent verlede week in ‘n radio-onderhoud uitgewys het. Hy het heeltemal eerlik tydens die onderhoud opgemerk as “iemand sy
Malema glo op geleende tyd
Bewyse van tenderbedrog is glo deur die Valke gekry in hul ondersoek na die sakebelange van Julius Malema. Luidens ‘n berig in die Sunday Independent is dit nie meer “of” nie, maar eerder “wanneer” Malema voor die hof gesleep word. Die leier van die ANC-jeugliga gebruik glo die Ratanang-trust om omkoopgeld te kanaliseer. Senior ANC-amptenare word glo
Nuwe botsings tussen Boer en Brit
Ná ‘n besoek aan die Transgariep is die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, na Natal waar hy Andries Pretorius in Februarie 1848 ontmoet het. Smith het sy bes gedoen om Pretorius te laat afsien van sy plan om uit Natal te trek, en gesê dat hy van plan was om die Transgariep te annekseer omdat
Leeus skryf ‘n sprokie
Gister, so in die vroegaand, het ’n uitbundige, waaghalsige 22-tal jong amateurs ons herinner wat dit aan rugby is wat van ons entoesiaste gemaak het. Vir 80 luisterryke minute is geesdriftiges teruggevoer na ’n ander era, ’n heerlike tydvak voordat professionalisme, propagandageskal, politieke tusseninnery en die uitbuiting van spelers die spel omvorm het van ’n
Letterkunde en die nasionale demokratiese revolusie
Die afgelope week of wat het daar ‘n soort onderonsie of relletjie hom tussen Afrikaanse skrywers afgespeel rondom die voortbestaan van die skrywersvereniging Pretoria-PEN. Tydens ‘n telefoongesprek tussen my en ‘n ander skrywer het hy die beswaar geopper dat ek “radikaal in die klassieke sin” sou wees. Iewers in die sewentigerjare het ‘n sielkundige van
Lees verder: Letterkunde en die nasionale demokratiese revolusie
China red Europa
China sal besmoontlik hulp verleen aan die Eurosone se reddingsfonds, maar die omvang van sy betrokkenheid sal afhang van Europese leiers wat aan ‘n paar belangrike voorwaardes voldoen, het twee senior raadgewers van die Chinese regering aan die Financial Times gesê. Enige Chinese ondersteuning sal afhang van die bydraes van ander lande en Beijing verlang
Pretoriase student wreed verkrag, gesteek
Beeld berig dat ‘n student aan die Universiteit van Pretoria in die jongste rasaanval verkrag en herhaaldelik met ‘n mes gesteek is. Sy het daarna haarself na die tuinhekkie gesleep om hulp te soek. Haar aanvaller het met haar selfoon en skootrekenaar gevlug. Sewe inwoners van die kompleks het glo gekla dat ‘n boosdoener dieselfde
