Die manier waarop breëbasis Swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB) ingestel word, moet hersien word, het ANK-president Jacob Zuma Dinsdag gesê.
Zuma het gesê rasvoorkeur in werksomgewings en BBSEB programme het die swart middelklas heelwat uitgebrei.
"Maar ons is nie oortuig dat dit suksesvol was daarin om die strukturele ekonomie en sosiale ongelykhede in ons samelewing reg te stel nie," het hy aan die Konfederasie van Swart Besigheidsorganisasies (KSBO) in Sandton gesê.
Die ANK het lank reeds gesê dat BBSEB 'n wyer deel van die samelewing moet bevoordeel.
"Ons het gesê dat in sy huidige implementering BBSEB net 'n klein aantal mense tot voordeel gestrek het, en dat die basis nie breed genoeg was nie," het Zuma gesê.
"Wanneer ons praat van 'n hersiening van BBSEB, behoort so hersiening te kyk na hoe effektief ons is in die toepassing van so beleid, hoe ons dit kan versterk sodat dit beter diens kan lewer vir ons meerderheid en op die manier 'n breëbasis kan word."
Zuma het gesê dat om die beleid in effek te stel, wat bedoel is om die wanbalanse van die verlede van apartheid te herstel, was altyd 'n "uitdaging" met "baie struikelblokke.
Hy het egter die ANK se toewyding aan rasvoorkeur as beleid bevestig, en gesê dit is ondenkbaar vir die ANK om dit te laat vaar.
"Ons wil beklemtoon dat die ANK verbind is tot die volgehoue implementering van rassevoorkeur en ook die BBSEB programme," het hy gesê.
Die harmonisering van regeringsbeleid om seker te maak dat dit in lyn val met die BBSEB wet en beleid van goeie optrede was 'n prioriteit, het hy gesê, n bygevoeg dat die ANK regering nie tenders behoort toe te staan aan maatskappye wat nie "kwalifiseer en voldoen aan BBSEB beleid van goeie optrede nie."
"Dit is nie aanvaarbaar dat regeringsamptenare wat bevoeg is om met sulke sake te werk hulle self net bekommer oor prys in die plek van gelykheid nie," het hy gesê.
Dit was nodig om kommunikasie tussen swart besigheid en die regering op te skerp om "sake reg te stel" waar regeringsdepartemente fouteer.
Zuma was bewus daarvan dat die regering nie daarin geslaag het om klein en medium besighede betyds te betaal nie, wat veroorsaak het dat die besighede vou.
"Dit is onaanvaarbaar dat ons regering gesien word as dat dit bydra tot die ondergang van swart besighede deur nie betyds te betaal vir dienste wat gelewer word nie. Dit moet stop." Het hy gesê.
Zuma het 'n beroep gedoen op swart professionele mense om terug te keer na die staatsdiens om te help om die lewens van mense te verbeter, en het aan hulle gesê "hulle kan later in die privaatsektor gaan geld maak."
"Nasionale diens sluit ook in om deel te wees van die openbare dialoog oor transformasie aangeleenthede," het hy gesê.
Die KSBO bestaan uit meer as 8 swart besigheidsforums en professionele organisasies.
