ANC sekretaris generaal, Gwede Mantashe gaan in Zuma se plek die debat bywoon. Dit is ironies, aangesien dit Zuma was wat Sondag sy politieke opponente uitgedaag het tot ‘n debat. In die uitdaging het Zuma gesê dat die nuwe Shikotaparty en die DA geen beleid het om aan die mense te bied nie.
“Ek het vandag gehoor dat Zuma vir die vierde keer die geleentheid vir ‘n debat prysgegee het, dit is baie jammer, aangesien Zuma die opponente uitgedaag het vir die debat in sy toespraak in Soweto” het Zille gesê.
ZIlle het aan die organiseerder, The Star, gesê dat sy slegs sal deelneem indien Zuma self daar sal wees, “maar Zuma het die uitnodiging van die hand gewys en Gwede Mantashe sal nou die regerende party verteenwoordig”
“Hy toon ‘n baie duidelike minagting vir politieke opposisie en demokrasie” het sy gesê. “Ek herhaal my uitdaging aan Jacob Zuma om uit sy hoek te kom en die beleid van die regerende party te verdedig.”
