Zimbabwe het aansienlike vooruitgang gemaak om sy politieke krisis van vegtende leiers op te los, want hulle het geleer om hulle verskille te begrawe, het pres. Jacob Zuma Maandag gesê.
Hy het in Kinshasa by die SAOG-spitsberaad gepraat. Hy het gesê suidelike Afrika sal toesien dat Zimbabwe gehelp word in die oprigting van 'n eenheidsregering.
"Aansienlike vooruitgang is gemaak met die instelling van inklusiewe regering," het president Zuma, wat sy voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap na 12 maande neerlê, gesê in verwysing na Zimabawe..
"Ons is almal bemoedig deur hoe die drie partye hulle verskille bygelê het."
Zimbabwe is verlede jaar in Maart in 'n krisis gedompel toe veteraanleier Robert Mugabe deur sy opponent Morgan Tsvangirai in dier presidentsverkiesing geklop is.
Tsvangirai het later onttrek uit die opvolgverkiesing nadat talle van sy ondersteuners doodgemaak is, maar hy het in Februarie hierdie jaar ingestem om as eerste minister te dien tesame met 'n ander opposisiefaksie.
"Hierdie mylpale het aan die mense van Zimbabwe, die streek en die wêreld, getoon dat die politieke leierskap van Zimbabwe gereed is om die land se politieke en sosiomaatskaplike probleme kollektief aan te pak," het Zuma gesê.
President Joseph Kabila van die DRK, wat Zuma sal opvolg as voorsitter van die Ontwikkelingsgemeenskap, het aan mede-leiers gesê dat hy die "volgehoue pogings sal aanmoedig" om verskille tussen Mugabe se ZANU-PF party enTsvangirai se MDC op te los.
