Die jongste ronde samesprekings het Maandag in die hoofstad, Harare, begin. Gister het 'n Zanu PF-amptenaar die MDC-opposisie daarvan beskuldig dat hulle 'n stok in die wiel probeer steek.
Tsvangirai het Sondag gesê dat hy eerder die onderhandelings sal laat vaar indien 'n slegte ooreenkoms daaruit kom en het Mugabe uitgedaag om 'n nuwe verkiesing te hou.
Thabo Mbeki, wat bemiddel in die poging om 'n kompromie tussen die twee strydende partye te vind, het voorgestel dat die uitvoerende magte deur die twee partye en hul leiers gedeel word.
Die leier van die wegbreekfaksie van die MDC, Arthur Mutambara, het verklaar dat hy nie enige ooreenkoms met Mugabe sou onderteken wat nie ook 'n skikking met Tsvangirai se faksie insluit nie.
