Ses vas na moord op wildsboer

Ses verdagtes na verwagting Maandag in die landdroshof in Warmbad (Bela-Bela) verskyn na Saterdag se moord op ‘n plaaslike boer, Piet Venter.

Venter, 51, ‘n wildsboer van die Rooiberg-omgewing, is in sy huis oorval terwyl hy geslaap het. Hy is vermoedelik verwurg deur sy werkers.

Een van die verdagtes is dieselfde dag nog mbv spoorsnyers vasgetrek. Die ander vyf is Sondag in hegtenis geneem.

Drie van hulle is in Pretoria opgespoor terwyl die ander in die Warmbad-omgewing in hegtenis geneem is. ‘n Hulle staan tereg op ‘n aanklag van moord.

Die verdagtes is betrap met die kluis wat uit die plaashuis gesteel is.

Venter se wildplaas is naby die plaas waar Petro Res op 18 September doodgeskiet is.

Haar bebloede lyk is saam met dié van haar swaar gewonde bejaarde man en vriendin in die huis op die Motlopi Lodge-wildplaas toegesluit.