VSA-wetgewers beloof optrede teen Iran

Amerikaanse wetgewers het gister onderneem om gou en beslissend teen Iran op te tree. Dit volg op ‘n verslag dat wapendeskundiges van mening is dat Teheran die kundigheid ontwikkel het om ‘n atoombom te bou – en dit terwyl ‘n senior Amerikaanse amptenaar die nuusberig afgemaak het.

‘n Koor van stemme in die kongres, beide Republikeins en Demokraties, het aangedring op harde optrede teen Teheran in die naloop van ‘n New York Times-berig dat die Internasionale Atoomenergieagentskap (IAEA) vasgestel het dat Iran nou “voldoende inligting” het om ‘n kernwapen te bou.

Amerikaanse wetgewers sê dié openbaring regverdig ‘n onmiddellike en streng optrede.

“Die Iraniërs sal ‘n kernwapen hê indien iets hulle nie van gedagte laat verander nie. Ons het streng sanksies nodig. Ons het nodig om dit nou te doen,” het Demokratiese senator, Evan Bayh, “Fox News Sunday” vertel.

Die Republikeinse senator, Lindsey Graham, ‘n voorste stem in die kongres oor verdedigings- en sekuriteitsaangeleenthede, sê hy sal daarvan hou dat die Kongres ‘n week opsy sit om te wy aan ‘n groot aantal nuwe sanksiewetgewings teen die Islamitiese republiek.

“Kom ons hou ‘n Iran-week in die Senaat en kry iets gedoen,” het hy gesê, en voorgestel dat ‘n reeks optredes bespreek word “wat ons president sal bemagtig en ons land gehard sal maak en om daadwerklike optrede agter die woorde te plaas.”

Maar ‘n hooggeplaaste Withuis-adviseur het gister die verslag afgepraat en op Amerikaanse televisie gesê dat Washington “sal staan by verslae wat ons uitgereik het,” aangaande Iran se kernvermoë.

“Of hulle weet hoe om dit te doen of nie is ‘n aangeleentheid van aansienlike raaiwerk,” het hy gesê.

Wetgewers sê hulle ondersteun steeds die VSA se inisiatiewe om Teheran in gesprek te betrek, maar is besig om vertroue te verloor dat blote diplomasie Iran sal dwing om sy beweerde kernwapenprogram te laat vaar.

“Om die dialoog te hê, is goed, maar jy moet hulle by hulle woord hou. Wat op die einde saak maak is nie wat hulle sê nie, maar wat hulle doen,” sê Bayh.

“Ek is bevrees hulle speel vir die horlosie teen ons,” het hy gesê en op ‘n “ware dringendheid” in die kerndooiepunt gewys.

Die Times-verslag volg op openbaringe dat Iran ‘n tweede uraanverrykingsaanleg naby die heilige stad van Qom gebou het, wat verdere agterdog oor die mikpunt van die land se kernprogram laat ontstaan het.

Die verslag beskryf ‘n komplekse program wat volgens aanduidinge in 2002 geloods is en deur die Iranse Verdedigingsministerie bestuur word en wat daarop gemik is om ‘n “kernvrag om deur die Shahab 3 missielstelsel afgelewer word,” te ontwikkel.

“Hulle het ‘n patroon van misleiding, ‘n patroon om verdrae waartoe hulle ingestem het, te verbreek,” sê Bayh. “Hulle respekteer mag en mag alleen.”

производство деревянных лестницДанильченко Юрий Харьков