Die hoof van die Vrystaatse departement van Openbare Werke sterk aan by die huis nadat hy en sy vrou met vuurwapens aangehou en vasgebind is tydens ‘n gewapende roof en kaping.
Maditse Seoke en sy vrou is Dinsdagaand by hulle huis in Pellissier aangehou en geroof. Die twee is met toue binne hulle motor vasgemaak.
Die LUR vir polisie, paaie en vervoer, Butana Komphela, sê die polisie is glo op die spoor van vier verdagtes wat na verwagting binnekort in hegtenis geneem sal word.
Komphela sê die voertuie van die egpaar is ook teruggevind.
Mondli Mvambi, provinsiale regeringswoordvoerder, sê Seoke bly tans tuis.
