Swart amptenaar bly tuis na aanval

Die hoof van die Vrystaatse departement van Openbare Werke sterk aan by die huis nadat hy en sy vrou met vuurwapens aangehou en vasgebind is tydens ‘n gewapende roof en kaping.

Maditse Seoke en sy vrou is Dinsdagaand by hulle huis in Pellissier aangehou en geroof. Die twee is met toue binne hulle motor vasgemaak.

Die LUR vir polisie, paaie en vervoer, Butana Komphela, sê die polisie is glo op die spoor van vier verdagtes wat na verwagting binnekort in hegtenis geneem sal word.

Komphela sê die voertuie van die egpaar is ook teruggevind.

Mondli Mvambi, provinsiale regeringswoordvoerder, sê Seoke bly tans tuis.

8 thoughts on “Swart amptenaar bly tuis na aanval”

  1. Dit is mos net gewone misdaad – die vraag is net of hulle ook met strykysters gebrand is soos wat met die blankes gebeur – hulle is ook nie vermoor nie – dit is mos hoe ek sou onderskei tussen misdaad en moord – die wat beroof is, is nie gemartel nie en het ook nie die lewe verlaat nie.

    1. As dit nou vir hulle SO traumaties was, wat ek glo dit moontlik is, hoeveel te meer moet die Blankes, soos jy duidelik meld, (beroof, martel en vermoor) getraumatiseerd wees – maar hulle moet aangaan en probeer om so normaal moontlik te leef, die Blankes wat die dood vrygespring het.

      Jy het eintlik reeds alles gese wat gese moet word.

        1. Hallo RR – ek het vroeer die week dieselde foto gesien soos deur iemand gepos – dis nou met verwysing na die spelling.

          Moet erken, ek hou nogal van ANONYMOUS se kommentaar, BEHALWE natuurlik waar hy die Here se naam ydelik gebruik het (dankie vir die skakel). Ek hou daarvan om die artikels te lees, sowel as die insette daarop gelewer.

Maak 'n opvolg-bydrae