Vrystaat polisieman eis omkoopgeld

'n Polisieinspekteur sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn het nadat hy omkoopgeld geëis het van twee vroue wat wou aansoek doen vir 'n dranklisensie.

Die 43-jarige man by die Kogisanongpolisiestasie in Mangaung het na bewering die twee ouerige dames wat 'n drankwinkel wil oopmaak vir geld gevra, het senior superintendent Motantsi Makhele in 'n verklaring gesê.

Die twee het by die provinsiale kommissaris gaan kla en 'n lokval is gestel vir die inspekteur.

Hy is Woensdag gearresteer na hy na die huis van een van die twee gegaan het waar hy na bewering R1500 ontvang het. Hy gaan aangekla word van korrupsie.

воронеж латкиФільчаков Олександр Васильович прокурор