Die 46664 en die Nelson Mandela-stigting het Maandag ‘n beroep gedoen op mense ter ondersteuning van ‘n dag waarop voormalige president Nelson Mandela regoor die wêreld geëer word.
Die organisasies het gesê Mandela se verjaarsdag op die 18 Julie is die datum wat sover uitgesit is vir die dag.
“Ons sal geëer wees as so dag kan dien om mense regoor die wêrelde saam te snoer om armoede te beveg en vrede en rekonsiliasie te kan bring,” het ‘n verklaring gelui wat uitgereik is namens Mandela.
Op Mandela dag sal mense regoor die wêreld gevra word om 67 minute van hulle tyd te spandeer om iets te doen wat ‘n verskil maak aan die wêreld om hulle.
Internasionale direkteur van 46664, Tim Massey het gesê: “Mandeladag is oor die daarstelling van ‘n positiewe beweging en die daarstelling van een dag om te reflekteer oor die waardes wat Nelson Mandela lei en dit te vier.”
Hy het gesê dat ‘n wêreldwye reeks aktiwiteite gehou sal word om die man te eer.
As voorbeeld, sal verskeie geleenthede vanjaar plaasvind in New York, wat mense insluit in die musiek-, vermaak- en filmindustrieë.
‘n Groep middel- en hoërskoolstudente van die stad sal ook na Suid-Afrika toe kom in Junie om Mandela se kantore en die werk van sy stigting te sien.
‘n Studentehandves sal ontwikkel word sodat studente hulle dag-tot-dag handelinge asook dié van gemeenskappe sal kan rig volgens die waardes wat Mandela voorstaan.
Voormalige president Bill Clinton het gesê: “Meer as enige ander mens, was Madiba die groot inspirasie vir die lewe wat ek lei en die werk wat ek doen, veral op die gebied van MIV/Vigs.”
“Die mag van openbare goedheid het nie ‘n openbare kantoor nodig nie, net ‘n gewillige hart en gedetermineerde wilskrag.”
Clinton het gesê in ruil vir alles wat Mandela die wêreld geleer het, skuld mense hom hulle toewyding om sy werk en nalatenskap te ondersteun.
