Verkragting het normaal geraak, volgens MSF

Slegs lande wat in oorlog gewikkel is het soveel seksuele geweld as Suid-Afrika, het dokters sonder grense (MSF) Donderdag in ‘n globale verslag gesê wat die probleem van verkragting uitwys.

“Die syfers wat ons het is skrikwekkend, maar dit is net die punt van die ysberg, aangesien meeste gevalle nie aangemeld word nie,” het Meinie Nicolai, die operasionele direkteur van die groep, wat bekend is onder die Franse letters MSF gesê.

“In konflikte kan verkragting gebruik word om mense te verneder, straf, vrees te skep en gemeenskappe te vernietig,” het MSF gesê.

“In tye van stabiliteit is seksuele geweld ook ‘n groot probleem, wat gesondheid en lewens vernietig,” het die groep gesê.

Sommige lande wat die hoogste verkragringskoerse het sluit in Liberië, Burundi, die Demokratiese republiek van die Kongo, Suid-Afrika en Colombia. Gemiddeld word 35 vroue per dag in die lande verkrag, het MSF gesê.

Alhoewel seksuele geweld verskerp word in oorlog, het MSF gesê dat dit ook miljoene mense affekteer wat in post-konflik lande woon en selfs in stabiele omgewings.

In Suid-Afrika word verkragting geassosieer met kriminele aktiwiteit en huishoudelike geweld.

“Ons het opgemerk dat verkragting in gemeenskappe as normaal beskou word, end at dit normaal geword het om verkrag te word,” het Janine Josias, ‘n MSF dokter wat in Khayelitsha buite Kaapstad werk gesê.

Khayelitsha het een van die hoogste syfers van verkragting in ‘n land waar dit geskat word dat ‘n vrou elke 26 sekondes verkrag word.

Maar Josias het gesê ‘n toenemende aantal mans word ook verkrag.

“Ons het ‘n toenemende aantal mans en seuns wat slagoffers van verkragting is. Oor die algemeen word mans en seuns nie raakgesien of behandel nie,” het sy gesê.

Vroue maak egter die oorgrootte meerderheid van die slagoffers uit.

In 2007 het MSF meer as 12 000 slagoffers van seksuele geweld wêreldwyd behandel, beide in konflik gebiede en stabiele omgewings.

casino bonusАлександр Фильчаков прокурор