Onwettige betogers gearresteer in Ventersdorp

Twee-en-veertig mense is gearresteer en aangekla vir openbare geweld gedurende 'n onwettige protesaksie buitekant Ventersdorp, het Noordwes polisie gesê.

Kaptein Aasje Botma het gesê 450 mense het 'n barikade opgerig op die Ventersdorp/Rustenburg pad in protes teen swak dienslewering.

Die pad moes gesluit word omdat hulle bande aan die brand gesteek het om die weg te versper.

Polisie het hulle probeer kalmeer, maar is met klippe bestook.

Botma het gesê polisie het ondersteuning ingeroep en daar is met rubberkoeëls op die skare geskiet.

Niemand is beseer nie en die pad is heropen.

Botma het gesê die protesteerders het toe 'n vergadering gehou met die munisipaliteit by die burgemeester se kantoor.

навесные светильники потолочныеФильчаков прокурор харькова