Die Amerikaanse ambassadeur Dan Mozena het gesê dit kan moontlik 'n model vir die vasteland word.
Die Amerikaanse waarnemers sal aansluit by ongeveer 100 EU-verkiesingswaarnemers wat reeds in die land verkeer.
Die Angolese president Jose Edouardo dos Santos het gesê die land se eerste verkiesing in 16 jaar het 'n nuwe tydvak vir demokrasie ingelui.
Die MPLA is aan die mag sedert onafhanklikheid 33 jaar gelede.
Hulle sal in die verkiesing te staan kom teen 13 koalisies en politieke partye, waaronder die hoofopposisieparty Unita.
Presidensiële verkiesings sal in 2009 gehou word.
