Die VN-bemiddelaar in die konflik in die oostelike DRK, Olusegun Obasanjo, het Donderdag in Kinshasa aangekom vir onderhandelinge met Kongolese beamptes voordat hy na die Rwandese hoofstad, Kigali, vertrek, 'n VN woordvoerder gesê.
"Obasanjo is sedert vanoggend in Kinshasa vir samesprekings. Hy is net vir 'n paar ure hier en sal vandag vertrek na Kigali," het Madnodje Mounoubai, woordvoerder vir die VN-sending in die Kongo (MONUC) gesê.
Die stafhoof van die Rwandese weermag, generaal James Kabarebe, het ook vroeg Donderdag in Kinshasa aangekom, het 'n anonieme Kongolese regeringsbron aan AFP gesê.
Die besoek volg op 'n vergadering verlede maand in Rwanda tussen die twee lande se ministers van verdediging.
Kabarebe en sy Kongolese kollega het ook deelgeneem aan daardie vergadering, wat 'n amptenaar gesê het gemik was daarop om verhoudings tussen die Grootmere-bure te normaliseer.
Die twee regerings het 'n gesamentlike militêre ooreenkoms op 5 Desember geteken, waarvolgens die Rwandese Hoetoe-rebellebeweging, Democratic Forces for the Liberation of Rwanda (FDLR), wat vir meer as 'n dekade in die oostelike DRK gebaseer was, ontwapen sal word.
Kinshasa het lank reeds Rwanda daarvan beskuldig dat hulle 'n teen-regeringsaksie in die oostelike Kongo, wat deur generaal Laurent Nkunda, 'n voormalige Toetsiegeneraal gelei word, ondersteun. Die klag word deur Kigali ontken.
Rwanda het jare lank geëis dat die weermag van die DRK die FDLR ontwapen. Die FDLR bevat oorblywende milisie wat deelgeneem het aan die 1994-Rwandese slagting, waarin sowat 800 000 Toetsies en gematigde Hoetoes vermoor is.
Kinshasa is tans betrokke in direkte onderhandelings met 'n afvaardiging van Nkunda se organisasie in Nairobi, wat deur Obasanjo, die voormalige Nigeriese president, bemiddel word. Obasanjo is aangewys deur die VN-sekretarisgeneraal se spesiale gesant vir die krisis.
