Skooleed Marxisties leeg

Dis van die oorlede Marxsistiese ideologie gesê en is net so van toepassing op ons huidige regering,  dat dit soos ‘n magtige leër is wat nêrens besonder op pad is nie maar net gedurig besig is met sy eie krankes en ellendiges en die oorsake projekteer op ander. Geen toekomsvisie en geen ambisie. Tipiese marxistiese tirannie van die gepeupel (proletariaat).
Nou word die kinders met hierdie eed disfunksioneel opgevoed, terwyl die staat se primêre taak in die skole nie opvoedkundig van aard is nie maar eerder opleiding in basiese vaardighede.

Opvoedkunde behels mos ook Christelike waardes van 80 % vd bevolking en ander supersentimente?

Daarom sal hierdie eed van ontoereikendheid en leegheid ‘n presedent skep vir die Afrikanerkinders om eerder De la Rey as skoollied te gebruik.

Dit spreek minstens van ambisie en vooruitgang gegrond op die beste leierskapswaardes van die verlede.


насос консольный ценаФильчаков